Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 17°C - 30°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Sokker met toernooi bevorder
Nov 19 2008 08:31:24:253AM  - (SA)  
Gerdie Karstens



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Eerskomende Saterdag en Sondag word die Ofm Smithfield Mufulatsepe-sokkertoernooi op Smithfield aangebied ter ontwikkeling van die sportsoort op die platteland.

“Die doel van die toernooi is om mense bymekaar te bring en ook om te sien watter sokkertalent daar op die platteland verskuil is,” sê mnr. Charley Pietersen, organiseerder van die toernooi.

Sokkerspanne van Smithfield, Rouxville, Zastron en Bethulie gaan mekaar op die sokkerveld die stryd aansê.

Voorts gaan ’n o.16-sokkerspan van Smithfield ook teen ’n gekombineerde Vrystaatse o.16-span slaags wees. Die Vrystaat-span sal bestaan uit o.16-spelers van Rouxville, Zastron en Bethulie. Saterdag vind die uitdunrondes plaas waarna die eindstryd Sondag beslis sal word.

Die toernooi begin elke dag om 09:00.

Die voorwedstryd vir die eindstryd Sondag sal deur ’n veterane-wedstryd voorafgegaan word waarby alle veteraan-sokkerspelers betrokke gaan wees.

Toeskouers is welkom om hul gunsteling-span te kom ondersteun en toegang is gratis.

Enigeen wat meer inligting oor die toernooi wil bekom, kan met Pietersen by 083-388-7977 in verbinding tree.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer