Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

MBIV waarsku teen groot lening aan Moqhaka
Nov 18 2008 03:53:45:457PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Moqhaka-inwoners-en-belastingbelastingbetalersvereniging (MBIV) van Kroonstad het ’n brief aan Absa geskryf waarin dringend gewaarsku word teen die toestaan van ’n lening van R60 miljoen aan die Moqhaka-munisipaliteit.

Die munisipaliteit gaan om die lening aansoek doen en die geld gaan hoofsaaklik aangewend word om paaie te verbeter en nuwe voertuie en toerusting te koop ondanks teenkanting van die DA en die VF+.

Mnr. Gerrit van Schalkwyk, voorsitter MBIV, skryf aan die bestuurder van Absa die vereniging distansieer hom van enige aansoek om ’n lening deur die munisipaliteit van watter aard ook al en spreek hom ten sterkste uit teen die toestaan van sodanige lening.

Hy skryf dit is omdat “die munisipaliteit nie oor genoegsame kredietwaardigheid op grond van beskikbare sekuriteit beskik nie en die terugbetaling van sodanige lening na ons mening aan ’n baie hoë risiko van nie-betaling blootgestel is”.

Die vereniging sê verder ’n dispuut met die munisipaliteit is in Junie verklaar weens wanbesteding van geld.

Bogenoemde wanbesteding sluit onder meer die doelbewuste ignorering van die wetsvoorskrifte van toepassing op die munisipaliteit en bewese wanbesteding deur die aangaan van geldverkwistende kontrakte en projekte soos die Extravaganza van 2007 (R10 miljoen), huur van kantoortoerusting ter waarde van R1,2 miljoen teen ’n terugbetaling van R206 898,16 per maand vir ’n termyn van 60 maande, die aanstel van ’n invorderingsmaatskappy teen ’n begrote R1 945 000, ’n verhoging in personeelopleiding van 8 345% en vele meer in. Opposisieraadslede het teen die aanpassing van die goedgekeurde begroting gestem, omdat dié skuld die munisipaliteit net nog verder in ’n geldelike krisis gaan dompel.

Terugbetaling van dié lening gaan die belastingbetalers nagenoeg R850 000 per maand oor 20 jaar kos.

Die raad het ook ’n oortrokke rekening van R15 miljoen wat nie gedelg kan word nie.

Die vereniging vra dat sy brief aan Absa se hoofkantoor gegee moet word.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer