Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 18°C - 31°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Bevelvoerder verongeluk
Nov 18 2008 03:53:33:690PM  - (SA)  
Tharine Geldenhuys



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die waarnemende bevelvoerder van die Genieskool, lt.kol Vic Gumbi (42), het Sondagaand in ’n motorongeluk op die pad tussen Kroonstad en Sasolburg verongeluk.

Die kommunikasie-offisier van die Genieskool, lt. Mimie Madiba, sê Gumbi was onderweg na ’n werksessie wat vir gister op Bronkhorstspruit geskeduleer was.

“Sowat 20 km voor Sasolburg was hy in ’n motorongeluk betrokke.

“Die ambulansdiens was vinnig op die toneel en hy is na die Vaalpark Netcare- hospitaal per helikopter gebring.

“Om 10:45 het hy in die hospitaal aan sy wonde beswyk,” sê Madiba.

Kol. Chris van Wyk, bevelvoerder van die Genieskool, is onlangs verplaas na Pretoria en sou op 16 Januarie die bevel aan Gumbi tydens ’n oorhandigingsparade oorhandig het.

Gumbi het sedert Junie vanjaar as waarnemende bevelvoerder van die skool opgetree.

Die begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie bekend nie.

Gumbi word oorleef deur sy vrou, Nodithandazo, en vier kinders, Sibolele (16), Thanduxolo (14), Andile en Abongile (7).

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer