Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 17°C - 29°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Poubloues wil sterkste span wees
Nov 19 2008 03:47:27:780PM  - (SA)  
Henry Hopley



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Kobus van den Berg is Vrydagaand hier onbestrede as nuwe voorsitter van Klub Griekwas, die Grie- kwaland-Wesse rugby-ondersteunersklub, verkies.

Hy vervang Barry Gerber. Frikkie du Plessis is ná ’n stemming as adjunkvoorsitter in die plek van Van den Berg gekies.

Werner Hauptfleisch is onbestrede as tesourier in die plek van Marnus van der Merwe gekies. Gerber en Van der Merwe het ná hul tweejaartermyn uitgetree. Die klub se grondwet bepaal beamptes moet ná hul termyn uit die bestuur tree. Eben Truter is as bykomende lid in die plek van Bernard Gerber verkies. Die jong Gerber het homself nie weer beskikbaar gestel nie. Die ander bykomende lede is Johnny Higgs, Frank Lightfoot, Dolf Greyling en Thinus Deyzel, wat almal herkies is. Sarel Pretorius, die Poubloues se skrumskakel, is as Klub Griekwas se speler van die jaar aangewys. Die uitredende voorsitter, Barry Gerber, sê Pretorius het deurlopend goed vertoon.

Die klub het ook vanjaar gehelp om ’n o.13-speler te borg wat vir die Griekwaland-Wesse Cravenweek-laerskolespan gekies is. Hulle het ook die Griekwaland-Wesse o.21-span vir sy eindstryd teen die Pumas op Potchefstroom geborg, sê Gerber. Laurie Lahoud, uitvoerende hoof van Griekwa Rugby, sê die Poubloues beplan om volgende seisoen die sterkste en fiksste span in alle kompetisies te wees. Hy het aangekondig Griekwas gaan in drie vriendskaplike opwarmingswedstryde in Februarie speel. Hul eerste wedstryd is op 7 Februarie teen die Griffons op Douglas. Hulle sal teen Oostelike Provinsie op 10 Februarie in Port Elizabeth speel en pak die SWD-Arende op 14 Februarie op George. Op 28 Februarie skop die Vodacombekerreeks af en die bepalings sal eersdaags uitgereik word.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer