Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 18°C - 31°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Agri SA bereid om met SAKP te praat
Oct 28 2004 06:44:19:170AM  - (SA)  
MARIETIE LOUW



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PRETORIA. - Agri SA is bereid om gesprekke met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en grondloses te voer oor hul griewe as deel van die Rooi Oktober-veldtog.

Só het mnr. Lourie Bosman, president van Agri SA, gister gesê. Volgens hom is daar 'n gebrek aan kommunikasie tussen die SAKP, grondloses soos die Beweging vir Grond lose Mense (BGM) en georganiseerde landbou.

"Dit sal uit die weg geruim moet word," het hy gesê.

Die SAKP beplan 'n landwye optog op Saterdag 6 November om sy griewe te lug oor die lae persentasie grond wat sedert 1994 aan swart mense oorgedra is. Dié organisasie beplan onder meer om op dié dag in hul duisende na Agri SA se hoof kantoor in Pretoria op te ruk, asook na die departement van landbou en grondsake.

Bosman het gesê Agri SA se kantore is nie oop op Saterdae nie, maar daar sal iemand wees om 'n memorandum te ontvang . "Ons kan daarna met hulle praat oor die probleme wat hulle het."

Bosman het gesê die tekort aan geld om die restitusieproses te vol tooi, is steeds 'n krisis. Volgens hom is daar sowat R30 miljard nodig om al drie grondhervormingsprogramme te finansier. Dit sluit die afhandeling van restitusie-eise, huurarbeider-eise en die grondherverdelingsprogram se geld in.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou en grondsake, het verlede week gesê R13 miljard word benodig slegs om die restitusie-eise te voltooi.

In teenstelling hiermee het mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, eergister in die die mediumtermyn-begrotingsraamwerk gesê 'n bykomende R200 miljoen sal vanjaar in die aangepaste begroting vir die afhandeling van restitusie-eise toegesê word. Dié eise moet teen Desember 2005 voltooi wees.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer