Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
> |
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||
|
Boere ontstoke oor dreigemente
KAAPSTAD. – Die landboubedryf is ontstoke oor “kwaadwillige, politieke dreigemente” deur die regering dat die plase van boere wat werkers onwettig van hul plase afsit, onteien gaan word. Landbou-organisasies het gesê nes me. Lulu Xingwana, minister van landbou, se gewraakte uitsprake verlede jaar skep dié dreigemente ’n kloof tussen die regering en boere. Xingwana het gister onder groot toejuiging aan die Food and Allied Workers’ Union (Fawu) in Randburg gesê die regering kan die grond van wetsongehoorsames onteien. In ’n soortgelyke uitspraak as einde verlede jaar, het sy aan Fawu-werkers gesê te veel plaaswerkers is uitgelewer aan mishandeling deur gevoellose boere. Volgens haar is altesaam 8 miljoen sedert 1985 van plase gesit. Slegs 1% hiervan was wettig. Mnr. Dirk du Toit, adjunkminister, se waarskuwing oor die onteiening het gekom in ’n woordewisseling tussen hom en mnr. Maans Nel, DA-LP, in die Nasionale Vergadering (NV). Nel het hom verkwalik oor sy “veralgemening” dat alle boere werkers goedsmoeds van hul plase afsit. Du Toit het toegegee dat daar baie “goeie boere” is. Toe sê hy: “Diegene wat nie wil hoor nie, gaan ons nie net hof toe neem nie. Ons gaan ook hul grond van hulle afvat.” Du Toit het gesê plaaswerkers se beskerming geskied ingevolge die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid op Verblyfreg en die Wet op Grondhervormers (Huurarbeiders). Hy meen ’n derde stuk wetgewing – die Wet op Beskikbaarstelling van Sekere Grond vir Vestiging, nommer 126 van 1993 – moet ook ingespan word om uitsetting van werkers te stuit. “Dit kan die groot antwoord wees in probleemgevalle as die wet aangewend word ingevolge waarvan die minister bepaalde grond kan toewys vir onteiening.” Nel het gister in ’n ledestelling in die NV gesê Du Toit se sinspelery dat alle wit boere hul plaaswerkers aanrand, is rassisties. “Alle sake-ondernemings kan wettige afdankings doen, maar net boere word daaroor gedreig.” Mnr. Lourie Bosman, president van Agri SA, het gesê dié organisasie is oorval met navrae van grondeienaars en die media hieroor. Volgens Bosman het Agri SA en die minister ’n verstandhouding dat inligting oor onwettige afsettings uitgeruil en die regsproses gevolg word, indien nodig. “Derhalwe is die opportunistiese aanwending van ander wette vir dié doel onbillik.” Nie een geval van onwillige afsetting is sedert begin vanjaar onder Agri SA se aandag gebring nie. Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, het pres. Thabo Mbeki versoek om die uitsprake sonder gestaafde feite te verwerp, sodat dit nie lyk asof hy (Mbeki) dit steun nie. Mnr. Louw Steytler, president van Vrystaat Landbou, het Du Toit se uitsprake as “misplaaste, onverantwoordelike politieke retoriek” bestempel. “Dié dreigement van onteiening getuig van swak smaak en druis in teen die letter en die gees van die Grondwet. Geen juridiese of moreel-etiese grondslag bestaan daarvoor nie.” Mnr. André Botha, president van Agri Gauteng, het gesê sodanige uitsprake jaag gemoedere op en belemmer plaasveiligheid. ’n Ontleding wys juis plaasaanvalle in die Vrystaat, Noordwes en Gauteng het van 2005 tot 2006 met onderskeidelik 63%, 94% en 57% toegeneem. Botha het gesê boere is positief betrokke by grondherverdeling, opleiding en landelike beveiliging en sektor-polisiëring. Net ’n baie klein minderheid tree onsensitief op.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|