Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 13°C - 32°C> |
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||
|
Hof jak Selebi af
Polisiehoof se aansoek van rol geskrap Voordat regter Nico Coetzee gister in die Pretoriase hooggeregshof komm. Jackie Selebi, nasionale polisiekommaisaris, se dringende, tussentydse hofaansoek dat hy nie vervolg moet word nie, van die rol geskrap het, het hy gesê dit is duidelik dat as Selebi nie aangekla word nie, dit die regspleging in die land in groot oneer sal bring. PRETORIA. –Dit is duidelik dat as komm. Jackie Selebi nié aangekla word nie, dit die regspleging in oneer sal bring. Só het regter Nico Coetzee gister in die Pretoriase hooggeregshof gesê voordat hy Selebi se dringende, tussentydse hofaansoek dat hy nie vervolg moet word nie, van die rol geskrap het. Coetzee het dié stelling gegrond op die klagstaat van 23 bladsye teen Selebi, ’n 46 bladsy-verslag deur ’n paneel kenners en die staat se bewering dat hy redelike vooruitsig op sukses in Selebi se vervolging het. Selebi, nasionale polisiehoof en hoof van Interpol, gaan wel van korrupsie en regsverydeling aangekla word. Hy sal nie in hegtenis geneem word nie, maar ’n dagvaarding sal aan hom beteken word. Dit is nie bekend wanneer hy amptelik aangekla gaan word nie. Mnr. Mukoni Ratshitanga, pres. Thabo Mbeki se woordvoerder, sê die presidensie sal vroeg volgende week aankondig of Selebi in sy pos gaan aanbly. Die DA, ACDP en VF+ het gister weer geëis dat Selebi geskors word. Adv. Mokotedi Mpshe, waarnemende hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het ná Coetzee se uitspraak gesê hulle sal besluit wat hul volgende stap gaan wees. “Die uitspraak maak my én die NVG opgewonde.” Volgens Mpshe versterk die uitspraak die NVG se saak teen Selebi. Mbeki is ook reeds daaroor ingelig. “Maar die president kan nie sê ons moet of ons moenie (aankla nie),” het hy gesê. Die departement van veiligheid en sekuriteit het gister gesê Selebi is steeds “100% in beheer van die polisie”. “Hierdie was ’n private kwessie tussen die nasionale kommissaris en die NVG. Oor of hy geskors of afgedank gaan word, sal ’n aankondiging later gedoen word,” het mnr. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder, gesê. Coetzee het in die hof gesê: “Hy (Selebi) wil hulle (die direktoraat van openbare vervolgings) keer om ’n besluit te neem (om hom te vervolg) wat reeds geneem is. “Geen saak van dringendheid is uitgemaak nie.” Selebi het in hofstukke gesê as hy aangekla word, sal dit die interna- sionale persepsie van die land benadeel; sy status en reputasie sal onherstelbaar beskadig word; polisielede oor die land heen is uiters lojaal teenoor hom en as hy aangekla word, sal dit hul moreel benadeel. “Sy reputasie is reeds só aangetas dat niks in die toekoms dit kan vererger nie,” het Coetzee gesê. Selebi het in hofstukke gesê as besluit word om hom aan te kla, sal dit ’n ernstige en nadelige gevolg hê op wetstoepassing in die land en gebeurlikheidsplanne sal ingestel moet word om die effek van so ’n besluit op die dag-tot-dag-bedrywighede van die polisie te minimaliseer. Hy sê die skade is daarin geleë dat hy as hoof van Interpol internasionale verpligtinge teenoor wetstoepassing het. As hy aangekla word, sal dit Interpol se struktuur en doeltreffendheid benadeel. Coetzee het egter gesê: “Gebeurliksheidsplanne kan binne ure ingestel word.” Adv. Matthew Chaskalson, namens die NVG en die Skerpioene (die respondente), het betoog daar was sedert November 2007 bespiegeling dat Selebi se inhegtenisneming binnekort gaan gebeur. “Hy (Selebi) het nog vier weke gewag voordat hy dié aansoek ingedien het en toe laat hy minder as twee dae tyd vir die respondente om hierop te antwoord,” het Chaskalson gesê. “Hoekom nou so haastig? “As jy aangekla word, het jy die reg op verdediging,” het hy voorts gesê. Selebi wou gister ’n tussentydse bevel verkry dat hy nie vervolg moet word nie, hangende sy hoofaansoek wat deur drie regters aangehoor sal word. Coetzee het gesê daar word gesê die respondente het ’n “billike saak”, hoewel nie ’n soliede een nie. Coetzee het die aansoek met koste van die rol geskrap. Dit sluit die koste van twee advokate in.
|
||||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|