Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 14°C - 25°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Pa sterf drie weke ná seun se skietdood
Aug 20 2008 11:13:25:720PM  - (SA)  
Tom de Wet



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KOPPIES. – ’n Bekende voormalige melkboer van die distrik wat onlangs in ’n aanval in sy huis in Pretoria gewond is toe sy jongste seun doodgeskiet is, is gister in die hospitaal aan sy beserings dood.

Mnr. Chris Bam (57) is sedert die aanval deur inbrekers drie weke gelede in hul huis in Doornpoort, Pretoria, in die Akasia-hospitaal behandel.

Hy het verskeie skietwonde in onder meer sy maag en been opgedoen.

Sy seun André (26), wat voor hul trek na Pretoria enkele maande gelede vir die Griffons in die Noord-Vrystaat rugby gespeel het, is deur die inbrekers in die kop geskiet.

Sy begrafnis op Koppies was volgens inwoners een van die grootste wat die dorp nog beleef het. Sy pa word Dinsdag om 11:00 uit die NG moederkerk Koppies begrawe.

Bam (sr.) het sy boerdery op Koppies verkoop omdat hy wou aftree. André het hom help boer voordat hulle na Pretoria verhuis het.

Bam (sr.) was ’n goeie fietsryer wat reeds verskeie wedrenne suksesvol voltooi het. Hy het Noord-Vrystaat-kleure in dié sport gekry.

Bam word oorleef deur sy vrou, Veronica, twee dogters, Adelle en Lindy, en ’n seun, Derik.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer