Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 14°C - 28°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Seuns betas glo jong meisies
Oct 01 2008 11:09:38:790PM  - (SA)  
Elsje Blair



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Voorval waarin jong skoolmeisies van Bloemfontein na bewering deur seuns by ’n buitelugskool op Zastron betas is, het skokgolwe deur ouerkringe gestuur.

Die skoolmeisies van die Laerskool Fichardtpark, wie se ouderdomme van 11 tot 12 jaar wissel, is vandeesweek glo deur minstens twee seuns van die Laerskool Wilgehof op die Aasvoëlberg-buitelugsentrum by Zastron betas.

Die gr. 6-leerlinge van die onderskeie skole was op ’n week lange uitstappie na die buitelugskool.

Die hoof van die buitelugskool, mnr. Louis Alberts, sê: “ ’n Groep meisies van Fichardtpark het Woensdagaand na hul rondawel gestap. Dit was naby die eetsaal.

“n Groep seuns van Wilgehof het die meisies glo vasgekeer deur ’n sirkel om hulle te vorm. Die seuns het ’n Sotho-liedjie begin sing, terwyl twee van die seuns glo aan die meisies gevat het.

“Dié hele voorval is uit verband geruk. Dit kan ook nie as ’n rassevoorval beskou word nie. Die meisies was emosioneel. Hulle het gegil en gehuil. Die toesighouers het nog aandete geëet. Toe hulle die lawaai hoor, het hulle gaan ondersoek instel,” sê Alberts.

“Ons het twee seuns geïdentifiseer. Hulle is van die kamp verwyder,” sê hy. Volksblad het later verneem dat twee 13-jarige seuns deurnag oefeninge buite die kamp as straf moes doen.

Alberts sê: “Ons het toe vir die kinders gesê hulle mag nie meer alleen op die perseel rondloop nie. Hulle moes in groepe beweeg”.

Alberts sê hy vermoed een van die meisies wat nie eens betrokke was nie, het die ander meisies se emosies aangevuur. Hy het na haar as ’n drama queen verwys.

“Ons het ’n volledige verslag oor die gebeurtenis deurgestuur na albei skoolhoofde toe. In die tien jaar sedert dié buitelugsentrum geprivatiseer is, het so iets nog nooit gebeur nie,” sê Alberts.

Mnr. Johan du Preez, skoolhoof van die Laerskool Fichardtpark, sê daar was altesaam 128 Fichardtpark-leerlinge op die uitstappie.

Du Preez, wat nou met vakansie is, het telefonies aan Volksblad gesê: “Volgens die verslag het die seuns glo aan die meisies se boude gevat.

“Dit was ’n absoluut geïsoleerde geval wat uit verband geruk is.

“Die situasie is die volgende dag opgelos.

“Die seuns is aangespreek en met ’n bussie weggevat.

“Die nodige dissiplinêre stappe is gedoen.

“Ek het ’n vergadering met die ouers van die ses betrokke meisies gehad. Ons sal die saak verder voer sodra die skole begin.Ek kan myself nie verder hieroor uitspreek nie,” het hy gesê.

Mnr. Fanie Roeloffze, skoolhoof van Wilgehof, sê: “Hierdie hele ding is uit verband geruk. Ek het net so in die verbygaan gehoor twee Wilgehof-seuns het aan Fichardtpark se meisies gevat.

“Ek en die skool se beheerligaam beplan om aan die hand van Alberts se verslag op dissiplinêre stappe te besluit”.

’n Geskokte ouer het aan Volksblad gesê: “Die eerste ding wat my kind vir my gesê het, was dat haar klasmaats op die kamp deur seuns van ’n ander skool ‘gemolesteer’ is.

“Sy het gehuil en was baie emosioneel.”

Nóg ’n ontstelde ouer van ’n Fichardtpark-leerling het gesê: “Ek is geskok oor wat gebeur het. My kind was baie getraumatiseer deur die voorval.

“Ons is ’n paar ouers wat voel dat daar strenger teen die skuldiges opgetree moes word.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer