Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

SA het nuwe kiesstels nodig - Pityana
Oct 06 2008 12:05:11:270AM  - (SA)  
Anesca Smith



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

LONDEN. – Laat Suid-Afrikaners hul eie president kies.

Só het prof. Barney Pityana, rektor van Unisa, gister hier gesê toe hy ’n beroep gedoen het dat Suid-Afrika se proporsionele kiesstelsel, wat LP’s eers aan hul party en dan hul kiesafdeling verantwoordbaar maak, so gou moontlik vervang word.

“Suid-Afrikaners moet in staat gestel word om hul eie openbare verteenwoordigers, en trouens hul eie president, te kies,” het hy gesê.

Hy is deur mnr. Roelf Meyer, oudpolitikus en ANC-lid, in dié standpunt ondersteun. Albei was gassprekers op ’n byeenkoms van emigrante in Londen.

“Suid-Afrika het ’n kruispad bereik,” het Pityana gesê. “As burgers móét ons ons stem laat hoor en openbare verteenwoordigers regstreeks verantwoordbaar kan hou. Dit is ons as burgerlike samelewing se verantwoordelikheid om stemme te laat hoor en nie stil te bly nie. Daarom moet ons Grondwet en kiesstelsel verander word sodat dit moontlik is om gewone burgers se stem baie harder te laat hoor as dié van ’n politieke party.”

Volgens Pityana dui die omstandighede waarin oudpres. Thabo Mbeki twee weke gelede summier vervang is op ’n ernstiger krisis as wat die ANC voorgee.

“Ondanks al die mooipraatjies dat Mbeki ‘herroep’ is, was dit in werklikheid niks minder nie as ’n staatsgreep. Die parlement het nie eers die omstandighede ondersoek waarom hy uitgedwing is en in watter mate dit in ooreenstemming met die Grondwet was nie. Wat sou gebeur het as Mbeki geweier het om sy pos te verlaat?”

Meyer, wat destyds aan die voorpunt gestaan het van onderhandelings oor die Grondwet, het gesê daar is op die proporsionele kiesstelsel besluit, omdat dit gunstig was vir kleiner partye. Hy is dit egter eens met Pityana dat die stelsel uitgedien is en meen ’n kombinasie van ’n proporsionele en kiesafdelingstelsel soos dié van Duitsland moet straks oorweeg word.

Meyer het egter verskil met Pityana rakende die vervanging van Mbeki en gesê laasgenoemde moes hom verlede jaar in Polokwane nooit beskikbaar gestel het as presidentskandidaat nie. “Hy wou voortgaan as president van die ANC en dit is onaanvaarbaar. Was dit nie hiervoor nie, sou Zuma waarskynlik nooit eers as kandidaat gestaan het nie,” het Meyer gesê.

Hy en Pityana, tesame met die DA-leier, me. Helen Zille, was die naweek gassprekers by ’n veldtog, die Homecoming Revolution, om Suid-Afrikaners in die buiteland terug te trek huis toe om hul vaardighede hier aan te wend. Sowat 1 000 mense het die geleentheid bygewoon en talle het gesê hulle maak planne om in die afsienbare toekoms terug te keer.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer