Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 20°C - 30°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Colour Blind bring gehoor op hul voete
Oct 05 2008 11:58:58:107PM  - (SA)  
Clarissa Grobler



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Danksy ses talentvolle leerlinge aan Grey-kollege (sekondêr) in Bloemfontein kan die Vrystaat met reg trots wees.

Die groeplede van Colour Blind – Tshepo Moekwena (sanger), Bernard Brits (tromspeler), Dale Hawkins (kitaar), Franco du Toit (kitaar), Ruan van der Merwe (klawerbord) en Kevin Kok (baskitaar) – is die naweek as die noordelike wenner van Jip-Rockspaaider op Aardklop in Potchefstroom aangewys.

Colour Blind was die Vrystaatse finalis en het reeds met die groep se eerste liedjie die gehoor gaande gehad.

Met reg: Hul vertoning was uit die boonste rakke en die lede is uitstekende musikante.

Nadat al sewe groepe opgetree het (drie suidelike en vier noordelike deelnemers), het die gewilde Straatligkinders opgetree terwyl die beoordelaars hul keuse moes maak.

Hierna is eers die verskillende afdelingswenners aangekondig. Tshepo is as die beste sanger van die aand aangewys.

Colour Blind is vanjaar se noordelike wenner en Peter Poon die suidelike wenner. Albei groepe wen ’n agt-snit-albumopname, R5 000 kontant en ’n musiekvideo.

- Colour Blind se volgende optrede is op 18 Oktober saam met Glaskas, Rush Hour, Naudé Swart en die Grey-kollege-boereorkes by die Grey-kollege-swembad. Die vertoning begin om 18:30 vir 19:00.

Colour Blind het ook ’n Facebook-groep waarby hul ondersteuners hulle kan aansluit.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer