Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 16°C - 31°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Boer se dood in AK47-koeëlreën ‘is dalk oor grondeis’
Oct 09 2008 10:47:21:797PM  - (SA)  
Dirk Kok en Jana van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

HARRISMITH. – Die enigste rede waaraan hulle kan dink vir die wrede aanval waarin hul pa verskeie kere met ’n AK47-aanvalsgeweer geskiet is, is ’n grondeis wat hulle teenstaan.

Só het mnre. George en Christo Spies gesê nadat hul pa, Hansie (75), gister hier op die familieplaas Gravelotte ’n koeëldood gesterf het.

’n Bietjie troos vir mev. Sybil Spies (75) en haar twee seuns, wat ook hier boer, is dat hulle ’n tydjie gehad het om hul sterwende man en pa te groet. Mev. Spies, wat in die plaashuis was toe haar man verskeie kere buite geskiet is, sê hy het oudergewoonte vroegoggend opgestaan.

Terwyl hy koffiewater gekook het, het hul worshondjie, Poekels, en die ander honde erg aan die blaf gegaan.

“Hy is uit om te gaan kyk, maar het niks gesien nie. Die honde het aanhou blaf. Hy is toe met sy geweer uit. Kort daarna het ek die skote gehoor. Hy het ingestrompel, inmekaargesak en gesê hy is geskiet.”

Voordat die dokter op die plaas kon aankom, het mnr. Spies met sy vrou en twee seuns aan sy sy gesterf.

George sê sy pa was by sy bewussyn en het besef hy gaan sterf. “Hy het gesê hy gaan. Ons het ’n tydjie gehad om te groet. Hy is verskeie kere in die linkerarm en een keer in die bors geskiet. Sy arm is vergruis en die hoofslagaar is af. Ons kon nie die bloeding keer nie.”

Boere wat van oral af opgeruk het, het kort ná die moord een van die vermeende moordenaars, ’n 27-jarige man van Bergville, KwaZulu-Natal, naby die plaas vasgetrek. Hy is met ’n motor van die pad af. Nog ’n groepie mans het die bosse en berge ingevlug.

’n Polisiehelikopter, twee private helikopters, ’n groot groep boere, polisiemanne met honde en op perde en speurders het ’n grootskeepse soektog na die verdagtes begin.

Gistermiddag het die polisie ’n motor wat vermoedelik in die aanval gebruik is, verlate by Bergville gekry.

Die soektog na die verdagtes het gisteraand voortgeduur.

Altesaam vyf aanvallers kon betrokke gewees het.

Spies se seuns het gesê hul pa, ’n bekende en geliefde veeboer, het goeie verhoudings met mense en met sy werknemers gehad. Al waaraan hulle kan dink, is dat die koelbloedige moord op hul pa met ’n grondeis verband kan hou. “Ons het grond by Little Switzerland (in die Drakensberg) waarop ’n grondeis is.”

’n Hartseer mev. Spies het gesê hulle het nog nooit onveilig gevoel op die plaas nie. “Ons het al veediefstalle en kabeldiefstalle gehad, maar vandag het hulle my man weggevat. Ons lewe het in ’n oogwink verander.”

Boere het gister gesê hulle is verslae en kwaad. Vrystaat Landbou (VL), die Vrystaatse LUR, mev. Mamiki Qhabathe, en haar departement, asook die DA in Harrismith het die moord sterk veroordeel.

Die Spies-egpaar se ander seun, dr. Hannes Spies, ’n tandarts van Louis Trichardt, het hom gister hier by sy ma en broers aangesluit.

Die vermoorde mnr. Spies was verlangs familie van die digter Lina Spies. Die familie boer reeds vyf geslagte lank hier.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer