Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 16°C - 31°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Suid-Afrikaners is vol woede
Nov 06 2008 12:03:36:097AM  - (SA)  
Antoinette Pienaar



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PRETORIA. – Statistieke wat toon meer as 85% van vermoordes en 78% van padslagoffers verlede jaar was mans, wys daar is ernstige onderliggende woede onder mans in die gemeenskap wat ondersoek moet word.

Prof. Tinyiko Maluleke, uitvoerende direkteur van navorsing by Unisa, het dít gister op die bekendstelling van die Mediese Navorsingsraad se 2007-verslag oor onnatuurlike sterftes uitgewys.

“Ek dink daar is baie woede in Suid-Afrika. Ons is dalk nie die armste in Afrika nie, maar beslis die kwaadste,” het Maluleke ná die voorlegging gesê.

Die navorsers het na die outopsieverslae van 33 513 mense gekyk wat onnatuurlik in Johannesburg, Kaapstad, Durban en Pretoria dood is.

Dit is minder as die helfte van die geraamde tot sowat 80 000 mense wat onder meer weens geweld, padongelukke, brandwonde, verdrinking en selfmoord dood is.

Meer as ’n derde van al die sterftes was weens geweld, sowat 32% weens padongelukke en 10% het selfmoord gepleeg.

Prof. Kopano Ratele van die instituut vir maatskaplike en gesondheidstudies aan Unisa het ook gesê daar is ernstige probleme onder jong mans in Suid-Afrika wat ondersoek moet word.

Die studie toon ’n mens se kanse om gewelddadig te sterf is groter in Kaapstad as in Durban, Johannesburg en Pretoria, en ’n mesgeveg is die waarskynlikste oorsaak.

Jou kans om te verdrink, is egter groter in Johannesburg, al is Kaapstad en Durban by die see.

Veral as jy ’n motor bestuur, het jy ook ’n groter kans om in Johannesburg in ’n padongeluk te sterf.

Die navorsers het nie gedetailleerde ontledings getoon van hoe verskillende vorme van onnatuurlike sterftes rassegroepe raak nie, maar in hul gevolgtrekking gesê dit is veral swart en bruin mans tussen 15 en 44 wat deurloop.

Die meeste mense is met messe of skerp voorwerpe doodgesteek, gevolg deur skietvoorvalle.

Die verslag toon 76% van al die sterfgevalle was swartes, 10% was wit, 9% bruin en 3% Asiërs.

Onder die bevindings is dat 38 van die 51 kinders tussen 10 en 14 jaar oud wat selfmoord gepleeg het, hulself opgehang het.

Vier het vuurwapens gebruik en sewe het gif gedrink.

In die studie was daar ook 272 selfmoordgevalle onder tieners tussen 15 en 19.

Die hoogste voorkoms van verdrinkings was onder kinders tussen een en vier jaar. Daar was 19 in Johannesburg, 9 in Pretoria, 8 in Kaapstad en 10 in Durban.

Prof. Jeanine Vellema van die Johannesburgse forensiese patologiediens het gesê hul lykshuissyfers toon die afgelope jare die Wet op Vuurwapenbeheer, wat in 2003 van krag geword het, het dalk ’n impak op dié soort sterftes gehad.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer