Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 19°C - 30°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Tuku ná 16 dae weer in 'ma' se arms
Nov 21 2008 04:08:59:857AM  - (SA)  
Hannatjie van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – Altesaam 16 dae lank het dié hondjie van sowat 3 kg vermoedelik in hitte, reën en donderweer in die veld buite die stad oorleef.

Boonop het sy heel moontlik heen en weer oor die besige Kaapse hoofpad gestap.

Sy is sowaar ongeskonde teruggekry – met net ’n kleinerige wond op haar rug en ’n halwe kilogram swaarder, sê die skaal in die kombuis.

Tuku is net baie moeg en die vonkel in die ogies kort nog.

In dié tyd het verskeie mense na haar gesoek, maar dié Yorkshire-terriër-kruising was te vlug van voet vir almal.

Sy is ook bang vir mans. Sy het telkens die hasepad gekies as sy die mans sien wat in die onbegaanbare groot stuk veld na haar soek.

Tuku, lieflinghondjie van mej. Dorothy-Anne Howitson, bekende gestremde van Kimberley, en haar ma, Joey, het vroeg verlede jaar van die Dierebeskermingsvereniging af in dié huishouding beland waar dit ’n “hondehemel” is.

Op Maandag 3 November is sy na ’n onderneming buite die stad om gebad en geskeer te word.

Daar aangekom, het sy uit die eienaar se arms gespring toe sy twee mans sien. Dadelik is begin om na haar te soek, maar sy kon nie opgespoor word nie.

Sy is ’n paar keer gesien en elke keer was al die Tuku-liefhebbers hoopvol, maar dit was tevergeefs.

Sy is in die veld aan die een kant van die hoofpad gesien, en volgende is sy weer weg, en dan aan die ander kant. Sy is ook in die Southridge-woonbuurt gesien.

Personeel van ’n lodge langs die hoofpad het selfs snags vir haar kos uitgesit en haar gesien, maar sy was te vinnig om gevang te word.

Intussen het haar eienaars verlang en was uiters bekommerd.

Woensdag omstreeks 01:00 het die eienaar van die onderneming waar sy weggeraak het, haar buite hoor huil.

Omdat Tuku so vinnig hardloop, moes sy ’n spesiale taktiek inspan. Tuku het onder die motors gaan wegkruip.

Dié eienaar het met ’n stukkie wors na Tuku gekruip en probeer om Dorothy-Anne se stem na te maak.

Sy het Tuku aan haar nekbandjie gevang wat steeds ongeskonde om haar nek is met haar naam en haar eienaars se telefoonnommer.

Tuku het die res van die nag by dié eienaar deurgebring. Dorothy-Anne, wat in Johannesburg was, het in die vroeë oggendure die goeie nuus gekry.

Woensdagaand, met Dorothy-Anne se tuiskoms, het Tuku kliphard gehuil. Al wat sy sedertdien doen, is slaap, eet en liefde kry.

Dorothy-Anne sê in dié 16 dae het sy net liefde en belangstelling van Kimberliete gekry. Sy wil ook graag almal vir hul hulp bedank.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer