Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 3°C - 18°C> |
|
Skielik-skieter swaar gestraf ná ' rassistiese' moordtog?
Die stelsel het haar kind in die steek gelaat. As mnr. Johann Nel (19), die sogenaamde Skielik-skieter, die regte hulp gekry het nadat hy die eerste keer ’n vuurwapen op ’n swart man afgevuur het, was dinge vandag miskien anders. Só het mev. Corrie Nel gister gesê nadat haar seun in die hooggeregshof in dié stad in Noordwes vier keer lewenslange tronkstraf opgelê is. Regter Ronald Hendricks het Nel ’n lewenslange vonnis opgelê vir elk van die moorde op Enoch Matshelanoka (10), Sivuyile Peyi (37), Elizabeth Moiphitli (twee maande) en haar ma, Annah. Daarby het Nel vier jaar tronkstraf gekry op die drie aanklagte van poging tot moord waar die slagoffers nie getref is nie. Vir die agt slagoffers wat wel getref is, is hy sewe jaar gevangenisstraf opgelê. Hy is gevonnis tot ’n bykomende vyf jaar op aanklag van die onwettige besit van ’n vuurwapen en drie jaar weens die onwettige besit van ammunisie. Volgens mev. Nel is daar ’n voorbeeld van haar kind gemaak. “Ek hoop net dit het die regte uitwerking,” het mev. Nel gesê. Ek hoop dit sal ras-gemotiveerde misdade stopsit en nie aanwakker nie.” Hendricks het gesê rasse-aanvalle, of dit wit op swart of swart op wit is, moet ontmoedig en afgekeur word. “Die milieu waarin ons kinders in die land grootword, moet vry wees van rassehaat,” het Hendricks gesê. “Dít is grotendeels waar u omgewing en u opvoeding u in die steek gelaat het,” het hy aan Nel gesê. Hendricks het gesê Nel het, veral ná die plaasaanval op sy broer, Heinrich (23) in Mei 2001, intense angs ervaar wat in haat gekristalliseer het. Mev. Nel het gesê daar is baie daarop gehamer dat Nel uit ’n disfunksionele gesin kom. “Ek het gedoen wat ek kon doen,” het mev. Nel gesê. “Johann was depressief en het sy spanning só onderdruk dat ’n mens dit nie kon agterkom nie.” Volgens Hendricks het ’n reeks gebeure oor ’n lang tydperk aanleiding gegee tot die tragiese gebeure van 14 Januarie 2008. Nel was blootgestel aan rasgemotiveerde haat, waarin hy hom ook verdiep het. Hendricks het gesê Nel het dié dag in die Skielik-plakkerskamp buite Swartruggens op onskuldige en niksvermoedende mense geskiet. “Die voorval was rasgemotiveer. U het die oorledenes en die klaers geskiet net omdat hulle swart was. “U was uit op ’n rassistiese moordtog wat gemik was op swart mense. Dit is beskryf as ’n teregstelling oftewel ’n menseslagting.” Mev. Nel het gesê sy het nog drome vir haar kind. Sy hoop hy sal sy matriek klaar maak, begin studeer en sy plekkie in die gevangenis vind. Mnr. Frikkie Pretorius, Nel se prokureur, het aangedui dat hulle op 12 Desember vanjaar ’n aansoek om verlof tot appèl sal indien.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|