Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 2°C - 18°C



>

SA glo een van gevaarlikste bestemmings
Dec 03 2008 12:50:33:213AM  - (SA)  
Aldi Schoeman



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

’n Britse koerant het Suid-Afrika op ’n lys van 20 gevaarlike bestemmings geplaas.

“Ná die terroriste-aanvalle in Moembaai belig ons 20 van die plekke op aarde wat die gevaarlikste is om te besoek,” lui The Telegraph se webtuiste.

Saam met Suid-Afrika op die lys is lande soos Irak, Afganistan, die Soedan, Burundi en Tsjetsjnië.

Sr.Supt. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, sê egter dit is “belaglik” om Suid-Afrika met hierdie lande te vergelyk.

“Ons is nie verwoes deur oorlog of hongersnood nie. Ons kan in die sentrale sakekerns van ons stede loop, wat jy nie in daardie lande kan doen nie,” het Naidoo gesê.

By elkeen van die lande op die webtuiste is ’n foto en beskrywing van geweld in die land.

Die beskrywings kom van die Britse kantoor vir buitelandse sake en die Statebond (FCO) se webtuiste, waar die bedreiging van terrorisme in vier verskillende vlakke verdeel word. Hoewel dié bedreiging in Suid-Afrika op ’n baie lae vlak is, is hy uitgesonder bo ander lande waar ’n hoër bedreiging heers.

’n Foto van mense wat skerp voorwerpe bo hul koppe swaai terwyl hulle betoog, word gebruik om Suid-Afrika se geweld te illustreer.

“Suid-Afrika het ’n hoë vlak van gewelddadige misdaad, waaronder verkragting en moord. Die meeste besoeke aan die land is sonder hindernis, want die meeste van die voorvalle is in die townships en gebiede wat van toeriste-bestemmings verwyder is. Rooftogte en motorkapings raak al hoe meer algemeen,” lui die onderskrif by die foto.

Die FCO wou nie kommentaar lewer op The Telegraph se lys nie.

Volgens die FCO stel hulle nie dokumente op waarvolgens hulle lande lys as meer of minder gevaarlik as ander nie. “Ná ontleding van elke individuele land, op grond van inligting uit verskillende bronne soos die Britse intelligensiediens, word reisadvies aan Britse burgers uitgereik,” het die FCO gesê.

Suid-Afrika is nie onder die FCO se lys van meer as 30 lande waarheen mense liefs nie moet reis nie.

Mnr. Jermaine Craig, woordvoerder van die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi se plaaslike reëlingskomitee (PRK), sê een van hul probleme is dat buitelandse joernaliste oor Suid-Afrika skryf sonder dat hulle al hier was. Die PRK erken die land het ’n misdaadprobleem maar hoop joernaliste sal “meer objektief” wees nadat ’n groep buitelandse joernaliste verlede week op ’n toer deur die land geneem is.

Die departement van omgewingsake en toerisme het in reaksie gesê hulle is bekommerd oor die “persepsie” dat Suid-Afrika nie ’n veilige bestemming is nie.

Luidens hul navorsing is baie reisigers bekommerd dat hul persoonlike veiligheid bedreig kan word as hulle hierheen reis, maar dat hierdie persepsie “aansienlik afneem” as hulle die land besoek het.

Dit is ook vir die departement belangrik om by Suid-Afrikaners die besef tuis te bring dat toerisme “almal se besigheid is” en dat “sinlose misdaad ’n negatiewe impak op almal” het.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer