Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 3°C - 18°C> |
|
Jong dokter grusaam vermoor
WELKOM. – ’n Jong, bekwame en gewilde dokter van die Bongani-hospitaal is Maandagnag wreedaardig deur die pa van haar kind buite die dokterskwartiere hier vermoor, voordat hy selfmoord gepleeg het deur voor ’n bewegende voertuig in te hardloop. Dié voertuig was ’n ambulans van die provinsiale ambulansdienste wat met ’n pasiënt na die hospitaal onderweg was. Die polisie het in dr. Boihang Juliana Molutsi (30) se blyplek op bewyse afgekom dat daar in die middernagtelike ure ’n geweldige gestoei moes gewees het. Alles dui daarop dat sy selfs ’n ruit in die slaapkamer gebreek het om daardeur van haar aanvaller, mnr. Johannes Maje (33), te probeer ontvlug. Sy kon egter nie daarin slaag nie, maar het wel sy aanvalle lank genoeg ontduik om by die deur uit na buite te vlug. Daar het hy haar egter weer oorval en verskeie keer met ’n kombuismes gesteek. Sy was reeds dood en het na verneem word minstens 10 steekwonde oor haar hele lyf gehad toe sy gekry is deur sekuriteitsbeamptes wat haar angsgille gehoor en gaan ondersoek instel het. Ná die moord het Maje oor ’n hoë draadheining om die hospitaal geklim en weggehardloop. By die kruising van Craiblaan en Jasonsweg het hy voor die ambulans, wat van Odendaalsrus onderweg was, ingehardloop. Hy is op slag dood. Mnr. André Pelser, ambulansbestuurder, en suster Bettie Mojanage, sy assistent, het net ligte beserings soos skrape opgedoen, maar moes ná die voorval vir skok in Welkom-Medi-Clinic behandel word. Die pasiënt is ongedeerd. Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die moordwapen is by Maje gekry waar hy dood is. Hy is verder met dokumente by hom en ander in Molutsi se blyplek geïdentifiseer. Molutsi het as senior mediese beampte by die hospitaal gewerk. Sy het haar en Maje se 18 maande oue dogtertjie net verlede naweek na haar familie op Thaba Nchu gevat om daar te kuier. Na wat verneem word, het Maje, wat glo werkloos was en op Bultfontein gebly het, haar al voorheen aangerand. Familie kon dit gister nie bevestig nie. - Molutsi was die skoonsuster van mnr. Gino Alberts, oudradiojoernalis van die Vrystaat en nou woordvoerder van die Metsimaholo-munisipaliteit op Sasolburg.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|