Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

Sege vir parapleeg in hof
Dec 03 2008 12:29:09:080AM  - (SA)  
Frans Coetzee



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY.– Byna ses jaar nadat ’n parapleeg van Kanoneiland onregmatig in verband met die besit van plofstof, ploftoestelle en ammunisie aangekeer en in ’n polisiesel op Upington aangehou is, het die 44-jarige vrou se eis in die hooggeregshof geslaag.

Regter L.P. Tlaletsi het gister gelas die minister van veiligheid en sekuriteit en kapt. Nico Maree is vir me. Belinda Smit se geldelike skade verantwoordelik. Die verweerders moet verder die koste van die geding, gesamentlik en afsonderlik, betaal.

Smit het die polisie destyds vir sowat R1,5 miljoen gedagvaar. Sy is op 28 November 2002 sonder ’n lasbrief in hegtenis geneem.

Volgens die besonderhede van vordering moes Smit, wat liggaamlik gestremd is weens verlamming in haar onderlyf, noodgedwonge die nag in ’n rolstoel in die binnehof by die polisieselle op Upington deurbring terwyl sy “nie kos of water” gekry het nie.

Sy was ook die nag na bewering “aangewese op die hulp van ’n manlike polisiebeampte om die toilet in die selle te gebruik”.

Die regter het in sy uitspraak gesê hy het geen twyfel nie dat Smit die slagoffer van ’n onenigheid en wantroue tussen polisie-eenhede was.

“ ’n Mens sou verwag het dat die twee eenhede (misdaadintelligensie en ernstige geweldmisdaad) mekaar ondersteun in die moeilike taak om regse bedrywighede uit te wis sodat die land ’n veiliger plek kon wees om in te woon.

“ ’n Mens sou verder verwag dat lede van die polisie, wat in dié geval senior range beklee het, bo beuselagtige rusies uitstyg en fokus op die taak om ons jong demokrasie te beskerm.

“Ek meen ’n redelike polisiebeampte sou nie die inkriminerende inligting omtrent Van Wyk (’n AWB-lid wat vroeër op Smit se perseel gebly het) en die inhegtenisneming van ’n vrou in ’n rolstoel op sulke swak gronde veronagsaam nie.

“Dit wil vir my voorkom sy (Smit) moes boet, omdat sy ’n informant vir die intelligensie-eenheid was. Smit was in die ‘spervuur’ van twee polisie-eenhede vasgevang.”

Die regter het gesê luidens die getuienis van Maree is dit duidelik dat ander alternatiewe nie oorweeg is nie, ondanks Smit se fisieke toestand.

“In dié omstandighede kon Smit nie as ’n risiko vir moontlike ontvlugting beskou word nie.

“Behoorlike reëlings vir haar gerief in aanhouding moes getref word (maar is nie gedoen nie).

“Ek meen dat ’n redelike polisiebeampte minder drastiese stappe soos ’n waarskuwing sou doen om te verseker dat Smit wel in die hof sou verskyn.”

Adv. Johan van Niekerk, SC, tree in opdrag van Brink en Genote ingelyf van Keimoes op en die korrespondent Engelsman Magabane ingelyf namens Smit.

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer