Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 18°C - 28°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Selebi-situasie ‘onaanvaarbaar’
Jan 07 2009 01:58:15:797AM  - (SA)  
Loraine Kalp



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

In wat beskou kan word as die sterkste aanduiding tot nog toe dat die nasionale polisiekommissaris, komm. Jackie Selebi, moontlik binnekort sy werk kwyt kan wees, het mnr. Nathi Mthethwa, minister van veiligheid en sekuriteit, gister op besoek aan Bloemfontein gesê die huidige situasie waar mense as kommissaris van die polisie waarneem, is vir hom onaanvaarbaar.

Mthethwa sê hy wil ’n permanente nasionale kommissaris van die polisie hê. Hy het dié wens glo ook vroeër in ’n onderhoud met Cape Talk uitgespreek.

Hy sê die polisie het stabiliteit nodig en daarvoor het hulle ’n permanente nasionale kommissaris nodig.

“Ek gee nie om hoe dit gedoen word nie, maar ek het ’n nasionale kommissaris van die polisie nodig.”

Hy sê die finale sê sal van die president kom, maar hy het sy voorstelle op die tafel geplaas om oorweeg te word.

Mthethwa was ook vol lof vir die Vrystaat, wat volgens hom die suksesvolste provinsie is wat die bestryding van voorkeurmisdade betref.

Mthethwa sê geweldsmisdade is in die feestydperk met 40% verminder.

Hy sê rooftogte by huise en ondernemings het in die Vrystaat met 60% in die feestydperk afgeneem.

Hy sê verskeie inhegtenisnemings en vonnisse van mense wat by witboordjiemisdade in die provinsie betrokke is, is ook vir hom opvallend.

Hy sê die suksesse van die polisie is ’n bewys dat polisiebeamptes hard werk.

Hy het hom ook uitgelaat oor polisiebeamptes wat self met die gereg gebots het. Altesaam 14 polisiebeamptes is weens misdade wat van veediefstal tot bedrog wissel, deur hul eie kollegas in hegtenis geneem en 12 van dié polisiebeamtes is ontslaan. Die ander twee is steeds geskors.

Mthethwa sê hy het die provinsiale bestuur van die polisie opdrag gegee om weer na dié situasie te kyk.

“Hulle het dieselfde misdade gepleeg as die ander wat ontslaan is.” Hy sê die tyd het aangebreek om die kaf van die koring te skei. Hy sê misdadigers wat in uniform skuil, moet ontmasker word.

Hy sê Nigeriese sindikate wat by misdade soos dwelmhandel betrokke is, is ook ’n bron tot kommer.

“Ons gaan dit kaalvuis aanpak.”

Wat hom ook bekommer, is rooftogte waar Pakistani’s se ondernemings die teiken is.

“Ons benadering is dat dit nie saak maak watter nasionaliteit by misdaad betrokke is nie, maar om te verseker dat misdaad nie in die land gepleeg word nie.”

Teken in op Volksblad


 
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.
Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer