Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 3°C - 18°C> |
|
Trekker glo teen 94 km/h gevang
KURUMAN. – Die eienaar van ’n trekker wat skaars 30 km/h kan ry, het ’n boete van R400 gekry nadat dié trekker glo “gevang” is waar hy teen ’n snelheid van 94 km/h tussen Kuruman en Danielskuil “gejaag” het. Behalwe dat die trekker nie so ’n hoë snelheid kan behaal nie, was die trekker, volgens sy eienaar, ook aan die werk op die lusernlande op sy plaas, 700 km van waar die beweerde oortreding plaasgevind het. Mnr. Jim de Villiers, eienaar van dié trekker en die plaas Toitdale in Noupoort, het die boete in sy posbus gekry toe hy van vakansie af teruggekeer het. “Die boete is vir 8 Desember. My Massey Ferguson-trekker was op dié dag besig om lusern hier op my plaas te sny. Boonop kan die trekker nie eens 30 km/h haal nie!” De Villiers het gesê dit was omtrent vir hom ’n nare verrassing. “Ek het die verkeersdepartement gebel en hulle het erken dit is ’n fout. Hulle gaan die boete van my naam afhaal.” Volksblad het telkemale met die munisipale bestuurder van die Ga-Segonyana-munisipaliteit op Kuruman in verbinding probeer tree, maar hy was nie op kantoor nie. Die verkeershoof is nie gemagtig om kommentaar aan die media te gee nie.
|
||||||||||||||
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|