Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 17°C - 30°C> |
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||
|
Blitspatrollie reggeruk ná porno-kykery
DIE regrukkery van Bloemfontein se blitspatrollie ná sy klagte oor porno-kykery daar staaf die Vrystaatse polisie se erns met die misdaadstryd. Dit wys ook hoe mense gehoor kan gee aan pres. Thabo Mbeki se versoek om met die polisie saam te werk in ’n verenigde front teen misdaad, sê mnr. Neels van Rooyen, ANC-LP, oor komm. Amon Mashigo, Vrystaatse polisiekommissaris, se ingrypende stappe vir beter dienslewering deur die blitspatrollie. Dié stappe volg op ’n ondersoek wat Mashigo gelas het ná ’n klagte van Van Rooyen in Oktober. Hy het gekla nadat hy lede van die blitspatrollie in Bloemfontein op ’n Saterdagaand betrap het dat hulle “volwasse vermaak” op televisie kyk pleks van om luiende telefone te beantwoord. Mashigo het Van Rooyen per brief oor “korrektiewe stappe” meegedeel dat die blitspatrollie se bevelvoerder “herontplooi” is. Sr.supt. Cyril Jansen is die nuwe bevelvoerder. Mashigo het ook vier superintendente as skofbevelvoerders en nog bykomende offisiere met die rang van kaptein na die blitspatrollie oorgeplaas. Boonop is die 10111-inbelsentrum se telefoonstelsel met ’n gebruikersvriendelike Avoice-logger@-stelsel vervang. ’n Ondersoek is aan die gang om ’n soortgelyke stelsel vir die gemeenskapsdienssentrum in die Parkweg-polisiekantoor te laat installeer. Van Rooyen is veral in sy skik met die aanstelling van Jansen, wat hom beïndruk het met flinke diens ten tyde van sy klagte. “Dis ook goed om van mense te verneem die blitspatrollie beantwoord nou sy telefone. Ek weet nie of daar nog ’n televisiestel is nie .” Van Rooyen raai mense aan om hulle as ’n blyk van paraatheid aan te sluit by hul gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), wat ook die beste plek is om klagtes oor swak polisiediens te opper. Klagtes kan ook aan die onafhanklike klagtedirektoraat (OKD) gerig word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|