Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 18°C - 29°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

ONS STAD: Dansinstruktrise met 'n passie vir die lewe
Jan 12 2006 07:38:29:790AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

ELIZE COGLE is sinoniem met die woord dansinstruktrise.

Sy gee al danslesse vandat sy in 1978 gekwalifiseer het. Sy kom ook uit 'n prominente dansfamilie, waar sy al van die ouderdom van vyf jaar af dans.

Elize se passie in die lewe is haar liefde vir dans en om alles wat sy doen na die beste van haar vermoë te doen. Sy het ook 'n groot liefde vir kinders en daarom gee sy individuele aandag aan elke danser.

Sy streef daarna om hul volle potensiaal te ontwikkel.

Haar ateljee het deur die jare gegroei. Sy het met 12 leerlinge begin en pronk nou met oor die 200 dansers. Sy gee 'n verskeidenheid danse, wat insluit moderne dans, hip-hop, klopdanse, freestyle (slowdance, ruk-en-rol, hustle), akrobate, Latyn, baldans en buikdans.

Haar studio is een van die topdansskole in Bloemfontein en spog tans met 11 freestyle-kampioenskapdansers, asook drie freestyle kampioen-formasieroepe en haar showdance duet het 'n eerste plek behaal op die SA freestyle kampioenskappe in 2005, wat gereeld kompetisies bywoon.

Dit is nie net kompeterende dansers wat by Elize Cogle se Bloemfontein Dance Connection uitblink nie, maar kinders wat 'n hupstoot in selfvertroue nodig het en kinders wat 'n alternatiewe manier soek om van oorbodige energie ontslae te raak.

Elize gee ook jazz, klopdans en hip-hop soggens en saans vir die ouer dansers wat goeie afleiding van hul daaglikse roetine soek.

Elize hou ook daarvan om haar eie lewe te verryk deur nuwe vorme van dans te bestudeer en in te kwalifiseer, sodat sy een stap voor die res kan bly, die nuutste in haar ateljee is buikdans, wat in Februarie sal begin.

Verskeie van die land se top-akrobate-dansers is al deur Elize Cogle afgerig.

Om 'n hoë standaard te handhaaf het sy vier gekwalifiseerde onderwyseresse, wat deur haar afgerig is, wat in haar diens is: Chantel Cogle volg in haar ma se voetspore en spog met kwalifikasies in Latyn, modern, freestyle en hiphop; Petru Jens (klop); Ansu Colditz (modern) en Clandette Marais (Akrobaat).

Hierdie span van vyf is een om mee rekening te hou, want in hul konsertjaar gee hulle 110%, soos in alles wat hulle aanpak. Bloemfontein Dance Connection doen ook promosiewerk, kontrak optredes en Elize is 'n professionele choreograaf wat talle buiteproduksies choreografeer.

Sy is tans die voorsitter van die Suid-Afrikaans Dans- en Danssportraad van die Vrystaat, en sy is betrokke by dansontwikkeling vir minderbevoorregtes.

Sy het die lewensfilosofie: "Unless you are challenged, there is no work, there is no accomplishment, there is nothing of value, there is no test of your strength. I can do more this year than I did last year, because I've grown meanwhile."

En vir haar leerlinge leer sy: Jy dans soos jy oefen, net soos jy presteer soos jy leer."

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer