Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 3°C - 18°C> |
|
Haal doek en palet uit vir kompetisie
JONG talentvolle kunstenaars kan nou doek en palet uithaal en begin skep aan werke om vir Sasol se 19de Nuwe Handtekeninge-kompetisie in te skryf. Alle kunstenaars ouer as 18 wat nog nie ’n solo-uitstalling (behalwe vir akademiese redes) gehad het nie, mag deelneem. Die totale prysgeld is R100 000 waarvan R60 000 aan die wenner gaan. Die naaswenner ontvang R15 000 en vyf meriete-wenners R5 000 elk. Die wenners word met die opening van die finale uitstalling op 20 Augustus in die kunsgalery in Pretoria bekend gemaak. Kandidate moet een of twee werke voorlê wat op 2 en 3 Julie tussen 10:00 en 16:00 in Bloemfontein, Kaapstad, Durban, Polokwane, Port Elizabeth, Stellenbosch of Pretoria ingehandig moet word. Inskrywings kan ook op dié twee dae deur die internet gestuur word. Die adres is www.sasolsignatures.co.za. Gratis werksessies sal van nou af landwyd gehou word om kunstenaars oor die kompetisie in te lig. Die aanbieder is Franci Cronjé, sedert 2002 die voorsitter van die Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie. Bespreek vir die bywoon van werksessies by Nandi Hilliard, 012-346-3100. Inskryfvorms is ook by Nandi te kry en op die internet by www.artsassociationpta.co.za of www.sasolsignatures.co.za. Sasol bied die kompetisie in samewerking met die Kunstevereniging van Pretoria aan.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|