Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2°C - 18°C> |
|
||||||||||||||
|
Harmony wen @lantic-sewes
Die Harmony-sportakademie het die eerste nasionale @lantic-skole-sewesreeks gewen. Dié Kampioen van Kampioene-reeks het by die Atomic-sportakademie buite Pretoria plaasgevind. Harmony het die Hoërskool Merensky met 33 – 17 in die bekereindstryd gewen. Merensky het die eerste helfte oorheers en halftyd met ’n telling van 17 – 7 voorgeloop. Harmony het alles uitgehaal vir die tweede helfte en daar was geen keer aan hulle nie. Die spelers het draaie om Merensky gehardloop en binne die eerste sekondes van die tweede helfte het Harmony ’n drie gedruk om die telling 17 – 14 te maak. Daarna was die stryd verlore vir Merensky en Harmony het nog drie drieë gedruk. Die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem het Middelburg in die plaateindstryd met ’n telling van 21 – 19 geklop. Upington en Dale College het mekaar aangepak in die bowl-eindstryd. Dale College het met 21 – 15 gewen. In die skildeindstryd het Monument, Potchefstroom-Gimnasium ’n rugbyles geleer en 43 – 5 gewen. Die volgende skole het deelgeneem aan die opwindende toernooi: Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Voortrekker (Bethlehem), Harmony-sportakademie, Hoërskool Excelsior, Potchefstroom-Gimnasium, Hoërskool Middelburg, HTS Vereeniging, Hoërskool New Orleans, Glenwood High, Dale College, Hoërskool Framesby, Hoërskool Upington, Hoërskool Merensky, Hoërskool Monument, Hoërskool Waterkloof en die @lantic Samurai-uitnodigingspan. Deur die reeks is spelers na ’n oefenkamp genooi wat ook by Atomic plaasgevind het. Die @lantic-uitnodigingspan is uit die oefengroep gekies en gaan aan die einde van die maand aan die internasionale Doebai-sewesreeks deelneem. Dié span het verlede jaar sy afdeling met wegholoorwinnings gewen en hoop om vanjaar dié prestasie te herhaal. Twee spelers van die sportakademie Branco du Preez en Christiano Swarts is in dié span opgeneem. Die res van die span is Hoffmann Maritz (Voortrekker), Justin van Staden (Merensky), De Wet Molenaar (Ben Vorster), Jacques Erasmus (Brandwag), Tiaan Dorfling (Framesby), Enrico Acker (Outeniqua), Piet Lindeque (Grey College), Danie Poolman en Jovan Bowles.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|