Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 2°C - 18°C



>

Eindronde: Rugby league is ’n moet
Nov 13 2008 03:27:19:293PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die eindronde van vanjaar se rugby league vind Saterdag hier in Welkom plaas om die Vrystaatse klubkampioen te bepaal.

Diegene wat in dié wedstryd by die Rovers-rugbyklub koning kraai, sal tot die Suid-Afrikaanse klubkampioenskap later vanjaar deurdring.

Die onderskeie spanne het vanjaar al baie goeie spel gelewer. Veral die Aquilas van Bloemfontein het in hul eerste jaar baie goed gedoen en sal die Broncos van Rovers in die eindronde aanpak. Die Broncos is onoorwonne en dit beloof om ’n titaniese stryd tussen die twee spanne te wees. Dié wedstryd skop om 17:00 af.

Die Bulldogs van Virginia en die Titans van Bloemfontein speel om 15:00 vir die derde en vierde plek uit.

Die dag sal ook as proewe vir die provinsiale spanne dien.. Die Goldfield Phantoms en Vrystaat Wild Cats takel mekaar op 29 November op die Noordwes-rugbystadion in ’n interprovinsiale rugby league-dag.

Die program is soos volg:?

Dave van Reenen-beker (junior spanne): B-veld

Eagles vs Vaal Buffaloes (11:20) en Panthers vs Phantoms (13:00).

Johan Roodt-beker:

Vaal Buffaloes B vs Phantoms B – A-veld (11:20), Panthers B vs Wild Cats B – B-veld (14:40) en Eagles B vs Northern Bulls B – B-veld (16:20).

Tom van Vollenhoven-beker: A-veld:

Panthers A vs Wild Cats A (13:00), Eagles A vs Northern Bulls A (14:40) en Phantoms A vs Vaal Buffaloes A (16:20).?

Dit beloof om ’n?uitstekende dag?propvol opwinding te wees en die organiseerders wil graag soveel as moontlik?toeskouers?trek om?in?die sport van die toekoms te deel. Hekgeld is R20 per volwassene en vir skoolkinders is dit gratis.

  • Die puntestand in die liga is soos volg:Broncos (25 punte) – wen al vyf wedstryde.Aquilla (21) – wen vier wedstryde, verloor een.Bulldogs (15) – wen drie wedstryde, verloor twee.Titans (10) – wen twee wedstryde, verloor drie.Cowboys (2) – verloor vier, speel een gelykop.Bravehearts (2) – verloor vier, speel een gelykop.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Reis en Verblyf
    Werksgeleenthede
    Top Afrikaanse Boeke
    Kom ons Kliek
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer