Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 18°C - 29°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Barry moet Carlos Spencer hokslaan
Jul 20 2004 08:44:01:880AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

CHRISTCHURCH. - De Wet Barry, Springbok-binnesenter, gaan waarskynlik die opdrag kry om 'n ogie oor Carlos Spencer, losskakel, in Saterdag se Drienasie-rugbytoets hier in die Jade-stadion te hou.

Die Springbokke gaan Spencer soos vroeër vanjaar in die Super 12kompetisie "aanval" en boelie totdat hy "knak".

"Carlos het in die Super 12-reeks onder druk geknak. As ons dit weer kan regkry, kan ons die All Blackagterlyn ore aansit," het De Wet Barry, onderkaptein en binnesenter van die Bokke, gesê.

Spencer het al dikwels in die verlede gesukkel as sy voorspelers nie die septer swaai nie. Die verwagting is juis dat die All Black-voorhoede in Saterdag se toets hier in die Jadestadion nie met die kragtige Bok-agttal gaan mors nie.

Barry is uitgeknip vir die rol om "koning" Carlos met sy vernietigende plettervatte te ontsenu. Barry het die afgelope Saterdag in Gosford teen die Suidsee-eilande gewys watter invloed sy lakwerk kan hê.

"Die All Blacks het 'n uitstekende agterlyn, maar ek wil hom nie te veel krediet gee nie. Ons wil druk op dié agterlyn uitoefen. Ons moet dan maar kyk wat die uitwerking van dié druk gaan wees."

Die Bokke het die seisoen met vier opeenvolgende seges begin en hulle kan die All Blacks nou met vertroue aandurf om hulle die eerste keer sedert 1998 (Wellington: 13-3) in hul agterplaas te klop.

En die Springbokke het 'n groot rekening om teen die All Blacks te vereffen, want Nieu-Seeland het die afgelope sewe toetse teen SuidAfrika gewen. Geen span ter wêreld kon die Bokke nog sewe keer agtereenvolgens klop nie!

"Ons dink egter nie aan die verlede nie," het Barry gesê.

In 1998 het Pieter Müller, die Bokke se sterk binnesenter, 'n groot invloed met sy lakwerk in daardie sege gehad -- dieselfde rol wat Barry Saterdag kan vertolk.

"Ons sal egter ons verdedigingsplan moet aanpas. Die All Blacks se hardlooplyne verskil van dié van die Suidsee-eilande en dit sal moeiliker wees om die bal van die punte af te sny.

"Ons het egter in die verlede al baie toetse gewen, sonder om alles reg te doen. Die talent is ongelooflik en ons kan net vorentoe kyk. Ons kon die All Blacks nie op 'n beter tyd as nou pak nie. Ons besef hoe belangrik 'n sege vir ons aanslag in die Drienasie-reeks is ," het Barry gesê.

Barry het gesê dit is belangrik dat die agterlyn vinnig betrokke moet raak. "Dit gebeur baie dat 20 minute verby tik voordat ons aan die bal raak. Ek gee nie om of dit op die verdediging of aanval is nie, ek wil net vinnig betrokke raak."

Die All Blacks sal die eerste keer met Barry en Marius Joubert in die middelveld te doen kry.

In die vorige twee toetse tussen die lande was Jorrie Müller en Gcobani Bobo (Dunedin) en Müller en Barry (Melbourne) die senterkombinasies. ) Die All Blacks stoot Saterdag veel groter, ervare skakel- en senterkombinasies as die Bokke in die veld, maar aan die gebruiklike jeugdige avontuurlus skiet dié Bok-viertal nie tekort nie!

Barry speel Saterdag in sy 25ste toets (3 drieë) en Joubert in sy 18de (3 drieë). Teenoor hulle sal Tana Umaga (59ste toets, 28 drieë) en die jong Daniel Carter (13de toets, 148 punte) in die middelveld aantree.

Carlos Spencer speel Saterdag in sy 34ste toets. Hy het reeds 285 punte (14 drieë) aangeteken. Spencer se skakelmaat, Justin Marshall, sal in sy 75ste toets uitdraf, 32 daarvan in die Drienasie-reeks, wat die meeste deur enige speler is. Daarteenoor speel Jaco van der Westhuyzen, losskakel, Saterdag in sy 15de toets en as Fourie du Preez sy skrumskakel is, sal dit Du Preez se vyfde toets wees.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer