Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 2°C - 18°C



>

Corrie genader, Allan ‘beskikbaar’
Oct 02 2007 10:53:10:360PM  - (SA)  
Johann de Jager



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

CORRIE VAN ZYL is genader om die Protea-krieketspan weer as boulafrigter by te staan.

Die huidige afrigter, Vincent Barnes, kan volgens berigte nog voor die einde van die Suid-Afrikaanse span se toer in Pakistan vervang word as sy bedanking intussen aanvaar word.

Van Zyl was tot 2003, eers saam met Graham Ford en later saam met Eric Simons, by die nasionale span betrokke. Destyds het hy dié betrekking laat vaar om meer tyd saam met sy gesin deur te bring.

Dit is onwaarskynlik dat Van Zyl die pos sal aanvaar. Die pos as hoofafrigter is egter ’n ander storie. Barnes wil ook graag ’n hoofafrigter wees.

Barnes het ná Ray Jennings se tussentydse aanstelling ook aansoek as hoofafrigter gedoen. Mickey Arthur se aansoek was egter suksesvol, terwyl Barnes as hulpafrigter behou is.

Barnes het verlede seisoen ook voelers uitgesteek om ’n provinsiale span in Indië af te rig.

Hy het voor die Proteas se toer na Pakistan bedank.

Van Zyl, wat Maandag sy 46ste verjaardag gevier het, wou geen kommentaar lewer nie. Hy is saam met die Diamant-Arende op Pezula, ’n vakansieoord, waar hulle van vandag af teen die Krygers in ’n tweedagwedstryd speel.

Die voormalige Suid-Afrikaanse snelbouler Allan Donald het intussen laat blyk dat hy as boulafrigter beskikbaar sal wees.

Die 40-jarige Donald, wat Engeland die afgelope klompie maande in dié hoedanigheid bygestaan het, het verlede week nog gemor hy sal bitter graag op soortgelyke vlak in sy geboorteland betrokke wou wees. “ ’n Ou kry hier net nie sulke werk nie,” het Donald gesê.

Donald sê hoewel hy intussen ingestem het om Warwickshire heeltyds te gaan bystaan en reeds planne begin maak het om vir twee jaar na Engeland te verhuis, het hy nog glad nie sy handtekening op papier gesit nie.

Die Suid-Afrikaanse kaptein, Graeme Smith, is glo nie ’n groot Donald-voorstander nie. Van Zyl is bekend vir sy goeie dissipline – iets waarby die nasionale span in dié stadium kan baat vind.

Hy het reeds groot welslae met die Diamant-Arende behaal. Hulle het sedert die toekenning van die bedryfsregstel onder Van Zyl die een ná die ander nasionale titel ingeryg. Hulle het met vyf van ’n moontlike ses titels in ’n stadium gespog.

Hulle het die Pro20-kompetsie en die Standard Bank-beker elk twee keer gewen, terwyl hulle in 2005 ook die gesamentlike wenner van die SuperSport-trofee was

Van Zyl is ná die 2005-seisoen ook as die land se afrigter van die jaar aangewys.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer