Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

Rudolph en McLaren groet
Apr 02 2008 11:28:58:167PM  - (SA)  
Johann de Jager



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

DIE Pro20-krieketwedstryd teen die Leeus môre in Bloemfontein is Jacques Rudolph en Ryan McLaren se laaste wedstryde die seisoen vir die Ge-stetner-Diamant-Arende.

Dié twee Kolpak-spelers vertrek Maandag na Engeland waar hulle onderskeidelik vir die graafskappe van Yorkshire en Kent gaan speel.

Die aanvangskolwer Loots Bosman moet hom darem eers op 15 April aanmeld in Indië waar hy vir die Moembaaise bedryfsreg in die Indiese Premierliga (IPL) gaan speel.

Dit beteken die mokerman sal dalk nog vir al drie die Diamant-Arende se oorblywende wedstryde beskikbaar wees.

Die Diamant-Arende kom aanstaande Vrydag op Nuweland in Kaapstad teen die Kaapse Kobras te staan waarna hulle die Sondag in Port Elizabeth in hul laaste wedstryd teen die Krygers speel. Bosman sal egter nie beskikbaar wees as die vroeë voorlopers die halfeindstryd haal nie. Die twee halfeindstryde word op 18 en 20 April gespeel, terwyl die eindstryd van die reeks op 25 April plaasvind. Rilee Rossouw is intussen weer by die groep betrek.

Dié hotklou-kolwer van die Suid-Afrikaanse o.19-span kan na verwagting aanstaande Vrydag in Kaapstad in die plek van Rudolph sy buiging vir die bedryfsreg maak.

Alan Kruger en Adrian McLaren van Griekwaland-Wes is van die spelers wat met die vertrek van Ryan McLaren en Bosman ook weer betrek kan word. ) Esmund van Wyk, ’n veelsydige speler van Westelike Provinsie, het gister saam met die Diamant-Arende geoefen.

Hy is ’n proeflopie van twee dae by die Diamant-Arende gegun wat vandag ten einde loop.

Die spanne is:

Diamant-Arende (uit): Boeta Dippenaar (k), Jacques Rudolph, Loots Bosman, Dean Elgar, Morné van Wyk, Ryan Bailey, Ryan McLaren, Dillon du Preez, Roger Telemachus, Alan Kruger, Thandi Tshabalala, Jandré Coetzee, Rilee Rossouw.

Leeus (uit): Justin Ontong (k), Jean Symes, Alviro Petersen, Vaughn van Jaarsveld, Heinrich le Roux, Warren Swan, Werner Coetsee, Dumisa Makalima, Friedel de Wet, Garnett Kruger, Cliffie Deacon, Shane Burger.
- TV: van 17:45 af op SS/GDN en SS2/DStv.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer