Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 3°C - 18°C



>

SA dalk van Kumble ‘verlos’
Apr 02 2008 11:28:12:683PM  - (SA)  
Jaco van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

AHMEDABAD (Indië). – Die Indiese krieketspan het gister nog asem opgehou oor die beskikbaarheid van sy kaptein en bybreekbouler, Anil Kumble, vir die tweede toets wat vandag hier teen Suid-Afrika begin.

Albei spanne is desperaat om eerste bloed te ruik in die reeks van drie toetse nadat die eerste een in Tjennai onbeslis geëindig het.

Dit sal Indië se tweede terugslag in ’n paar dae wees as Kumble se liesbesering hom verhinder om te speel. Die kolfster Sachin Tendulkar het hom weens ’n liesbesering onttrek.

Kumble, een van slegs drie boulers wat al 600 paaltjies in toetse kon neem, en die snelbouler Ishant Sharma sal vanoggend ’n fiksheidstoets moet slaag. Sharma het die eerste toets weens ’n toonbesering misgeloop.

Dié twee se fiksheid sal ook ’n groot rol in die samestelling van die Indiese span speel. Die Indiese keurders wik en weeg of hulle vyf boulers moet inspan nadat hulle slegs vier voorslagboulers in Tjennai gekies het. “Kumble se onttrekking sal ’n reuse-terugslag vir die Indiërs wees,” sê Graeme Smith, Suid-Afrika se kaptein.

“Hy is nie net ’n ervare speler en uitgeslape kaptein nie, maar ook ’n ware mededinger. Dit sal ’n groot leemte in hul span laat.”

Smith sê daar is geen rede om ná die eerste toets aan Suid-Afrika se span te torring nie.

“Ek is tevrede met ons span en glo ons het ’n goeie kans om hier en in Kanpoer te wen as ons wedstrydplanne reg uitgevoer word.

“Ons sal nie twee draaiboulers kies nie, want ons boulaanval is goed gebalanseerd. As die blad die laaste paar dae baie verweer, moet jy jouself afvra of jy eerder ’n draaier wil trotseer wat teen 80 kilometer per uur boul of een van ons snelboulers wat die bal teen 145 km/h afstuur.”

Kumble steur hom nie veel aan die Proteas se planne om die gevaarlike Virender Sehwag hok te slaan nie. Die Suid-Afrikaners se plan om Sehwag met kort aflewerings te peper, het die tonge in Indië losgemaak. ’n Plaaslike koerant beskryf dit selfs as die “Bodyline-plan” met verwysing na die omstrede tegniek wat Engeland in die jare dertig toegepas het.

“Veru het mos gewys hy kán kolf met sy beurt van 319 lopies. Enige kolwer wat daartoe in staat is om soveel lopies aan te teken, sal ook daartoe in staat wees om enige boulwerk te hanteer,” sê Kumble.

Die spanne is:

Suid-Afrika: Graeme Smith (k), Neil McKenzie, Hashim Amla, Jacques Kallis, Ashwell Prince, AB de Villiers, Mark Boucher, Morné Morkel, Paul Harris, Dale Steyn, Makhaya Ntini.

Indië (uit): Virender Sehwag, Wasim Jaffer, Rahul Dravid, Sourav Ganguly, VVS Laxman, Mohammad Kaif, Yuvraj Singh, MS Dhoni, Irfan Pathan, Anil Kumble (k), Harbhajan Singh, Pi-yush Chawla, Ishant Sharma, RP Singh en Sree Sreesanth.

Skeidsregters: Billy Doctrove en Tony Hill.

Begintyd: 06:30. - TV: van 06:00 af op SS2/DStv.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer