Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 3°C - 18°C> |
|
Arthur in sy noppies met Harris, maar dié draaier sal in toetsreeks teen Indië sy slag moet wys
AHMEDABAD (Indië). – Die Suid-Afrikaanse krieketafrigter, Mickey Arthur, is in sy noppies met die linkerhandse draaibouler Paul Harris. Dié lenige hotklou het sedert sy buiging vir die Proteas 15 maande gelede beïndruk, maar sal vanjaar berge moet versit om hom op die wêreldverhoog te vestig. Hy sal nie net in die huidige toetsreeks teen Indië sy slag moet wys nie, maar ook later vanjaar in die Engelse en Australiërs se agterplase. Arthur het steeds volle vertroue in Harris al het hy in die eerste toets in Tjennai teen Indië nie juis beïndruk nie. Dié draaier het 3/203 in Indië se enigste beurt geneem. “Paul was ’n bietjie op sy senuwees in Tjennai. Wie sal nie verbouereerd raak as Virender Sehwag in só ’n verwoestende bui is nie? “Dit is nou verby en Paul sal in die res van die reeks terugveg,” sê Arthur. “Paul is ’n onderskatte speler in die krieketwêreld. Hy verleen ’n belangrike dimensie aan ons aanval. Hy het die vermoë om een kant van die blad besig te hou. Dan is ons vinniger manne se werklading nie so groot nie. Nou kan Jacques Kallis tien beurte teen topsnelheid vir ons boul en iemand anders doen die donkiewerk. Dit laat ons ook toe om met ons derde bouler aan te val.” Arthur sê Harris is die beste vingerdraaier ter wêreld. Volgens hom is die Suid-Afrikaner ’n beter bouler as Nieu-Seeland se kaptein, Daniel Vettori, en Monty Panesar van Engeland.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|