Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA gaan Zuma gou oor Donen uitvra
Die DA gaan vandeesweek die hantering van die verslag van die Donen-kommissie op ’n vergadering met pres. Jacob Zuma opper.
Koppies-man erg deur eie hond aangeval
’n Boerboel het om onverklaarbare redes sy eienaar verwoed bespring en “stukke vleis” uit sy arms geruk.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 19°C - 28°C



>
Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Volksblad se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Stap saam vir Bybels
Nov 13 2008 01:17:56:253PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretstappers van verskeie kerkgenootskappe kan solank hul stapskoene uithaal vir Saterdag se groot stap ten bate van Bybelverspreiding.

Die pretstap word deur die Bethlehem-Rapportryerskorps gereël. Daar is vier wegspringplekke en al vier roetes eindig by die NG Moederkerk in die middel van die dorp waar elkeen ’n Bybel 75-medalje gaan ontvang.

Daar sal ook worsbroodjies en koeldrank te koop wees. Lidmate van verskillende kerke kan mekaar hier ontmoet en heerlik saamkuier, sê ds. Koos Fourie, woordvoerder.

“Kies die naaste (of kortste) roete aan jou kerk en kom ondersteun ons asseblief,” vra Fourie.

Inskrywingsgeld is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders.

Die vier wegspringplekke is soos volg:

NG kerk Môrelig: lidmate van die NG kerk Bethlehem-Noord, die Evangelies-Gereformeerde Kerk en ander kan hier inskakel.

NG kerk Bethlehem-Eureka: lidmate van die NG kerk Bethlehem-Wes, die AGS-kerk, die Sewendedagse Advenstistekerk, die Volle Evangelie-kerk, die Metodistekerk en ander skakel hier in.

NG kerk Bethlehem-Efrata: lidmate van die NG kerk Bethlehem-Panorama, die Hervormde Kerk, die Baptistekerk en ander skakel hier in.

NG kerk Bethlehem-Oos: lidmate van die Christensentrum, die Lofprysingsentrum en ander skakel hier in.

Navrae kan gerig word aan Fourie by 058-303-7341.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer