Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 2°C - 18°C



>

Jankielsohn glo by registrasie gestamp
Nov 13 2008 01:17:39:237PM  - (SA)  
Susan Maré



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Hoewel registrasie vir die 2009-verkiesing op Bethlehem en die omgewing goed verloop het, het ANC-ondersteuners verlede Vrydag handuit geruk toe hulle mnr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, en lede van sy party vermoedelik hier rondgestamp, gevloek en geskel het.

Die oproeriges is verlede Vrydag deur ’n konvooi van voertuie met ANC-kentekens deur munisipale verkeersbeamptes begelei. Volgens waarnemers het die konvooi deur Bethlehem, Bakenpark en Bohlokong gejaag, rooi ligte verontagsaam en verkeer tot stilstand gebring.

Jankielsohn sê hy is gevloek, geskel en op die rug geslaan. Skelwoorde het ook op dr. Clem Harrington, DA-raadslid, en mnr. Henk van der Walt, die DA se kiesafdelingbestuurder in die Oos-Vrystaat, ge?reën. Die situasie is later deur mnr. Dan Kgothule, ANC-lid in die provinsiale wetgewer, ontlont.

Mnr. Sibongile Besani, Vrystaatse ANC-sekretaris, het later aan Volksblad, moederkoerant van Vrystaat, gesê die DA het probeer om die ANC se veldtog te ontwrig. Sy verskoning vir die verkeersbeamptes wat deur die ANC ingespan is om die konvooi te begelei is dat hul teenwoordigheid nodig was om die verkeer te beheer.

Hy het ontken Jankielsohn is fisiek aangeval.

Jankielsohn se kommentaar hierop is die ANC het munisipale hulpbronne vir party-politiek blatant aangewend en misbruik.

“Dit is tipies van ondersteuners van mnr. Jacob Zuma, nasionale ANC-leier.”

Jankielsohn het voorts aan Vrystaat gesê dit is belangrik dat mense moet seker maak hulle is geregistreer vir die komende verkiesing. Hulle kan hulle steeds by die plaaslike munisipaliteit gaan registreer. Om te registreer is nie net elkeen se reg nie, maar ook elkeen se verantwoordelikheid.

“Elke stem is belangrik en elke stem tel.

“Dit is duidelik Suid-Afrika stuur op ’n koalisieregering af weens die verbrokkeling van die ANC en die stigting van partye.

“Ons het bewys koalisieregerings werk en ’n voorbeeld hiervan is in Kaapstad waar Helen Zille haar staal en vernuf getoon het in so ’n situasie en onlangs selfs as die beste burgemeester in die wêreld aangewys is.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer