Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Groot trap begin in Tour
Die stryd om die Tour de France se groen trui het gister in alle erns begin toe Thor Hushovd van Cervelo die sesde skof gewen het.
Byesiekte wyer as voorheen gehoop
Kliniese simptome van die gevreesde Amerikaanse jongbysiekte is in byekorwe tot so ver as Oudtshoorn gevind.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem 2°C - 18°C



>

Park nou ‘raashool’
Nov 13 2008 01:17:37:377PM  - (SA)  
Susan Maré



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Van ’n spognatuurpark tot ’n drank- en raashool.

Dít is die Dihlabeng-munisipaliteit se antwoord op die hoë standaard van die Hoogland-natuurlewevereniging toe laasgenoemde nog dié park eervol en intelligent bestuur en beheer het.

Die euwel waarmee inwoners teenaan Pretoriuskloof op Bethlehem moet saamleef, is volgens hulle groot groepe mense wat van so ver as Qwaqwa op die park toesak met kaste vol drank en klanktoerusting – om mens en dier se rus en vrede in dié omgewing te versteur. Die afgelope tyd moes die polisie telkens ingryp om wanorde in Pretoriuskloof te hanteer. Een van die inwoners met wie Vrystaat gepraat het wat langs die kloof woon en wat verkies om anoniem te bly, sê hy sou miskien nog die oorverdowende musiek uit die park kon hanteer, maar nie dat dié partytjies gewoonlik met vandalisme in die straat voor sy deur eindig nie. Bierbottels vlieg gereeld soos missiele deur die lug en eindig flenters op verandas en in opritte. Die verkeer in die straat is dikwels iets wat ’n mens nie wil beleef nie. Elke voertuig is ’n mobiele disko wat musiek op die hoogste volume uitdoef en -basuin. Die ergste is egter wanneer dronk mense teen die mure van die aangrensende meenthuiskompleks urineer ondanks goeie geriewe wat die munisipaliteit wel in die park beskikbaar gestel het.

“Daar is nie voorsiening vir behoorlike veiligheid nie, drank word vryelik in die park ingebring en mense hou luidkeels partytjie, dikwels tot middernag. Waar is die munisipaliteit se verkeerspersoneel as mense dronk in hul voertuie klim en wegry van die park? Moet ons as inwoners tevrede wees met dié toedrag van sake? Moet ons tevrede wees dat die manier waarop Pretoriuskloof deur die munisipaliteit bestuur word tot nadeel strek van die waarde van ons eiendomme? Dit is duidelik dat die Dihlabeng-munisipaliteit Pretoriuskloof nie kan bestuur en beheer nie. Die polisie op Bethlehem deel ons inwoners se kommer en besware, omdat die aktiwiteite in die kloof glo ook verband hou met misdaad. Waar is die wyksraadslid? Waarom is die Dierebeskermingsvereniging stil oor Pretoriuskloof? Waar is die munisipale bestuurder as dinge handuit ruk in die kloof?”

Mnr. Pieter Olivier, voorsitter van die Bethlehem-toerismekomitee (Bethtourkom), sê die huidige stand van sake in Pretoriuskloof is ’n bewys dat ’n stadsraad nie ’n park, vakansieoord of natuurreservaat kan en moet bedryf nie. Dit moet geprivatiseer word en waar moontlik deur die stadsraad gesubsidieer word. “Pretoriuskloof is ’n nasionale gedenkwaardigheid. Dit is ’n absoluut unieke verskynsel om so ’n pragtige stuk natuur in die middel van ’n dorp se sakesentrum te hê – ’n park wat omring word deur hoë kranse en boonop ’n rivier het wat daardeur vloei. Pretoriuskloof is belangrik vir sy natuurlewe van voëls, kleinwild soos bokkies en ander diere en dit is jammer dat die munisipaliteit die Hoogland-natuurlewevereniging hier uitgeskop het. Die vereniging het groot planne gehad om die park tot ’n nasionale sieraad te ontwikkel.” Mnr. Corrie Craven, bestuurslid van die Hoogland-natuurlewevereniging, sê hy is bewus van die ontevredenheid en dat die plek agteruitgaan. Hy meen dit is ’n hartseer dat die park nie meer onder die natuurlewevereniging se hand is nie. Dit is duidelik dat die munisipaliteit nie in staat is om dié mooi park te bestuur nie.

Die munisipale bestuurder, mnr. Sandile Msibi, het teen druktyd nog nie op Vrystaat se versoek om kommentaar te lewer, gereageer nie.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Werksgeleenthede
Top Afrikaanse Boeke
Kom ons Kliek
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer