News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
    Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 19°C 28°C
KPT 16°C 23°C
JHB 15°C 27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
18/11/2008 10:09  - (SA)  
De Blog-sem in: Boks is ook nie meer wat dit was nie
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Genade, op 46 is Evander Holyfield gereed om weer eens om die wêreld se swaargewig-titel te boks; dié ene van die WBA, een van die stuk of tien sulke titels wat deesdae beskikbaar is.

Swaargewig-boks ontketen amper dieselfde gevoel in my as Suid-Afrikaanse sokker: sjoe, dit wás darem lekker, ook nie al te lank gelede nie, maar nou stink dit soos ‘n oop drein.

Die uwe is so oud soos Holyfield en gee toe: eerwaarde Evander kan my sekerlik bliksem, maar dat hy reken hy kan dieselfde doen aan Nikolai Valuev, die kampioen, sê als wat jy oor die stand van sake wil weet.

Holyfield het sy laaste vier titelgevegte verloor. Laas wat hy inderdaad gewen het, het hy John Ruiz om die einste WBA-titel gepak. En raai vir wie het Valuev geklop om die nuutste! blinkste! grootste! (die laaste is dalk wel waar – teen 2.13 meter en ‘n stuk of 120 kilogram sal ek nie sommer Nikolai se meisie gaan opchat nie) WBA-titel syne te maak?

John Ruiz.

Valuev is self al 35 jaar oud, maar vir die groothonde het boks nie meer die aantrekkingskrag van destyds nie. Daar is vir swart Amerikaners makliker geld te verdien in, sê, Amerikaanse voetbal as jy onverskrokke, groot en vinnig is as in die bokskryt.

As hy nou sestien was, het Holyfield gekorrel om eendag tight-end te speel vir die Redskins of iemand.

Latyns-Amerika, Suid-Asië en Afrika – Amerika ook - lewer steeds uitstekende bakleiers in die laer gewigsafdelings, maar Oos-Europa is waar al die (twyfelagtige) swaargewig-aksie deesdae is

Ek kan nie beweer ek het Valuev al sien baklei nie (ek is seker hy sal my ook kan bliksem), maar sy grootte, ouderdom en die feit dat hy reeds in die films Stonehead en 7 Zwerge – Der Walt Is Nicht Genug toneel gespeel het, laat by my min twyfel dat ek ook nie haastig is nie.

Blykbaar dig hy ook; nou ja, Steve Hofmeyr, Matthews Phosa en die bure se dogter dig ook almal.

Holyfield het glo g’n keuse nie – vir al sy eerbare oortuiginge had hy skynbaar ook maar gestruikel oor sy peester en moet hy nou maandeliks die tipe onderhoud betaal waarmee ek en jy woonstelblokke langs die see sou koop. In Japan.

Ek onthou goed dat ek jare terug met ‘n seer gewaardeerde oud-baas, Johann Holzapfel, by Die Burger sit en stry het oor die grootste sport-titel van hulle almal. Sy keuse was die Olimpiese Spele 100 meter-goud; myne die swaargewig-bokstitel, toe verenig deur Mike Tyson.

Spansport het sedertdien heeltemal oorgevat, maar Appel was loshande reg: Usain Bolt se 100-goud kan my nou nog vir ‘n halfuur opgewonde laat gesels – ek het egter eers van Nikolai Valuev se bestaan bewus geraak toe Holyfield besluit het om hom uit te daag.

Van die os op die esel – daar is ‘n uitstekende onderhoud met die oud-kampioen Joe Frazier, deur Donald McRae, op die Guardian se webwerf. Dis die moeite werd om die breë trekke te vertel.

Smokin’ Joe is deur Muhammad Ali sleg gesê soos g’n ander mens nie. Niemand het soveel rede om Ali te haat soos hy nie – dié het hom as gatkruiper by witmense, dom, platneus en min of meer elke ander dwaling op aarde beskuldig.

Hulle het mekaar een keer elk geklop toe hulle daai aand in Manila deur die toue geklim het.

”It’s gonna be a thrilla and a chilla when I kill the gorilla in Manila,” het Ali oor Frazier geweet te vertel. Hy had rede om erkentlik teenoor Frazier te wees, maar het waarskynlik besef dat jy enige manier moet gebruik om Frazier (’n vroeë Tyson, met dissipline) te klop.

Ali het nooit opgehou om vir Frazier sleg te sê nie. Dit was soos die outydse Jakkals en Wolf-stories. Dié dat ek, ‘n lewenslange Ali-bewonderaar, amper trane moes sluk toe ek lees wat in Manila gebeur het.

Frazier was sy loopbaan lank blind in een oog, maar het wonder bo wonder wêreldkampioen geword met dié gebrek en al. Die aand in Manila was sy siende oog egter ná die veertiende ronde (ja, daar was drie ekstra destyds) ook toegemoker.

Frazier se afrigter, Eddie Futch, het besluit om handdoek in te gooi, hoewel dié teëgestribbel het. Terselfdertyd het Ali vir Angelo Dundee gevra om die handdoek in te gooi. Futch was ‘n paar sekondes vinniger as Dundee.

Frazier het verwoed en verblind in die kryt rondgesteier, nog lank nie lus om bes te gee teen sy nemesis nie. Vandag wonder hy hardop wie tóg eindelik dié geveg gewen het: hoeveel het daai verskriklike bakleiery met Ali se Parkinson’s uit te waai gehad?

Dis ‘n grusame, interessante storie.

Daar is so te sê g’n kans dat ons eendag so ‘n storie oor die Holyfield/Valuev-”kragmeting” sal vertel nie. Moet ‘n mens bly wees hieroor of hartseer?


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
wie was die beste?, 25/11/2008, KevinD
G'day Wie was jou beste no.7 van alle tye? Gaan lees gerus: http://dieburgerblogs.mweb.co.za/ViewComments.aspx?mid=3437&blogid=70
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo