| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
19/11/2008 15:17 - (SA)
Fliekvlooi: Twee skitterende holocaust-prente
Hoe behou ‘n mens jou menslikheid te midde van onbeskryflike lyding en pyn? Dink byvoorbeeld aan die konsentrasiekampe, hier in ons eie land sowel as dié in Europa tydens die tweede wêreldoorlog. (Oor die plaaslike konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog kan mens dalk wonder watse uitwerking dit op die Afrikaner-psige gehad het in die lig van hoe die geskiedenis in hierdie land daarna verloop het.) Daar draai tans twee uitstekende rolprente oor juis hierdie onderwerp. In Fugitive Pieces, gegrond op die gelyknamige roman van Anne Michaels, sien ons hoe ‘n kind grootword en sy hele lewe lank soek na antwoorde nadat hy sy ouers gesien sterf het aan die hand van die Nazi’s en sy suster ontvoer is, om nooit weer van gehoor te word nie. Waarmee hy die meeste worstel is die onsekerheid oor wat van sy suster geword het. Hy soek oral na haar, onthou haar in die musiek wat hy hoor, kan nie tot rus kom nie. En dan is daar ook die kwessie van oorlewingskuldgevoelens (survivor guilt). Van die resensente se kritiek was dat daar te veel gewroeg word in dié rolprent, maar ek kan nie sien hoe dit moontlik kan wees dat ‘n mens nié wroeg oor sulke gruwelikhede nie.Dis ook goed om van tyd tot tyd herinner te word aan die afskuwelikhede wat mense teen mekaar pleeg, alte dikwels onder die dekmantel van godsdiens, rasse-meerderwaardigheid en blatante liefdeloosheid wat uiteindelik in sielsvernietigende ideologieë uitloop. Ek hoor nou die dag by ‘n vriendin wat lank in Duitsland gewoon het dat Duitse skoolkinders verplig word om ten minste één besoek aan een van die doodskampe tydens hul skoolloopbaan te bring. Sodat niemand vergeet nie. Sodat die verskrikkingsgeskiedenis nooit herhaal word nie. Die ander fliek teen dié agtergrond is The Counterfeiters, weliswaar ietwat uit 'n ander invalspunt as die vorige, maar uiters boeiend. Dit verloop soos ‘n spanningsverhaal reg van die heel boonste rak af en daar is net nie één enkele vervelige oomblik nie. Moenie toelaat dat die onderskrifte jou afskrik nie (die fliek is in Duits verfilm), kort voor lank kom jy amper nie eens meer agter dat jy die dialoog lees nie. Dit het die Oscar vir beste buitelandse rolprent vroeër vanjaar dubbel en dwars verdien. Dit handel oor ‘n groepie uitgelese Joodse gevangenes wat, anders as die ander inwoners van die kamp, goed behandel en gevoed word deur die Nazi’s. Maar helaas natuurlik teen ‘n prys: hulle moet Britse pond- en die Amerikaanse dollarnote vervals en dit só oortuigend doen dat selfs die Switserse bankiers gefnuik kan word. Ánders... Die dilemma van hierdie span is ‘n uitmergelende morele tweestryd: óm hulle vier dood, mishandeling en intense menslike lyding hoogty onder hul mede-Jode, maar hulle steun in werklikheid die Duitse oorlogpoging met die werk wat hulle doen. In ruil vir beter kos; geriewe en natuurlik hul lewens. Van die mans het reeds hul vrouens en kinders in Auschwitz verloor, en die besef dat hulle in die hand van die moordenaars speel word ‘n pynlike sielkundige foltering vir hulle. Die protagonis (skitterend vertolk deur die enigmatiese pokergesig-akteur Karl Markovics) is ‘n bekende - of eerder berugte - vervalser wat reeds voor die oorlog ‘n rojale bestaan uit sy bedenklike kunsvorm gemaak het. In die kamp word hy vinnig gewerf om die vervalsers te lei in hul pogings om die volmaakte note te vervaardig. En vir dié wat hierdie haglike omstandighede oorleef, wat gebeur daarna? Hoe pas mens weer in ‘n “normale” wêreld aan? Ek wil dié twee flieks van harte aanbeveel en sal ook graag wil hoor van lesers wat dit reeds gesien het. Albei die rolprente is op die kuns-kringloop te sien en albei is gebaseer op ware gebeure.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|