27/12/2008 09:43 - (SA)
Tim gesels: Dié alliansie is verrot in sy kern
Ek wou eintlik ’n opgeruimde rubriek geskryf het, maar sedert ek die Sunday Independent se hoofberig gelees het, draal ’n gedagte in my kop wat al die hele week nie wil wyk nie:
“Messe uit vir Motlanthe. Fluisteringe oor ’n beweerde liefdesverhouding is deel van ’n komplot om die weg te baan vir Zuma,” het die opskrifte gelui.
Aan die hand van bronne word berig dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SA Kommunistiese Party, voer ’n skinderveldtog teen pres. Kgalema Motlanthe omdat Nzimande glo Motlanthe wil aanbly as president ná aanstaande jaar se verkiesing.
Nou beplan Nzimande blykbaar om Motlanthe te embarrasseer oor ’n beweerde buite-egtelike verhouding tussen die president en ’n ANC-werknemer.
Nzimande wil ook nie hê Motlanthe moet aanstaande jaar die tradisionele openingsrede in die parlement hou nie om die opvatting te bestry dat die publiek geheg raak aan Motlanthe.
Behalwe dat die mense van Motlanthe begin hou, is die president se “sonde” ook dat hy hoflik optree teenoor oudpres. Thabo Mbeki, dat hy nie ingryp om mnr. Jacob Zuma se vervolging te stop nie en dat hy nie die SAKP se “opdragte” gevolg het met die aanstelling van ministers nie.
Op die grond van dié “klagstaat” moet hy nou uitgeskinder word. Wat ’n toestand!
Hier’s die blywende indruk wat dié berig by my gelaat het: Die ANC-alliansie is verrot tot in sy kern.
Carl Niehaus en Jesse Duarte het die bewerings hot en bles ontken.
Maar ek kon my eenvoudig nie sover kry om hulle te glo nie. Want dit klop met my eie intuïsie van watter soort instelling die ANC-alliansie geword het.
Die Mbeki-manier van politiek bedryf is nog springlewendig. Volgens sy biograaf Mark Gevisser glo Mbeki mos “alle politieke mag word deur sameswering verkry en verloor”.
Hoe siek. Hieroor sal Mbeki sy aftrede slyt as ’n tragiese figuur.
Ek is nie naïef nie, ek weet in die politiek kom jy net bo uit as jy geen genade vra nie en nog minder betoon. Maar iewers is daar paal en perk …
Enige instelling of onderneming met karaktermoord en fluisterveldtogte as ’n “strategie” vir die aanwending van sy mensekrag is gedoem tot ondergang.
Vroeër of later, bes moontlik vroeër.
Wat dit alles vir ons sê, is dit: ongeag wat Suid-Afrikaners met hul land wil bereik, hulle sal dit al hoe meer buite-om die ANC-alliansie moet doen.
As ’n dryfkrag in die breër samelewing is die alliansie vasgevang in ’n uitgerekte ritueel van selfvernietiging.
Net ’n Nelson Mandela, ’n Walter Sisulu of ’n Oliver Tambo sou dit kon stuit en/of omkeer. En so ’n figuur is nêrens in sig nie. Nie eens op die verre horison nie.
Gewone Suid-Afrikaners en leiers in ander invloedsfere sal toenemend die inisiatief neem vir sulke noodsaaklike dinge soos groter nasionale eenheid, morele herstel, die verligting van menselyding, die skep van geleenthede en vir alles wat val onder die breë rubriek van “Om Suid-Afrika ’n beter plek te maak”.
En dis reg en dit hoort so.
So, dalk is die rubriek tog nie so neerdrukkend nie!
* Aanstaande Sondag kan ons gerus ’n bietjie saamgesels oor wat jy en ek dink in 2009 op ons land en die wêreld wag. Skryf jou wyshede in die loop van die week op my blog, of e-pos na redakteur@rapport.co.za.
Stuur ’n faks na 011-713-9977. Merk dit “Vir Tim se rubriek”.
|
| |
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
|
 |
Sal Ekonomiese toedrag van sake uitslag van verkiesing bepaal?, 30/12/2008, Brentie
Luister 'n mens na die uitsprake van'n aantal ekonome wil dit voorkom dat
heelwat afleggings in 2009 gaan plaasvind agv die afplattende ekononomie
en 'n halstarrige hoe inflasiekoers.
Volgens die ekonome het die geweldige
groei in Sjina se uitvoer die land
instaat gestel om sy bruto binnelandse
produk op ongehoorde hoe vlakke van
groei te plaas.Die Sjinese het dus meer
geld tot hul beskikking gehad en kon
dus globaal meer bestee tot so'n mate
dat hul ekonomie oorverhit het.
Die Amerikaners aan die anderkant
het deur oormatige kredietverlening
veral in die huismark in die pekel
beland en moes die motorbedryf veral
deur groot staatslenings van bakrotskap
gered word.In Europa begin die skoen
ook te druk en sluit talle bekende handelsname waaronder Woolworths van hul
takke in Engeland.Dat die wereld rkonomies in die knyp is is nie te betwyfel nie.
Ook in Suid Afrika begin die skoen te druk en kan 'n mens op verskillende
banke se webwerwe 'n goeie prentie
kry van die aantal huise wat teruggevat
word afv wanbetalings en as jy nou voldoende fondse het behoort jy 'n paar winskopies raak te loop.
Die vraag wat nou ontstaan gaan Cosatu
en SAKP die ekonomiese verknorsing
toeskryf as die produk van die kapitalistiese stelsel en sodoende
'n meer sosilistiese/kommnistiese
stelsel propageer met meer staatsinmenging en dit as 'n oplossing
aand die toenemende aantal werkloses verkoop? |
Regering verrot, 30/12/2008, Herman Moolman
Ai, TIm, hoe raak slaan jy nie die bal nie! Ek het nog altyd gesê dat daar min dinge so frustrerend kan wees as om deur idiote gelei te word. Die optredes van die afgelope jaar het hierdie feit bevestig. Zuma, Malema en Vavi is vreesaanjaende "leiers" en spel min wat goed is vir SA. Die tot standkoming van COPE is die beste ding wat nog in SA politiek gebeur het sedert 1994. Alhoewel COPE steeds net 'n "ontnugerde" ANC is, hoop 'n mens dat hierdie leierskorps sal wegdoen met die fanatieke rassekaart en poog om 'n werklike opposisie rol te speel saam met ander partye. Is dit naief om te hoop dat hulle erkenning ook aan blankes se rol in SA sal gee? Tov die komende verkiesing kan ons in 2009 verwag dat die Afrika sindroom van intimidasie en afdreiging - veral in plattelandse areas hoogty sal vier. Die ANC sal nooit, nooit 'n loesing aanvaar nie, demokrasie is slegs 'n woord wat gebruik word wanneer dit hulle pas. Ongelukkig is ons onderwysstelsel 'n gemors, want mense wat oningelig was in 1990, is nog steeds, maar is nou ook al gebreinspoel. Ek verwag probleme daar, maar hopelik sal die komende sokker toernooi in 2010 genoeg druk toepas op die regering dat nugtere denke tog iewers opduik. ('n Mens kan net hoop)
Ek hou duimvas dat COPE 'n wending is na werklike politieke wasdom in Suid Afrika.
Dankie vir jou skitterende redaksionele kommentaar die afgelope jare, en veral die kaalvuis wyse waarop Rapport die regering se droogmakery ten koste van die burgers van hierdie land aanvat. Ek sien uit daarna om meer van jou in Beeld te lees. (Hou net asb die skeisake, ouvroustories en Steve van die voorblad af).
Beste groete vir 2009,
Herman Moolman |
Groete uit Nieu Seeland, 30/12/2008, danie
Danie Els: "Ironies - Polokwane was toe ons redding om Suid-Afrika weer op die regte pad te kry! Ek is baie positief oor ons land se toekoms!"
en
lionel ivanhoe victor: "hoe gouer die ANC tot n val kom hoe beter en makliker sal dit vir SA wees om te herstel"
Is julle ouens op medikasie? Afrikalande "herstel" nie en word nie teruggeplaas op die "regte pad " nie! Is julle regtig tevrede daarmee om in daardie gemors te leef en dink julle waaragtig "alles gaan regkom"?
Hiehiehiehie... |
Tim se briljante dogter, 30/12/2008, Matt Heyns
Tim,my pa se n stoetbul gooi net vers kallers.Gee asb jou resep vir die jonger geslag.Sy lyk net soos haar pa.Maar ons dank die vader sy is gesond!Hartlik geluk aan jou en jou eggenote.Ons hou julle dop! SA het burgers van julle kaliber brood nodig!Hoe lyk dit? |
Apartheid in die sakke, 30/12/2008, Matt Heyns
Konflik tussen wit en swart in SA het verander na konflik tussen ryk en arm.Die ergste bedreiging van die nuwe veelrassige elite kom van die groeiende ontnugtering,frustrasie en ongeduld van die massa armes.Nou dat die vrot ANC ons so by so in n staatlose staat in regeer het.Hierdie toestand vererger by die dag.Die massa ongeligte bevolking was onbelemmerd aan.Die erge gevolge van faktore soos misdaad,dakloosheid en hoe vlakke van werkloosheid word maklik skouer ophalend erken.Terwyl die klein veelrassige elite deur tegnologie en nuwe besigheid hulle lewensstyl daaglik verbeter is daar n massa armes wat op die kantlyn sit.Sodoende sal die duur handhawing van sekuriteit vir die elite later onbekosbaar duur word.Wie gaan dan van hierdie vrot toedrag van sake rekenskap gee? Moet ons kinders hierdie prys betaal? Ongelukkig weet ons nie wat die aard en omvang van die afreken inhou nie.Ons weet ook nie wanneer dit gaan gebeur nie maar dit sal wel gebeur as die kiesers hulle kruisies op die verkeerde plekke maak.Shalom! |
VF Plus en die ateiste, 29/12/2008, Hugo G
Anton: Ek moet bieg ek het nie jou hele debat gelees nie, maar wel jou verwysing na die ateistiese DA. Nou vra ek jou met trane in my diepblou oe: Indien die VF Plus (wie die duiwel is die plus?) die onmoontlike doen en die balans van mag in die denkbeeldige Magatlappie (aldus die SA mitologie, die kleinste en polities-konserwatiefste dorpie in die land) behaal (dit wil se indien die VF Plus met een van die groot partye saamwerk sal die koalisie regeer), met wie gaan saamgewerk word? Gaan die VF Plus met die Marxiste (SAKP en COSATU) in die ANC saamwerk; die argitekte van regstellende aksies in COPE; of die "ateiste"? En, indien my aanname reg is en jy jou politieke vorkeure op super-Christenskap en gepaardgaande diep gelowige Afrikaner geestelike waardes skoei, hoe voel jy daaroor dat die VF Plus heel onBybels reeds, toegeggee hoogs beperk soos in Stad Kaap, met die "heiden" aan een juk trek? Op sy eie gaan die VF Plus sekerlik niks wen en regeer nie, nie eens Orania nie. |
COPE se ware doel, 29/12/2008, Hugo G
Daar is JZ se ANC en die eks-prez se ANC en weens hulle aard, wat op stuk van sake van onverkwiklikheid wriemel en boonop van morele hoë gronde gestroop is, laat beide politieke manifestasies my kriewel. COPE en die ANC, twee koppe van dieselfde slang en anderkant beide se vurktongetjies skuil die ergse gifsakkies en -tande onde Afrika-son. Dit is dieselfde wêreldse gierigheid en magswaansin wat die twee koppe aan die baklei het. Ter wille van 'n splinternuwe Suid-Afrika - ja, na net 14 jaar van die "nuwe" Suid-Afrika soek ons alweer na die beloofde land - hoop ek dat die koppe mekaar en die slang sal uitwis. D?in en net in d?l?ie waarde van COPE. Laasgenoemde moet help om die ANC se mag te breek en self nietig bly. Kragtig genoeg egter om dié wat kan regeer (lees die DA en OD) te bemagtig. As die ware betekenis van COPE verstaan word en dit lyk al of die ANC begin sien waar die wortel begrawe lê, sal die lesers begryp waarom JZ se ANC soos 'n kat is wat 'n eierdans op 'n hetige sinkplaatdak doen. Die ANC besef dat COPE die politieke landskap in Suid-Afrika onomkeerbaar gewysig het en dat die nuwe party en die DA kliphard na mekaar vry. Die ANC weet dat COPE en die DA, in koalisie, die steun van die kapitaliste, gematigdes en perseptuele Afrikane gaan kry. Die ANC weet dat Cope en die DA geweldig baie van die ANC se stoere middelklas ondersteuners gaan afrokkel en dat dit groot getalle Swartmense insluit. Die ANC weet dat hulle na die mense op tekkievlak en die fasciste en verbitterdes moet terugkeur om COPE en die DA te klop. Om sy teikengroep te bereik moet Zuma en kie die "masjiengeweer" teen die omvangryke middelklas en dié wat die ANC andersins ontgroei of sonder hulle groot geword het, die groot klomp jong kultuur-onverbonde kiesers, inspan en hulle "kanonne" op dié groepe rig. Die ANC weet dat dit nie gaan help om by die Wittes en Bruinmense te werf nie, daar het hulle reeds verloor toe hulle misluk het om van die land ?n veilige tuiste vir almal te maak en om Boesak te "koop". Die ANC mik na die tradisionaliste, wat ek glo minder is as wat die ANC meen, en hulle poog om laasgenoemdes te be?ruk deur die persepsie te skep dat 'n nuwe "oorlog" ter wille van menseregte begin het. Danksy voormalige ANC-leiers se vertonings sedert 1994 wag ?n slegte ervaring vir die ANC in die komende Nasionale en Provinsiale verkiesings. Die kiesers waarop hulle hoop is keelvol vir armoede en haglike regeringsdienste en -prestasies. Daardie kiesers gaan nie noodwendig vir Cope of die DA stem nie, maar hulle sluk swaar aan die nuwe "struggle". Daarom gaan hulle gewoon die verkiesing ignoreer. Die ANC gaan van sy huidige 70%-steun waarskynlik 20% aan Cope afstaan en verdere persentasiepunte verloor omdat hulle gevolg nie by die stembus gaan opdaag nie. Die ANC gaan net-net wen of net-net nie 50% stemme kry nie. Daar is 'n realistiese moontlikheid dat die ANC se mag deur 'n massiewe koalisievorming tussen ander partye verbreek kan word. Of die ANC net-net wen of verloor, hulle mag is gebreek en na die volgende verkiesing gaan hulle nie kan maak en breek soos in die verlede nie. Daar is lig aan die einde van die tonnel, want namate die ANC verswak gaan die Republiek en sy mense groei. |
Vir Tim se rubriek., 29/12/2008, nic
Cope in drag, 28/12/2008, Anton : hy som die hele situasie heeltemal perfek op sonder dat enige meer kommentaar nodig is vanaf my kant. WELL SAID ANTON !!
|
Alliansie verrot in sy kern., 29/12/2008, Attie
Ek stem grootliks saam dat dit nie so hoort nie, maar as die feit dat dit nie so hoort nie en dat dit 'n Afrika siekte is en dat ons na Zimbabwe as 'n voorbeeld verwys van hoe dinge nie behoort te wees nie, gaan ons ook soos die "NGO's" iets begin doen wanneer dit te laat is.
Die maklike uitweg is om weer en weer te wys op alles wat verkeerd is, terwyl ons die kanse om 'n verskil te maak by ons verby laat gaan. Dit lyk soms vir my asof ons baie goed daarin slaag om te wys op die dinge wat verkeerd is en waar ander misluk ten einde die klein verskille wat ons kon gemaak het, te ignoreer - en op hierdie wyse ons verantwoordelikheid te systap. |
Die Gematigdes sal ons red, 28/12/2008, bardipner
Die feit dat JZ die aangewese president is beteken nie veel nie. Hy is net 'n "figure head" wat as uiters manupileerbare posvuller optree namens die NEC (National Executive Committee) wat alle beleid formuleer. Die NEC is 'n skepsel van SAKP/Cosatu (twee sye van een munt) waar die wqare mag is - Let op die inter-afhanklikheid van die hele lot. Die ware kern van politieke mag is in die getalle, nl die werkersklas (Werkers en werkloses) en die uiters armes. Costau gee nie werklik om as sy stakings weens enige onsinnige rede ookal miljoene afleggings en bankrotskappe veroorsaak nie. Hoe meer wekloses hoe beter, want soveel intenser die frustrasie teen die "kapitalistiese eksploiteerders." Voor hy die land kan verander moet hy in elk geval die bestaande idiologiee en magsbasisse afbreek. Dan kan hy sy eie Cuba hier skep. Maar die skrif is aan die muur. Gematigdes soos Manuel, Mboweni en baie ander verantwoordelike ANC leiers sal wegbreek en saam met ander partye se gematigdes (alle rasse) die kern van ons toekomstige politiese helde-groep wees. Dan sal RSA waarlik demokraties word, met standaarde, sonder rassisme. 'N Zulu-party soos IVP sal nie bestaansreg he nie, en die VF+ sal ontbloot word as 'n Edms. Bpk van die Mulder familie |
Party-keuses vir 2009, 28/12/2008, Anton
Koalisie-politiek, soos bedryf in Europa, is nou ons voorland. En dis goeie nuus, want in sommige provinsies en plaaslike rade sal koalisies van opposisie-partye die leisels van regering kan oorneem. Let wel: dit gaan bestaan uit koalisies van partye - groot en kleiner - en nie net een party nie, want COPE en die DA sal nooit sovel stemme op hulle eie kan verwerf ten einde self te regeer nie. Dis ook goeie nuus, aangesien daar dan 'n groter verskeidenheid van stemme in die regering sal wees wat 'n diverse demokrasie sal verseker. Die uiteindelike implikasie hiervan is dat kiesers nie meer strategies teen die ANC hoef te stem nie, maar nou vir die party kan stem wat hulle hartsbelange verteenwoordig. Daardie stem sal nie 'n gemorsde stem vir 'n sogenaamde kleiner party wees nie, aangesien daardie kleiner party die 'koningmaker'-rol sal speel deur die meerderheid vir die koalisie te verseker en sodoende ook regering-status. In Kaapstad was Helen Zille nie die heldin wat die koalisie uiteindelik laat werk het nie, maar inderdaad die ACDP en die VF Plus se strategiese samewerking. Daarom is dit 'n wonderlike dag dat Afrikaners wat bekommerd is oor hulle taal, kultuur en hulle algemene welsyn in SA, nou vir die VF Plus kan stem, met die grootste gemak. Baie wat die DA gesteun het bloot uit vrees vir die ANC, kan nou gerus weer 'n tuiste vind waar hulle hoort. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink dis presies wat in 2009 gaan gebeur. Die voordeel daarvan?: die party sal meer gesag he om met 'n demokratiese verkrygde mandaat namens Afrikaners (en ander minderhede) sake met die sentrale regering aan te voer wat hulle raak en druk te plaas waar nodig, binnelands en buitelands by wyse van internasionale regs-instrumente. Die feit is, meeste Afrikaners en minderhede is sosiaal-konserwatief: dws glo in Christelike en familie-waardes. Die DA en COPE het geen program van beginsels om hierdie waardes te beskerm nie, net die VF Plus. Daarom glo ek sal die oorwegend konserwatiewe Afrikaners en minderhede hulle plek uiteindelik net in een party kan en sal vind, en dit kan nooit die ateistiese DA of COPE wees nie. |
Tim se rubriek 28/12/2008, 28/12/2008, PC Badenhorst
Mandela, Sisulu en Tambo sou dan die verval/verrotting kon stuit, aldus Tim.
Mandela het sy goedkeuring vir die Kerkstraatbom uit die tronk gegee; Sisulu en Tambo is blinkgevryfde moordenaars wat net in 'n Swart konteks waardeer word.
Gaan kyk maar na www.plaasmoorde.co.za; daar is 'n videogreep van Mandela wat saam met Kasrils en hul trawante vuis in die lug sing dat die 'Ama-Bulu' doodgemaak moet word. Wanneer gaan ons wegkomvan die St Nelson-mite ? |
Tim se rubriek, 28/12/2008, Qvadis
Suid Afrika is die laaste vesting,en die "Buite wereld" lag in hulle moue,soos Suid Afrika elke dag steen vir steen afgebreuk word.Hulle raas net oor die' toedrag van sake maar doen nie juis iets ernstig nie.Al ooit daaraan gedink dat as Afrika stabiel regeer kon word sou hy net uitvoer want Afrika het alles,en dit kan die "Buite Wereld" nooit toelaat,daarom dat hulle o.a. ook net die "Roomskep" uit die werkers klas.Dit alles het begin bo by die groot mere van Afrika...gee die Afrika sy onafhanklikheid en hy roei hom self uit! |
Dink julle regtig COPE gaan 'n verskil maak ?, 28/12/2008, Blesbok
Almal is nou so bly oor COPE en wil vir hulle stem maar ek dink dis dalk tyd om om mooi te gaan sit en dink. As COPE baie gelukkig is en volgens die politieke kommentators sal hulle wees as hulle 10% steun in die verkiesing kry. Die ANC het laaskeer met omtrent 'n 70% meerderheid gewen, so al verdubbel COPE sy steun in die volgende vyf jaar na 20%(en onthou COPE gaan nie net ANC stemme vat nie maar ook by die DA), sal die ANC nog steeds aan bewind bly en gaan ons 10 JAAR met Zuma aan bewind h?wat fataal vir die ekonomie gaan wees. Dink julle nie Zuma gaan vir Vavi en Nzimande groter inspraak gee nie, hulle ondersteun hom immers deur dik en dun ? Hulle s?penlik dat die nuwe regering gaan meer na links gaan beweeg ? En dink julle die ANC gaan net stilsit en toesien dat COPE al groter en sterker word na volgende jaar se verkiesing ? Hulle is 'n Afrika revolusion? beweging wat nie met nie maar deur middel van geweld aan bewind gekom het, nie net 'n bleeksiel Westerse politieke party wat gelate sal aanvaar dat hulle die mag moet afstaan nie ? Zuma het hoeka op 16 Desember sy War Veterans toegespreek en daar was 'n klomp van 20 jaar en jonger, so miskien gaan hy maak soos ZANU, die w?ld sal net soos in Zimbabwe, tog niks doen aan hom nie? Die vergelykings met wat in Zim gebeur het en nou besig is om hier te gebeur is so duidelik 'n blinde man kan dit met 'n stok aanvoel. Die MDC het ook van ZANU afgestig(net soos COPE en die ANC) met Tsvangirai 'n gewese vakbondleier in beheer(net soos Shilowa)en hulle was ook onmiddelik baie gewild veral onder die wittes en boere wat hulle geldelik ondersteun het(net soos Cope hier). Alles het egter verander toe hulle in die eerste verkiesing goed gedoen het en die status quo bedreig het, en Mugabe het eerder die land vernieting as om die bewind af te staan. Dink julle Zuma en Julius Malema sal net terugstaan en toelaat dat dit goedsmoeds gebeur ? |
Banke se monopolie, 28/12/2008, A. Louw
Die hoofartikel oor die banke is in die kol. Die moerneukers moet nie hiermee wegkom nie. Diepte artikels oor die rol van die Reserwebank en die wenslikheid van staatsbeheer oor "virtuele geld" is nodig. Krediet-en debietkaarte word al hoe meer gebruik en die banke mag nie soos Microsoft hiervan besit neem en verbruikers verslaaf nie. Die verdwyning van kontant bring massiewe besparings vir die staat mee wat die verbruiker toekom. Verbruikers gebruik debietkaarte om vir kruidenierware te betaal en 5% en meer van die transaksie gaan na die banke toe. Die bank maak meer wins uit items soos suiker en kookolie wat weens strawwe mededinging dikwels onder 5% opgemerk word, as die winkels self. Dan praat ons nog nie van promosie-items wat onder kosprys verkoop word nie. Banke verskans hulle teen onderlinge mededinging. n Mens behoort net so maklik van bank te kan verander as wat jy van winkel kan verander. Dan sal die poppe dans. Winkelier.
|
tim gesels , 28/12/2008, Frikkie Botes
Die internet gebruikers op facebook het sover vir die politieke partye gestem en die uitslae is sover vir desemberresults of facebook elections dec 2008
24142 mense
COPE=46.1%
DA =43.3%
ANC=7.4%
VF+=3.2% |
VROTSEL, 28/12/2008, Veldhuizen
Solank alle vlakke van regering volgeprop word met onwaardige, oneerlike, onopgevoede, onopgeleide, onbekwame mense wat net daar is om ryker te word op watter manier ook al, is ons op die afdraande pad.
Dieselfde vrot appels word met BEE in gesonde privaat instansies ingespuit om te vrot te versprei. Daar mag dalk uit 100 appels 2 of 3 wees wat 'nie so is nie'. Hulle is egter nie die reel nie. |
Tim se rubriek, 28/12/2008, feminis
Hoe is dit dan dat ons mans politici so baie geraamtes in die kas het, daar is altyd 'n seks of vrou iewers in die agtergrond, laat mens wonder of manlike politici enigsins met hul regte brein dink?? Gee SA liewer 'n Helen Zille as standvastige en beginselvastige leier en dit is hoog tyd dat hierdie land deur 'n vrou regeer word, want mans wereldwyd het al te veel teleurgestel as politici. Vir die rekord, ek is definitief nie 'n mannehater nie, net 'n realis en waarnemer van wat wereldwyd in die politiek aangaan. |
MBEKI AGTER COPE?, 28/12/2008, Eddie Davey
Hoewel COPE waarskynlik (sic) die beste ding is wat sedert 1994 met SA kon gebeur het, is ek bekommerd daaroor dat die heer Taboe (sic) Mbeki dalk agter die onstaan van die party staan. Ek is GEEN Mbeki aanhanger nie, want hy en sy talle mislukte adjudante (waarvan sommige van kriminele misdade verdink word, het miljoene mense se se bloed aan hulle hande met sy/hulle se lamsakkige "denial" politiek en en filosofie?vigs, misdaad, Zimbabwe, ens.). Lekota se mislukking met die weermag pla my ook (ek dink ook onwillekeurig hier aan die Dingaan-geskiedenis). Miskien sal dit tog beter wees om nog vir hierdie verkiesing eers vir die DA te stem, want koalisie-politiek is beslis op die tafel vir die toekoms. Wanneer COPE eers sy ware vermo?etoon het, kan ons as wittes (alles kultuurgroepe) en bruines dit dalk oorweeg om vir hulle met vrymoedigheid te stem. Ek voorspel egter (soos alreeds 12 jaar gelede) dat die ANC nog verder gaan skeur en dat 'n Arbeidersparty gaan onstaan (met al die vakbonde en komminuste as lede). Tyd sal leer! |
Vir Tim se rubriek, 28/12/2008, Danie Els
Ironies - Polokwane was toe ons redding om Suid-Afrika weer op die regte pad te kry! Ek is baie positief oor ons land se toekoms! |
"Embarraseer" Tim?, 28/12/2008, Blesbok
Joe Tim, dis darem 'n lelike anglisisme jong ? |
Alliansie verrot in sy kern., 28/12/2008, Brentie
Beste Tim ek hoop jy het 'n goeie Kersfees agter die rug en hiermee wense
vir 'n voorspoedige en gelukkige 2009.
Mag jou blogs minder histeriese
kommentaar en meer oplossing oplewer.
Dit is duidelik dat die ANC se
alliansievennote ,nl die kommunistiese
Party en die vakbondvereniging Cosatu
groot invloed op die ANC uitoefen.
Touens ek wil sover gaan as om te beweer
dat die ANC sonder veral Cosatu nie
kan bestaan nie omdat die lede van
die vereniging ook die getroue ANC-
ondersteuners oplewer,amper soos in die
verlede baie lede van blanke vakbonde
ook lede van die NP was en eers later
in groot getalle eers by die HNP
en daarna by die KP aangesluit het.
Solank daar uiterste armoede in
Suid Afrika is sal die vakbonde in
die Alliansie bly omdat die ANC op
die oomblik die enigste politieke
voertuig is waardeur dit sy lede
se politieke en ander doelwitte kan
bereik en was dus so verantwoordelik
vir die groot veranderings in veral
arbeidswetgewing.
Die Suid Afrikaanse kommunistiese party
gestig in 1921 het onlangs sy jeugliga
laat herleef en was die groot dryfveer
agter die totstandkoming van die
vakbonde en sien hulself as die stryders
teen imperialisme en rassisme.
Alhoewel die ANC in 1912 gestig is
was die kommuiste lank voor die tyd
reeds werelwyd en ook in Suid Afrika bedrywig en en kom die partye dus 'n lang pad saam.
Diegene wat dus die invloed van die
kommuiste gering geag,of sommer net weggewens het kan gerus die die party se webblad lees. Cosatu het eers
in 1985 tot stand gekom maar bevat
nogtans 22 vakbonde met ongeveer
1.8m lede.
As 'n mens inagneem dat ongeveer
tussen 10 tot 12m vir die ANC
gestem het is dit duidelik dat
SANCO (Civil organisation 1992)
saam met Cosatu die groot drywers
in die ANC en dus in 'Swart politiek'
is.Dit is na my mening hierdie
partye beinvloed deur die kommuniste
wat Suid Afrika in 'n rigting dwing
wat ongewens is.
As 'n mens dus wil uitkom by die
kern van die ANC-verrotting sal jy
hier moet begin soek.Enige politieke
party wat enige aspirasies koester
om die volgende regerende party te word
sal eers die invloedsfeer van die
partye moet verbreek as hy 'n beduidende
rol wil speel.
|
Cope in drag, 28/12/2008, Anton
Stem eerder DA as Cope. Hulle is alamal die selfde. Hoekom is Kaapstad en Helen Zille uitgewys as die beste stad and burgermeester. Alles is reg en werk in Kaapstad.Hoekom het die leiers van Cope nie hulle bekke gerek toe hulle nog hulle vet salarisse ontvang het, en hoekom was die verdedgings mag die swakste daaraan toe onder Lekota se bewind. nee mense, dink voor daar vit Cope gestem word. |
Die ANC is totaal onbekwaam om 'n land te regeer., 28/12/2008, Dewald
Terwyl die ANC besig is met hulle kinderagtige binne gevegte maak ge-organiseerde misdaad net wat hulle wil. |
alliansie, 28/12/2008, lionel ivanhoe victor
hoe gouer die ANC tot n val kom hoe beter en makliker sal dit vir SA wees om te herstel, waar kan ons by Cope aansliut ek dink dit is ons oplossing |
Alliansie verrot in sy kern, 28/12/2008, G Starker
Beste Tim
Dit is nie reg nie en dit hoort nie so nie. Dit is die tipiese Afrika siekte, net soos ons nou ook in Zimbabwe sien. Die regering faal in sy plig teenoor sy burgers en iemand anders moet die gevolge wat dit het op mense op grondvlak, aanspreek. Geen nie regerings organisasie kan die funksies van die staat effektief oorneem nie. 'n NGO kan ook nie proaktief optree nie, as hulle betrokke raak, is dit altyd wanneer dit te laat is. |
Jacob Rooi se positiewe oplossing (rspport 28/12), 28/12/2008, jan maarschalk
Versprei Rooi se helingsboodskap wyd en syd deur Rapport-reklame |
Vir Tim se rubriek, 28/12/2008, Johannes Smith
Ongeveer 3-4 jaar gelede het ek met 'n paar ou vriende in SA korrespondeer oor die Zuma faktor. Kort voor sy skorsing. In ons Sondagskool is daar ten tye 'n "skaam" ou wat nooit praat nie maar sommer baie van SA weet. In die agterstebank, terwyl ander bid en Bybel studeer vertel hy my: In my tyd en joune sal 'n Zulu nie SA regeer nie, vat maar my woord.
Sedert het baie gebeur - maar dit wyl tog lyk asof geheime magte meer weet oor SA politiek, en dalk groter se daarin het, as wat ons dink.
Ek het baie daaroor gedink en wonder. Is die magsbalans so belangrik dat 'n verskuiwing na 'n groot blok Zulu die hele struktuur van opkomende middelklas en groeiende demokrasie, 'n eerste in Afrika, kan ontspoor ?
Groete
JS
Texas |
 |
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
 |
|