| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||
|
24/02/2007 15:09 - (SA)
Verteenwoordigende Afrikanerraad nodig Johann Wingard, Pretoria:
In sy rubriek in Rapport van 18 Februarie 2007 skryf Flip Buys: “Afrikaners wil nie die verlede terughê nie, maar wil deel van die toekoms wees. Dis tyd dat AfriForum ’n konferensie op hoë vlak oor die Grondwet en die regte van alle burgers hou.” In ’n makro-demokratiese bestel is dit moeilik vir die stemlose en gesiglose minderhede om gehoor of gesien te word. Ná die Afrikaners se magsverlies het ’n vakuum ontstaan. Dosyne aktiviste-organisasies het soos paddastoele opgeskiet om hierdie leemte te vul. Hierdie mandaatlose aktiviste-organisasies het belangepolitiek namens Afrikaners begin bedryf en dit is nie altyd duidelik of hulle namens Afrikaners of namens blankes optree nie. Met sy mediasteun kon die vakbond Solidariteit buite die parlement ’n bres vir Afrikanerbelange slaan. Sy dogterorganisasie, AfriForum, kon as “burgerregte-organisasie” selfs ander terreine as vakbondaangeleenthede betree het. Mens het waardering vir die wyse waarop AfriForum sy beeld in die openbare oog gebou het en veral hoe hy die owerhede se aandag op kwelpunte gevestig het, soos onlangs weer met die kruiwa-optog die geval was. ’n Belangrike twispunt wat Afri-Forum tans dryf, is die kwessie van gesneuwelde weermagsoldate se name by Vryheidspark. Naasbestaandes en eertydse bevelvoerders besoek Salvokop gereeld om hulde te bring aan ons gesneuwelde weermagmanne wie se name reeds daar verskyn. Daar is dus geen rede waarom hul name op die ideologiese ANC-muur ’n entjie verder herhaal moet word nie. Hierdie insident beklemtoon weer dat mandaatlose organisasies nie namens Afrikaners kan onderhandel nie. Trouens, dis tyd dat Solidariteit en AfriForum hul invloed en infrastruktuur gebruik om eers ’n konferensie oor die stigting van ’n verteenwoordigende Afrikanerraad te hou voordat hulle die grondwetlike regte van alle burgers probeer pak. Die Grondwet maak voorsiening vir die erkenning van verteenwoordigende rade wat minderheidsvolke se belange kan bevorder. Afrikaners kan gerus die Griekwas se voorbeeld volg deur ’n verteenwoordigende raad daar te stel. Sensitiewe kwessies soos hierdie kan dan eers in eie geledere besleg word voordat daar dan met gesag met regeringsinstellings gepraat word.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|