News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
    Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 18°C 29°C
KPT 19°C 24°C
JHB 11°C 25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
01/11/2008 13:25  - (SA)  
Kô’s pak Wêreldbeker met entoesiasme
Doon Boshoff, Potchefstroom:    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Tot ’n bietjie meer as ’n maand gelede was ek nog erg skepties oor ons bevoegdheid om ’n skouspel soos die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 aan te bied. Op pad terug van Nieuwoudtville se blommekyk het ek bedenkinge oor my pessimisme gehad.

Tussen Upington en Kuruman, in die middel van nêrens, het ons op ’n skouspel afgekom wat enige tyd net so kleurryk was soos Namakwaland se blomme.

Ongelukkig was my kamera se batterytjie toe al pap gebruik op die blomme en kon ek nie ’n foto van Boytjie en sy Ballarien (ballerina?) neem nie.

Boytjie se drome draai om die Wêreldbeker.

“Nei, menie, Ballarien en ekke oefen ma’ so bietjie ommie World Cup te ga’ kyk!”

Onder begeleiding van sy vlaggeverfde olieblikkitaar het hy vir ons Nkosi Sikelel’ iAfrika gesing. Ek het probeer saamsing, maar tot my skaamte – en sy vermaak – het hy agtergekom dat ek nie die woorde ken nie. Beleefd het hy oorgeslaan na Hie’ kommie Bokke.

Dit was nie die tyd of plek om te praat oor infrastruktuur en misdaad nie.

Oor sokker kon ek weens my gebrek aan kennis ook nie gesels nie.

Maar wat saak maak is hierdie ou se entoesiasme oor iets wat hy heel waarskynlik net oor die radio sal kan volg.

En ek, hier in die sogenaamde beskawing, sit alles rustig en kritiseer. Ek voel skaam oor die nyd waarmee ek hulle gekritiseer het.

Ek is skaam oor die kere wat ek heimlik gewens het die hele spul stort in duie.

Ek voel sleg omdat ek nie saam met Boytjie die volkslied kon sing nie.

Die ergste was toe ek op die internet moes soek vir ’n foto van die landsvlag om ’n skildery van dié toneel te maak! Dan noem ek myself ’n Suid Afrikaner!

Nee wat! Vorentoe sal ek die skouspel grootoog gadeslaan soos die bokkie oorkant die pad of applous gee soos wat die twee meerkatjies blykbaar doen.

En as ek nie iets positiefs kan bydra nie, sal ek stilbly.

Die feit is dat niemand baat gaan vind as die toernooi misluk nie.

Laat ons nou maar positief wees soos Boytjie en sy Ballarien!



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo