News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
    Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 18°C 28°C
KPT 16°C 23°C
JHB 16°C 24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
15/11/2008 14:00  - (SA)  
In tye van nood speel ANC die raskaart
Cilliers Brink, Pretoria:    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

As daar nog ’n eensame siel was wat opreg geglo het in die nie-rassigheid van die ANC, is hierdie selfbedrog nou ontbloot met die uitlek van ’n Cosatu-plan om die DA in die Wes-Kaap te “kelder” (Rapport, 9 November).

Die vakbondmanne aan die hooftafel van mnr. Jacob Zuma se ANC sê die party moet “wit” skole in die Wes-Kaap aanval en aandring op “oop toegang” tot hierdie skole.

In hierdie stadium is dit reeds duidelik die DA in die Wes-Kaap gaan die ANC in volgende jaar se verkiesing ’n loesing gee. En soos dit maar gaan in tye van desperaatheid en nood, kom die handskoene af en val die ANC-lede terug op wat hulle die beste doen: raspolitiek.

Natuurlik het die Cosatu-verkiesingsplan niks te doen met “oop toegang” tot skole nie. Die Grondwet laat skole nie toe om leerlinge op grond van ras weg te wys nie.

Cosatu se teiken is eintlik moedertaalonderrig en spesifiek Afrikaans. Pleks daarvan om die getal en gehalte van Engelse skole in die Wes-Kaap te verbeter, is dit ’n gevestigde ANC-strategie om die druk van swak onderwysbeleid en -beplanning na Afrikaansmediumskole te verplaas en so Afrikaans as onderrigtaal te ondermyn.

So word die grondwetlike voorsiening vir moedertaalonderrig uiteindelik “onprakties” gemaak.

Die Wes-Kaapse onderwysminister het reeds in 2005 onsuksesvol probeer om die Afrikaanse enkelmediumskool die Laerskool Mikro te dwing om sy taalbeleid te verander, en meer onlangs het sy eweknie in Mpumalanga dit reggekry met die Hoërskool Middelburg – ten spyte daarvan dat slegs sowat 3% van skole landwyd nog Afrikaans as enkelmedium gebruik.

Cosatu weet dat die DA sal aandring op taalregte en die beskerming van Afrikaans, veral in ’n provinsie waar die meeste mense Afrikaans praat. Soos die ANC-gewoonte is, is die plan dan om die kwessie te verander in ’n rassegeskil en die DA gevolglik van “wit rassisme en bevoorregting” te beskuldig. Dis alles so voorspelbaar.

Wes-Kaapse kiesers moet kennis neem van die Cosatu-plan en van nuuts af besef hoekom dit tyd is om die ANC die rug toe te keer.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo