News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
    Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 10°C 22°C
KPT 16°C 23°C
JHB 10°C 17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
20/01/2007 15:12  - (SA)  
Almal – veral armes –kan armoede beveg
P.W. Colyn, Vredendal:    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Mnr.Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu, se “sterk” uitlatings (Rapport, 14 Januarie 2006) het betrekking.

Miskien sal dit goed wees as mnr. Ehrenreich ’n blaadjie neem uit die boek van Muhammad Yunus, Nobelpryswenner vir vrede in 2006.

Toe daar in 1974 hongersnood in Bangladesj geheers het, het prof. Yunus na die armste van die armes in sy dorp gegaan en ’n lys van 42 van die haglikste gevalle gemaak.

Hy het bevind dat die totale skuld van die 42 slegs $27 was. Ek raai sowat R40 vir daardie tyd.

Yunus het volgens sy lys die verskuldigde bedrae aan die betrokke armes geleen met die enigste voorwaarde dat die leners op hul werk moet konsentreer en dat hulle die geld moet terugbetaal wanneer hulle kan.

Hierdie ervaring het daartoe gelei dat Yunus die Grameenbank van Bangladesj, mede-ontvanger van die Nobelprys, gestig het.

Nou, meer as dertig jaar later, is 58% van die arm Grameenleners vry van armoede.

Volgens Yunus hoop hulle om die armoede teen 2015 te halveer; let wel, ’n volle 41 jaar nadat Yunus met sy inisiatief begin het.

As kommersiële boer in Suid-Afrika, wil ek, ter illustrasie van wat duisende boere op een of ander manier saam met hul werkers doen, graag die volgende uit persoonlike ervaring aanhaal: Drie jaar gelede het ek en my plaaswerkers besef dit is onwaarskynlik dat iemand anders, of die regering, ons van armoede sal of kan verlos.

Sedert daardie dag, in Januarie 2004, het al die permanente plaaswerkers by my boerdery toegewyde en entoesiastiese spaarders geword.

Hulle is nog “arm”, maar hulle woon in redelike huise, met skoon, lopende water en elektrisiteit.

Hulle het ook almal verlede jaar aandele in Naspers se Welkom Yizani-skema gekoop en kontant daarvoor betaal.

Met hul opgehoopte spaargeld beplan sommige van hulle om reeds vanjaar, op klein skaal, op die JSE te begin belê.

Armoedeverligting is ’n moeisame en stadige proses, en ek stel voor dat almal tot die stryd teen armoede toetree, ook, en veral, die armes …

As elkeen wat nog kán werk selfs net ’n klein werkie kry, haal ons dalk ’n ekonomiese groeikoers van 10%, soos die Chinese al jare doen.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo