News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 9°C 27°C
KPT 12°C 17°C
JHB 7°C 24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
08/11/2008 14:54  - (SA)  
Waak jaloers oor jou identiteit
Erika de Beer    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pleks van gewere, messe en koevoete gebruik hulle agterdeure, Trojane en phishing. Daarmee beroof hulle jou nie net van jou geld nie, maar ook van jou identiteit.

Net in die eerste ses maande van vanjaar is meer as 6?000 voorvalle van identiteitsbedrog reeds in Suid-Afrika aangemeld. Die totale waarde daarvan is R625 miljoen, vergeleke met die R401 miljoen vir die hele verlede jaar, sê mnr. Patrick Cunningham, uitvoerende direkteur van die Southern African Fraud Preven?tion Service.

Hy, soos sommige ander IT-deskundiges, beskou sosiale netwerke soos Facebook en My Space as baie gevaarlik omdat die be-drieërs dit gebruik om persoonlike besonder-hede van mense te kry waarmee hulle identiteitsbedrog pleeg.

Volgens die jongste sesmaandelikse verslag van die internasionale IT-veiligheidsmaatskappy Symantec het hy in die tweede helfte van 2007 136% meer kwaadwillige kodebedreigings (virusse, wurms, Trojane, ensovoorts) opgespoor as in die eerste ses maande. Byna 70% van die 50 top- potensiële infeksies bedreig gebruikers se vertroulike inligting. En “aanvallers” teiken juis webwerwe soos sosiale netwerke wat deur eindgebruikers vertrou word.

Luidens die Symantec-verslag gebruik IT-misdadigers ondergrondse diensverskaffers en swartmarkforums om gesteelde inligting, wat vir identiteitsdiefstal gebruik word, te adverteer en handel daarin te dryf.

Volgens die jongste syfers beskikbaar, dié vir die laaste ses maande van 2007, het inligting wat verband hou met identiteit, kredietkaarte en finansiële besonderhede 44% uitgemaak van die “goedere” wat in hierdie ondergrondse ekonomie geadverteer is. ’n Kredietkaartnommer kan tussen R4 en R200 haal, ’n bankrekeningnommer tussen R100 tot R10 000, ’n e-posadres tussen R8,30 en R100 en ’n e-pos-wagwoord tussen R400 en R3 000.

Twee sosiale netwerke was in Symantec se verslagtydperk saam die teiken van 91% van phishing-aanvalle. In ’n phishing-aanval word ’n wettige webwerf nageboots om ’n gebruiker te mislei om sy persoonlike besonderhede te verskaf.

Die BBC se tegnologieprogram Click het berig hoe hy maklik onder die dekmantel van ’n speletjie, toets of daaglikse grap op Facebook persoonlike data uit Facebook sou kon verkry.

Prof. Basie von Solms, professor in inligtingstegnologie aan die Universiteit van Johannesburg, sê die omvang van identiteitsdiefstal is baie groot. Een van sy honneursstudente is juis besig met ’n projek om te kyk watter inligting oor mense van Facebook af verkry kan word en die resultaat is tot dusver ontstellend.

Von Solms verduidelik dat wanneer ’n kubermisdadiger eers jou foto en geboortedatum het, hy op ander webwerwe skakels na die res van jou identiteit kan soek. Hy kan dan ’n papiervoetspoor deur ander dokumente saamstel. Hy sê darem gebruikers hoef nie paranoïes te wees nie – hulle moet net “ ’n basiese vlak” van waaksaamheid aan die dag lê.

Wat behels dit? ’n Aantal kenners gee raad:

Von Solms sê verskeie e-posadresse is ’n goeie plan. Baie mense het net een adres, maar dis baie riskant.

Kinders moet gewaarsku word om nie hul huisadresse en hul ouers se werkadresse en bankbesonderhede op Mxit te verskaf nie.

Maar dit geld nie net kinders nie. Mnr. Brett Arsenault, veiligheidshoof van Microsoft, sê ’n mens behoort nooit enige persoonlike inligting aanlyn te verskaf nie. Dis selfs verstandig om skuilname op sosiale netwerke te gebruik.

En mnr. Dino Covotsos, uitvoerende hoof van Telspace Systems, sê selfs in transaksies met groot en geloofwaardige maatskappye moet net die noodsaaklikste besonderhede verskaf word. Dis volgens hom soms steeds beter om van aangesig tot aangesig te onderhandel.

Hy beveel aan dat jy rekord hou van webwerwe wat jou persoonlike inligting het. Jy moet ook seker maak dat ’n webwerf veilig en wettig is voordat jy enige persoonlike inligting gee. Vir aanlynbetalings moet ’n veilige en erkende transaksiestelsel gebruik word. – Sapa Select


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo