| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
02/01/2009 12:28 - (SA)
Veterane van die koue oorlog, insluitend die diensplig-generasie (NSM-generation) – oor waarheid en propaganda Genl. Jannie Geldenhuys
Enkele Gedagtes van Dave ‘n voormalige Nasionale Dienspligtige: (Vryelik uit die Engels vertaal en verkort. Die oorspronklike teks is in Aanh A) [Bron: “Isa en Johan” < isajohan@esnet.co.za Sent: Friday, 25 January, 2008 11:37am] Ons is die Nasionale Diensplig generasie. Die jongste is omtrent 35 en die oudste in die sestiger jare. Ons het die nuwe Suid Afrika gebou! Ons is die geslag wat ons tyd vir die nasie gegee het, op baie maniere. Baie van ons pa’s en oupa’s het Wêreld Oorlog II medaljes gedra.Ons het (somtyds) a Pro-Patria gekry, maar nou word ons net afgekraak, geminag en kry ‘n skop in die gat. Ons was ‘n veelsoortige klomp uit verskillende nasionaliteite saamgegooi, en gesmee in ‘n redelike bleddie effektiewe span. Ongeveer 300 duisend van ons was aan die verkeerde kant van die geskiedenis gebore. Vandag word ons gebrandmerk as die “baba moordenaars” van Afrika, dws as iemand ons en ons bydraes ooit onthou. Vanaf die ouderdom van 17 en hoër het ons vir ‘n tydperk ons lewens, liefdes, werk, opvoeding en “normale dinge” opgeoffer en die nutria browns aangetrek. Ons was ge-onderwerp aan strawwe basics en baie van ons het die roete gekies om verdere swaarkry en gevorderde opleiding te verduur as leiers: spesiale magte, parabats, mecchies, ops medics en menige ander spesialis vakke. Ons het vinnig geleer en binne ‘n baie kort tyd professionele mantels aangetrek. Ons het perform! 18, 19 and 20 – jariges het take uitgevoer wat in ander militêre magte deur gesoute beroeps professionaliste uitgevoer sou word. Ons het dit gedoen as laaities! Baie van ons het die besonderse ondervinding van grensdiens deurgemaak: eienaardige mengsels van verveeldheid, vermeng met oomblikke van hoë adrenalien, en kere van gatknypende terreur - saam met kameraderie wat ‘n leeftyd duur. Ander het die sisteem aan die gang gehou as wagte, klerke, pakhuismanne, sjefs, drywers, en baie ander vakindelings. Daar was allerhande soorte werktuigkundiges en ons het almal besondere vaardighede en insigte ontwikkel. Hierdie ervarings het ons goed te staan gekom in ons latere lewens. Na twee jaar het ons ons civvie lewens hervat. Ons het die studente, boere, vakleerlinge en junior kantoorklerke van die wêreld geword. Maar in die agtergrond was die Nutria Browns altyd teenwoordig. Van tyd tot tyd was ons weer opgeroep, party meer kere as ander. As deeltydse soldate het sommige van ons deelgeneem aan die laaste warm gevegte van die Koue Oorlog. Indirek het ons ‘n bydrae gemaak om die Berlynse Muur te laat tuimel. Ons het Russe, Kubane en ‘n legio “vryheidsvegters” van verskillende soorte gekonfronteer en vasgebyt. Later het ons in die townships diens gedoen. Ons was dikwels verwelkom en gerespekteer. Ons het gehelp om die nodige stabiliteit daar te stel vir die 1994 verkiesings. Hierdie demokratiese verkiesings sou nie, of kon nie sonder die Nasionale Diensplig generasie plaasgevind het nie. Dit dien vermeld te word dat gedurende al hierdie konflikte die swart en wit soldate dikwels skouer aan skouer gestaan het. En nou? Stukkie vir stukkie is alles besig om weg te gly, en die REUSE bydrae van die Nasionale Diensplig generasie word uit die geskiedenis uitgeskryf. AS dit wel in die geskiedenis voorkom, word die baby killer - etiket opgeplak. Dit is pure revisionist clap-trap. Ons het alle reg om trots te wees op ons bydrae. En ons moet dit uitbasuin. Ons het die bleddie plek gebou!!! Dave Deel 1: Agtergrond (Propaganda) Een van die kenmerke van die Koue Oorlog was die bedrog en skelmstreke wat voor, tydens en daarna, daarmee gepaard gegaan het - wêreldwyd. Meer as in enige ander oorloë het die politiek met die militêr vermeng geraak, maar steeds die botoon bly voer – en dirty tricks is tot strategiese knypstukke verhef. Dit geld ook vir Suider Afrika. Nou, twintig jaar na die Koue Oorlog met die val van die Berlynse muur, het die waarnemer/verslaggewer ‘n keuse: staan en val hy by die populêre propaganda-leuens van die dag (oor bv die sg Cuito Cuanavale van die afgelope twintig jaar), of word hy deel van die nuwe wending wat besig is om sy eie momentum te ontwikkel. – die verkwikkende herlewing van die grondige waarheid. Intussen is die SAW van daardie era, twintig jaar nadat die Sowjet Unie nederlaag erken het, nog steeds die slagoffer van die stuiptrekkings van die Koue Oorlog se skelmstreke. SAW veterane van die oorlog, veral diegene van die NSM generation, is dikwels steeds die weeskinders en die swart skape. Brendan Seery, die hoof van die Argus Africa News Service in Windhoek, Namibië vanaf 1985 tot 1990 skryf in The Saturday Star van 19 Januarie 2008: “Die verbitterde SAW veterane wat vir dagblaaie skryf, sal nooit die geleentheid kry om hulle seges te herdenk wat in ‘n ander oorlog as heldedade beskryf sou word nie.” Tog sal die waarheid seëvier. Soos mens kan sien, dit is al klaar besig om te gebeur. Die grondslag van die waarheid is inderdaad in die vroeë negentigs reeds deur bekende gesaghebbendes gelê: Simon Barber het uit Washington vir Business Day geskryf: “… (Ochoa) was to preside over Cuba’s last hurrah in Angola and the ‘heroic’ defence of Cuito was therefore a vainglorius fraud, designed to cover a retreat that had already been decided Die bekende en gesaghebbende Chester Crocker het Cuito Cuanavale beskryf as the “big lie of Angolan war”( High Noon in Southern Africa – ISBN 393-03432-1). Robin Renwick het geskryf: “Stopping the massive Soviet– and Cuban-backed advance in October 1987 required some quite heroic actions by 32 Battalion and the other heavily outnumbered South African forces. The South African forces never exceeded a brigade in size. The battle was won by concentrated artillery fire and air-strikes on the Angolan tank formations. Huge quantities of Soviet equipment were destroyed or captured” (Unconventional Diplomacy in Southern Africa. (0-333-67823-0ISBN). Die bekende en hoogs gerespekteerde professionele militere verslaggewers, Helmut Roemer Heitman (Janes), Willem Steenkamp (Cape Times) ea het al hierdie uitlatings bevestig. Veterane van die SAW skets die volgende prentjie (in Veteraan Nuusbriewe, Blogs, Webwerwe ens): Eerstens: SWA/ Namibië het op 1 April 1990 onafhanklik geword. Dit was nie sonder teëspoed nie: Op 1 April 1989 toe die wapenstilstand in werking moes tree, verkrag ‘n raps minder as 2000 Swapo vegters die wapenstilstand reëls (VN Resolusie 435/ Geneefse Protokol). Hulle stroom oor die grens uit die Noorde en skiet links en regs wat ookal voorkom. ‘n Klein polisiemag, ondersteun deur enkele elemennte van die weermag, soos troepe van 101 Bataljon wat opgeroep moes word, en helicopters red die situasie. Ongeveer 360 – 400 van die invallers word gedood – die meeste SWAPO-geseuweldes in een enkele operasie sedert die gewapende stryd in 1966 begin het! Die nuwe Namibië is ‘n moderne demokratiese model staat. Dit toon geen tekens en eienskappe van aangeleerde politieke- en ekonomiese kenmerke van die Sowjet Unie, Kuba en Oosbloklande nie. Dit is absoluut ‘n model van vrye, een- persoon-een-stem demokrasie, van handhawing van menseregte, en vryheid van die media. Dit is nie ‘n land met hang-ups nie. Dit is wat die SAW help skep het, of ten minste die verwesenliking daarvan gered het en dit moontlik gemaak het. Maar toe draai die prentjie (teen die SAW)… Tweedens: Suid Afrika het in 1994, na ‘n referendum en verkiesing, ‘n volle demokrasie geword met ‘n veelgeroemde moderne konstitusie. Maar in die aanloop daartoe, net soos in die geval van die Swapo-inval in Namibië, het die gevegte tussen die ANC, UDF en Inkatha die grootste lewensverlies van die struggle ooit, in een episode, opgelewer. Tydens die aanloop tot volle onafhanklikheid van Suid Afika het die weermag die polisie, op díe se versoek, met Keeping the Peace – optredes gesteun, en ook met die handhawing van publieke veiligheid. Net soos in Namibië het die weermag ‘n geweldige bydrae gelewer om gladde politieke oorskakeling te bewerkstellig. Teen 2008/9, terwyl die demokratiese modelstaat van Namibië sy gang gaan, en die nuwe Suid Afrika floreer, het die voormalige regerende politieke party in die RSA reeds verdwyn. Baie van sy ou lede het by die ANC aangesluit. Dit was toe, en veral in die klimaat van oordrewe moderne politieke korrektheid, dat die veterane van die Koue Oorlog, en veral die NDP generasie, die weeskinders en swartskape van die gemeenskap geword het – ‘n slaansak vir enigeen wat ‘n hou wil inkry. Die nuwe regering soek ‘n militêre geskiedenis vir hulle party (ANC) en kry dit nie, en probeer vergoed daarvoor deur die SAW se geskiedenis te verdraai. Die Sowjet Unie probeer stilweg om sy eer te herwin, en Kuba, wat min het om vir sy volk te wys, probeer om sy aansien hoog te hou en sy eie militêre geskiedenis vir die toekoms te vestig. In die proses, en omdat hulle min het om te wys, verdraai hulle die beeld en die bewese suksesse van die SAW, tesame met hulle maats van die ANC, soos Chester Crocker dit stel: die mite van Cuito Cuanavale! Deel 11: Tussenspel (Cuito Cuanavale – Begin van die Einde - Die Feite) Veterane – die Nasleep Wanneer Suid Afrika se weermag veterane die operasies van die middel-laat 1980s in Angola/Namibie bespreek, bevestig hulle opnuut die bewese gskiedenis: Die oorhoofse politieke doelstelling was om die Sowjet Unie se beheer en uitbreiding in die Suider Afrika van die Koue Oorlog-era hok te slaan, en derhalwe om Namibië se politieke ontwikkeling tot ‘n volle demokratiese bestel te verseker. Die militêre doelstelling was om die Angolese Fapla (met geweldige steun van die Sowjet Unie en Kuba) te verhoed om Savimbi en sy UNITA se hoofsetel by Jamba te oorrompel. Dit is presies wat die SA Weermag help vermag het: Fapla en sy bondgenote is verwoestend in hulle wegspringblokke vernietig; hulle kon dus ook nie óór, of verbý die Lombarivier kom, om Mavinga en Jamba aan te durf nie. Die reeks Suid Afrikaanse/Unita oorwinnings by die Lombarivier was die beslissende slae van al die militêre operasies, en dis dit – Namibië het ‘n model Westerse demokrasie geword en die Berlynse Muur het ineengestort - en Russe en Kubane het uit Suider Afrika verdwyn. Die onvergenoegde propagandiste gaan dit uiteindelik nie verander kry nie! Geen akademiese tierlantyntjies en intellektuele kunsgrepe, geen teoretiese verrinnewering van die geskiedenis, en geen politieke posering en postulasies gaan die feite omvêr gooi nie. Die SA Weermag en genote het gewen, en tyd sal dit herbevestig, binnekort - en dis dit! Die SA Weermag en genote het gewen: As Barack Obama die presidentsverkiesing wen, help dit nie om te sê: maar hy het wel party van die stemme verloor nie. As Tiger Woods wen, help dit nie om te sê: ja, maar hy het by die sestiende putjie gegly nie – die finale uitslag is verdoemend. Diegene wat die feite beveg, is hoofsaaklik die heersers van Kuba wat hulle publiek (wat duisende geliefdes in ‘n baie ver land verloor het – vir wat?) wil paai, en terselfdertyd hulle land se “regte” geskiedenis wil skep, voordat dit te laat is. Daar is ook hulle wat teen oorlog per se agiteer en waarmee ‘n veteraan vrede het, en diegene wat teen konskripsie gekant was - die veteraan het vrede met godsdiensbeswaardes. Die rede hoekom die negatiewe propagandiste ‘n mate van sukses het, is omdat die SA Weermag van vroeër wees gelaat is. In die klimaat van oordrewe politieke korrektheid staan een en almal vry om hulle by te kom. Die veterane moet nou vir hulle self sorg. Nog ‘n Weermag Veteraan sê sy sê Gen Marius Oelschig, gesoute internasionale- en Afrika veteraan van die Koue Oorlog reageer op propaganda stellings (Verkorte Weergawe van die oorspronklike teks - 752 Woorde - die volledige teks is beskikbaar). In Junie 1992 het oorlede Peter Mokaba verklaar dat sy party se program van “rolling mass action” sou uitloop op wat hy beskryf het as “another Cuito Cuanavale for the white minority regime”. ‘n Sapa verslaggewer het in ‘n berig van die Oos-Kaap se Daily Dispatch van 17 Junie 1992 verduidelik Mokaba se verklaring “is a reference to the battle in which South African forces were ambushed in Angola by Cuban MiG aircraft and is said to have led to independence being brokered in Namibia.” (Hierdie is suiwere snert en laakbare arrogansie teenoor die SAW wat reeds in ‘n vroeë stadium na die oorlog as’t ware voeëlvry verklaar was, en waar politieke korrektheid begin hoogty vier het – deur iemand wat nie die minste idee het waarvan hy praat nie). “Mokaba het bloot sy party se propaganda-beleid gevolg, maar die Sapa verslaggewer het nie die moeite gedoen om die feite na te vors nie. Hy het Kubaanse- en ANC propaganda skaamteloos versprei. Geen wonder nie dat die publiek so verdeeld staan oor die gebeure rondom die sogenaamde ‘Slag van Cuito Cuanavale’. “Die feite is eenvoudig: Jonas Savimbi se UNITA beweging het vanaf 1978 tot 1980 so gevorder dat hulle in staat was om die strategiese dorpie en vliegveld te Mavinga te verower. Vandaar het hulle begin om die binneland van Angola in te sypel. Daarna was daar‘n aantal Fapla pogings om Mavinga te herower; Maart 1981, Mei 1981 en Julie 1982. Al hierdie pogings is deur UNITA, met beperkte SA Weermag hulp, gestuit. Luanda en die Sowjet-raadgewers in Angola het besef dat slegs die vernietiging van UNITA se Hoofkwartier te Jamba ‘n einde aan die burgeroorlog sou bring. In Augustus 1985 is ‘n mag van sowat twintig brigades versamel met die doel om Mavinga te verower en Jamba finaal te vernietig. In Oktober 1985 is die offensief sowat 28 km vanaf Mavinga gestuit. Verliese was weereens skokkend: Fapla -1 043 gedood en ongeveer 1 300 gewond, Kubane – 56 gedood en 60 gewond, Sowjet-Unie – 10 gedood en 9 gewond. Ander verliese was 8 vegvliegtuie, 6 helikopters, twee transportvliegtuie, 6 tenks, 26 pantservoertuie en 100 transportvoertuie. “ Teen Maart 1987 was dit baie duidelik dat daar weer ‘n massiewe offensief teen Mavinga en Jamba aan die opbou was. Oorlogsmateriaal is per skip en vliegtuig direk vanaf die Sowjet-Unie na Angola versend. In Junie 1987 het die SA Regering magtiging aan die SA Weermag verleen om vir UNITA in militêre operasies by te staan. Die SAW was gemagtig om, in eskalerende fases: Verkenning te doen en die vyand te teister; sy aanmars te monitor; sy aanmars te stuit; en die vyand te vernietig. “Dit is presies wat gebeur het. Vier Fapla infanterie-brigades, 16 Brigade (Bde), 21 Bde, 47 Bde en 59 Bde, het in Mei 1987 met hul aanmars op Mavinga begin. Twee taktiese groepe, elk met ‘n tenk-bataljon as kern, het ook aan die offensief deelgeneem. Vyf Fapla brigades was in reserwe. Hulle was 8 Bde, 13 Bde, 24 Bde, 25 Bde en 66 Bde. SAW verkenningselemente het die ontplooing en vordering van hierdie magte goed dopgehou. Op 2 Julie het die teistering van die aanmarsende Fapla-magte deur die SAW formeel begin. “Die kern van die saak is dat die Fapla offensief weereens met geweldige verliese kort vóór Mavinga gestuit was. Daarna het die SAW-magte die vyand tot by hul oorspronklike afspringplek te Cuito Cuanavale teruggedryf. “Die daaropvolgende gevegte het verseker dat die vyand nie weer in staat sou wees om in 1988 ‘n offensief teen Mavinga en Jamba te loods nie. “Fapla verliese tydens hierdie mislukte offensief was: Gedood/gewond/gevange – 5180, Kubane gedood/gewond-390, T54/55 tenks vernietig/gebuit -94, pantservoertuie vernietig/gebuit - 112, vegvliegtuie vernietig - 11, helikopters vernietig - 9, vragvoertuie vernietig/gebuit - 426. SAW verliese: 31 lede gesneuwel, 3 tenks in ‘n mynveld vernietig, 7 pantservoertuie vernietig, twee vliegtuie vernietig. “Hierdie massiewe offensief teen Mavinga en Jamba was ‘n militêre vernedering vir die MPLA, die Sowjet-Unie, en Kuba. Castro het egter sy frustrasie en woede vir sy Kubaanse Generaal Arnaldo Ochoa Sanchez, militêre bevelvoerder in Angola tydens die “Slag van Cuito Cuanavale” gebêre. Skaars ‘n jaar daarna was hierdie populêre en gedekoreerde soldaat deur ‘n vuurpeloton in Havana gefusilleer . “Fapla se doelwit was om Mavinga en Jamba te verower. Die SAW se doelwit was om die Fapla offensief te stuit. Besluit self wie het in hul doel geslaag en probeer daarna om Peter Mokaba se kloutjie by sy oortjie te kry” - Einde van Oelschig teks. Deel 111 - Die Wenners (Einde van die Einde) Die beslissende gevegte in die suidooste van Angola het in die Lombarivier omgewing plaasgevind, en nie by Cuito Cuanavale nie. Hoe dit ookal sy dit was nie die einde van operasies in die suide van Angola nie. ‘n Grandiose Kubaanse mag het in die suidweste van Angola ook nog ‘n aanmars suidwaarts in die rigting van Owamboland (in die Noorde van Namibië), van stapel gestuur. Hierdie suiwer Kubaanse mag het in die Techipa gebied in die suidweste weereens sy rieme styf geloop en druipstert omgedraai, en die aftog geblaas. Hulle het genoeg gehad. ‘n Mens het nie grondige militêre kennis of besondere inligting nodig om te weet wie uiteindelik gewen het nie: Eerstens: Die doel van die Die Fapla / Kubane se offensief was om Mavinga en Jamba te verower. Hulle het nooit eers daar uitgekom nie. Tweedens: Namibië het ‘n land geword met vrye verkiesings, en met ‘n konstitusie wat vryheid van die media waarborg, totaal anders as wat die marxistiese lande was en party nog is, soos Kuba. Dit skyn asof die “oorwinnaars” (die Sowjet Unie en Kuba) nie, soos in ander lande van die Koue Oorlog-tydperk bv Oos Europa, sy stempel op Namibië afgedruk het nie. Die Berlynse Muur het ineengetort! Derdens: Die landskap van Namibië en Suid Afrika toon geen oorblyfsels van die lang oorlog van meer as twee dekades nie. Hoekom nie? Die enigste verklaring is omdat die Sowjet Unie en Kuba verloor het. Vierdens: Hoekom het die Kubane hulle seëvierende leër generaal, Arnaldo Ochoa Sanchez deur ‘n vuurpeloton laat doodskiet? En hoekom het hulle lugmag generaal Rafael Del Pino Diaz na Miami uitgewyk? Die geykte ou huigelagtige skewe propagandaprentjie van die SA weermag en van die bosoorlog is vanself besig om te swaai. Daarom moet ‘n mens vandag mooi dink en besluit: Wil jy deel bly van die geykte ou sprokies of wil jy deel word van die moderne ingeligtes? Die herlewing van die waarheid is alreeds ingelui deur onder andere, die bekende joernalis, Max du Preez: “Hulle (troepe van die SAW) was ‘n eersteklas voorbeeld van ‘n hoogs gedisiplineerde mag waar partypolitiek verbode was; hulle was lojaal teenoor die regering van die dag. Hierdie kultuur en disipline dat die SAW bokant party politiek verhewe is, het ons oorgang na demokrasie van ontsporing gered”. (Daily News 14 Februarie 2008); In Hannes Smith se Windhoek Observer van 5 April 2008 beskrywe Steven Mvula, in ‘n dubbel volbladsy, ten tyde van die ANC se vierings, die verhaal van “The Battle of Cuito Cuanavale – The Other Side of the Story” (Hier onder volg enkele uittreksels in Afrikaans vertaal): “Die Suid Afrikaanse magte het FAPLA suksesvol gestuit. Interessantheidshalwe, terwyl die gevegte aan die gang was, het Kubaanse en Russiese verteenwoordigers onderhandelinge versoek. Konsensus is bereik dat Suid Afrika nie uit Namibië sal onttrek terwyl Kubaanse magte nog in Angola is nie. Hoekom het die Kubaanse magte ingestem om te onttrek as hulle die wenners was? “As die Suid Afrikaanse apartheidsmagte ‘op hulle knieë gedwing was om onderhandelinge te verkies vir die onafhanklikheid van Namibië’, hoe het dit dan gebeur dat ons ‘n geko-opteerde lid van die ‘westerse demokrasie’ geword het? “Hoekom het ons nie eerder kommunisme of sosialisme verkies (die sisteem van die wenners) bo die westers georiënteerde demokrasie nie (die sisteem van die verloorder)…?” “… Die Suid Afrikaanse Lugmag het vier Mirages as lokaas gebruik en terwyl MiGs gereed gemaak het om te reageer, is die aanloopbane deur G-5 kannone gebombardeer. “Binne ‘n kort tydjie was die vliegveld (by Cuito Cuanavale) vernietig en die oorblywende MiGs was verplig om terug te skuif na Menongue. “Stinger missiele was ook doeltreffend deur Unita aangewend en twee Kubaanse vlieëniers was krygsgevange geneem nadat hulle MiG afgeskiet was…” “… Na 13 jaar in Angola het die Kubane nog steeds nie hul doel bereik nie… Hulle het die Suid Afrikaners erg onderskat en tot hulle skade geleer dat hulle te staan gekom het teen hoogs opgeleide geharde vegters. As hulle die moeite gedoen het om Suid Afrika se militere geskiedenis na te slaan, kon hulle dalk ‘n oomblik gereflekteer het oor die feit dat die voorvaders van hierdie troepe die volle mag van die Britse Ryk teengestaan het toe dit 450 000 Britse troepe drie jaar geneem het om net meer as 20 000 Boere onder te kry”. In sy boek The Afrikaners: Biography of a People sê Hermann Giliomee oor die SAW se militêre optredes in Suidwestelike Afrika gedurende die bosoorlog van die onlangse verlede op bl 591, “Some observers considered it one of the most successful counter-insurgency campaigns in history”. In Hermann Giliomee en Bernard Mbenga se New History of South Africa skryf Annette Seegers, soos bevestig deur Giliomee, op bl 389: “Although heavily outnumbered, South Africa scored a major, largely unheralded victory in Angola. In a large-scale formal battle at Lomba, the forces of South Africa and Unita inflicted a crushing defeat on the Cuban and Angolan forces, together with their Russian military advisors. The Cuba-Angolan force retreated to Cuito Cuanavale. The South African/Unita force laid siege to the town, but did not attempt to take it because the strategic value was limited.” Van Zyl Slabbert skryf in sy boek The Other Side of History ( ISBN 186842 250 X): “To claim that the ‘brave freedom fighters,’ ‘MK heroes’ and the ‘revolutionary masses’, ‘crushed racist imperialist rulers’ blah-blah-blah etc is so much stuff and nonsense.” “Callinicos in her hagiography of OR Tambo Beyond the Yengeni Mountains … blithely states that the final straw that broke the camel’s back was ‘the decisive defeat’ of South African forces at Cuito Cuanavale in 1987 in Angola. This theme was uncritically propagandized by Pallo Jordan when in March 2005 he delivered a paper, The Relevance of Pan Africanism Today”… “If it was such a decisive victory, why did Castro have his war hero, Genl Arnaldo Ochoa Sanchez, executed by firing squad soon after Cuito Cuanavale on trumped-up charges of treason and drug peddling?” TOEGIF - NOG MEER SAW VETERANE REAGEER OP PROPAGANDA - STELLINGS EN REAKSIES Die restant van hierdie memorandum is ad hoc Aantygings/Stellings, gevolg deur Reaksies/ Opmerkings uit SAW veterane geledere. STELLING NO 1: “Die gety het geswaai teen die invallende kolonne van die SAW apartheidsleër in die suide. In hulle gretigheid om die hoofstad van Angola, Luanda, spoedig te bereik, het hulle hulle vingers teen FAPLA (die militêre vleuel van die Angolese MPLA party) en die Kubaanse verdediging verbrand”. (ANC History no 15, bl 4 www.anc.org.za/ancdocs/pubs/umrabulo/umrabulo 15/mk.html ) REAKSIE NO 1: Feëverhaal en histeries lagwekkend. Die waarheid is presies die teenoorgestelde. Dit was nie die Suid Afrikaanse/Unita magte wat êrens heen op pad was nie, en minste van alles op pad na Luanda - wat, soos die kraai vlieg, 1000 km ver weg in die noordweste is! Dit was FAPLA, met die steun van die Sowjet Unie en Kubane, wat op die offensief was. Hulle aanmars het begin vanaf die sameloop van die Cuito- en Cuanavale riviere en was op pad na die verre suidooste, na die Lomba rivier en dan na Mavinga en dan na Jamba (Jonas Savimbi van Unita se hoof setel). STELLING NO 2: “Sesduisend troepe van die SAW was in Cuito Cuanavale omsingel en met uitwissing gedreig indien die regime nie toestem om te onderhandel nie”. (ANC History no 15, bl 4 www.anc.org.za/ancdocs/pubs/umrabulo/umrabulo 15/mk.html ) REAKSIE NO 2: Fiksie van die ergste graad! Die onderwerp waarmee die skrywer handel, verwys na gevegte wat in die verre suidooste van Angola gedurende 1987 plaasgevind het. Daar was egter hoegenaamd geen omsingeling van SAW troepe van welke aard ookal in Cuito Cuanavale nie! Inderwaarheid was daar nie eers ‘n geveg daar nie. Niemand kon in die afgelope twintig jaar een enkele soldaat van die beweerde 6000 opspoor wat die lagwekkende “omsingeling” kon bevestig nie! Wat die stelling nog meer belaglik maak, is dat die totale Suid Afrikaanse mag in daardie omgewing nooit meer as 3000 getel het nie. STELLING NO 3 (uit dieselfde bron): Die beweerde omsingeling is “agter die skerms opgevolg deur haastige diplomatieke onderhandelings tussen die USSR, VSA, SA en Kuba. Die resultaat was die 14-Punt Ooreenkoms wat voorsieing gemaak het vir die veilige deurgang van die omsingelde SAW troepe, en vir verkiesings wat tot Namibië se onafhanklikheid gelei het”. REAKSIE NO 3: Hierdie stelling hou geen verband met realiteit en die waarheid nie - nog een van die trop Grappe van die Eeu. Chester Crocker en kie sal hulle lag nie kan hou nie. STELLING NO 4: Koerante, en later TV programme soos Special Assignment, het oor die fiktiewe geveg by Cuito Cuanavale verslag gedoen. Gedurende die 2de kwartaal van 2008 is ‘n groot geselskap van hooggeplaasdes na die standplaas begelei om die SAW se nederlaag te vier. Dit is op TV vasgelê en twee keer, enkele maande uitmekaar, vertoon. Fotos is vertoon van die “dorp” met oorlogverwoeste dubbelverdieping geboue en al. (Beeld en Special Assignment). REAKSIE NO 4: Dis blote onbeskaamde skelmstreke. Die hoogwaardigeheidsbekleërs is almal aan die neus gelei: Cuito Cuanavale is volgens enige standaard nie ‘n dorp van enige aard nie! Dit is net ‘n plek waar twee riviere bymekaar kom. Daar was ‘n aanloopbaan wat voorheen deur SAW bestokings en lugaanvalle onbruikbaar gemaak was. Daar was ook ‘n paar sinkplaatloodse vir die herbunkering van vliegtuie, en een stofpaadjie met enkele vertrekkies kenmerkend van die Afrika boswêreld. Daar was hoegenaamd geen dubbelverdieping baksteen geboue van enige aard, soos in die beeldmateriaal vertoon was nie. Die verklaring vir hierdie leuens is voor die hand liggend: Die toerleiers het voorspraak gemaak vir ‘n beoogde kommersiële toeriste program wat by Cuito Cuanavale sal begin en by Robben Eiland eindig. Geen wonder dat Brendan Seery skryf: Vir die verbitterde SAW veterane wat aan die koerante geskryf het om die ANC se beplande feesvieringe te betreur, sal daar nie geleentheid wees om hulle eie prestasies, wat in ‘n ander oorlog as heldedade beskou sou wees, te vier nie. In enige oorlog is die eerste verlies, die waarheid. (Saturday Star, 19 Januarie 2008) STELLING NO: 5 Sprekers, skrywers, en TV aanbieders in die algemeen, kom steeds gereeld vorendag met ge-ykte propagandistiese uitsprake wat die naam van die SAW swart smeer en veterane hewig ontstel. Een is: (a) Die SAW is na SWA gestuur om apartheid daar te handhaaf en wel (b) onder die dekmantel dat die kamtige “Rooi Gevaar” teengestaan moes word. REAKSIE NO 5a: Dit is bedrieglike en kwaadwillige uitsprake. Die SAW het Suidwes Afrika presies die teenoorgestelde gedoen as om apartheid daar te hanhaaf. Die weermag was een van die grootste, indien nie die grootste bydraers nie, wat die suksesvolle konstitusionele ontwikkeling tot volle demokrasie in SWA prakties moontlik gemaak het. Reeds in 1978 het die SAW sy deel bygedra om die eerste volle demokratiese verkiesing suksesvol te laat verloop. Baie hoogaangeskrewe internasionale waarnemers het dit volpunte gegee, ten spyte daarvan dat Swapo geweier het om deel te neem. (Anders as in Suid Afrika was SWAPO nooit ‘n verbode organisasie in Namibië nie). Sedert daardie tyd het alle lede van die SAW en die SWA Gebiedsmag die wette van die nuwe swart meerderheids regering met lojaliteit gehoorsaam. Dit alles was vermag ten spyte van felle teenkanting van verregse politeke lui. Die Suidwes Afrika waarin die SA Weermag homself uitgeleef het, was Suid Afrika polities vyftien jaar voor! REAKSIE 5 b: Die “Rooi Gevaar” was nie ‘n hersenskim nie. Dit was ‘n werklikheid. Gedurende die tydperk ter sprake was feitlik alle state van Oos Europa, en vele ander onder gesag van die Sowjet Unie. Crocker, is een van vele gesaghebbendes wat dit onomwonde bevestig. Na die Marxistiese Rewolusie in Lissabon het die USSR ook beheer oor Angola verkry. Daar bestaan geen twyfel dat hulle, vir ekonomiese voordeel, hulle gesagsterrein verder in Suider Afrika wou uitbrei nie. Tussen 1977 en 1987 het die Sowjet Unie meer as vier biljoen dollars se waarde aan militêre steun in Angola ingepomp. In 1987 het hierdie syfer opgeskiet na een biljoen dollars in uitsrusting elke jaar. Moskou het onder andere 550 tenks, 55 MiG-23 vliegtuie, missielstelsels ea aan die Sowjet / Kubaanse / Fapla magte afgelewer. (Lees Raymond W. Copson, Africa’s Wars and Prospects for Peace, and others.) Deesdae word dit al hoe meer bekend en duidelik hoe ernstig en aktief die Sowjet Unie met sy oogmerke in Suider Afrika was. STELLING NO 6: Cuito Cunavale het direk gelei tot die onafhanklikheid van Namibië en was een van die voorlopers wat Suid Afrika bevry het. Die Freedom Parkers en die Cuito Cuanavale kruisvaarders koppel die “sege” van Cuito Cunavale met die struggle in Suid Afrika. (ANC History no 15, bl 4 www.anc.org.za/ancdocs/pubs/umrabulo/umrabulo15/mk.html) REAKSIE NO 6: Dis net kortsigtiges wat nie verder kan kyk as hulle eie agterplase nie, en geslepe “dirty tricksters”, wat die sogenaamde Cuito Cuanavale-sage met die ANC struggle in Suid Afrika van daardie tyd koppel. SAW veterane sê die twee het minder as niks met mekaar te doen nie. Die waarheid is dat die ANC en die Angolese die afgelope 15 jaar nie geswore vriende was nie. Die Angolese was nie beindruk met MK optredes, en gebrek aan optredes, in Angola nie. Bewys van die onmin is dat daar sedert 1994 tot met die huidige 2008 nog geen protocol uitruilbesoeke van staatspresidente tussen hierdie twee lande plaasgevind het nie. Hoekom nie? Dit is wel waar dat net voor Freedom Park se eie-geregtige Wall of Names bevestig is, verteenwoordigers van buurstate na Suid Afrika genooi was om, tydens ‘n vooraf ge-orkesstreerde konferensie hulle seën daaroor uit te spreek. Dit was ‘n oorwoë en bekookte affêre – ‘n verspotte Koue Oorlog “dirty trick”. STELLING NO 7: Hooggeleerdes verkondig graag dat die oorlog Suid Afrika finansieël uitgemergel het. REAKSIE NO 7: Ingeligte veterane verklaar hierdie stelling as totaal onwaar, en met reg. Anders as in ander oorloë, was daar, oor die meer as twintig jaar periode van Koue Oorlog in Suidwestelike Afrika, nooit iets soos die gebruiklike oorlogsbelasting, of koeponstelsels soos waarmee brandstof beheer was nie. Suid Afrika het wel ‘n kern vermoë ontwikkel, ‘n gepaardgaande ruimte program suksesvol van stapel gestuur, en die wapenindustrie uitgebrei, bv die ontwikkeling van die G-5 en G-6 kanon, en die Valkyrie veelvuldige mobiele vuurpyllanseerder ens; nieteenstaande het die SAW teen die middel van die 1980s geen skulde gehad nie. Verder was die verdedigingsbegroting as ’n persentasie van die BBP laer as die van die meeste Westerse lande, en onder die perk wat die Internasionale Monetêre Fonds voorskryf! Boonop het dit alles gebeur in ‘n tydperk van internasionale wapen- en baie ander verbotte, boikotte en sanksies. Syfers is beskikbaar. STELLING NO 8: Sekere van die ou klagtes teen die weermag word nou weereens nuwe lewe ingeblaas. Dit gaan oor Letsels en Geseuweldes, en Gewondes en hulle Naasbestaandes, alles natuurlik hoogs sensitiewe en emosionele sake. REAKSIE NO 8: Die veteraan-organisasies hou voortdurend herdenkingseremonies ter ere van gesneuweldes. Dit sluit die hele spektrum in: Veteraanorganisasies gekoppel aan Britse regimente in Suid Afrika van selfs voor die Anglo-Boere oorlog, en die Boere oorlog self, en afgestorwe troepe van die UVM (Unie Verdedigingsmag) van die Eerste en Tweede Wêreld oorloë. As dit kom by sterftes dan aanvaar almal dat as ‘n gesin tydens oorlog iemand aan die dood afgestaan het, niemand dit ooit weer kan vergoed nie. En as ‘n indiwidu verwond is, dan sal ‘n mens nooit die leed besef totdat dit met jouself gebeur nie. En alle veterane deel in hulle eie gemoedere die leed met alle sodanige mense. Dan mag hulle egter nie ook nog verbied word om uit ‘n globale gemeenskapsoogpunt, vir die onbetrokke waarnemer, perspektief hieraan te gee nie: Oor die drie-en-twintig jaar van koue oorlog in Suidwestelike Afrika het die SAW 611 mense van alle kleure, volksgroepe en geslagte (wie op die betaalstaat van die SAW was) in operasies aan die dood afgestaan. Kuba het oor‘n periode van 12 jaar 2113 name op hulle lys. Die SAW se totale syfers vergelyk nie naastenby met die hoeveelheid mense wat in enkele weke of maande in Suid Afrika doodgaan as gevolg van geweld of misdaadverwante -, of onnodige padongelukke, soos as gevolg van dronkbestuur nie. Die weermagveterane dink met eerbied, meegevoel en trots aan hulle 611 gesneuweldes. Om verdere perspektief vir Suid Afrikaners van die onlangse verlede te gee, sonder om ongevoelig te wees, kom ons vergelyk dit met die verre verlede,soos wat Steven Mvula van die Windhoek Observer gedoen het: daar was 27 927 mense aan boere kant in konsentrasiekampe tydens die Anglo - Boere oorlog dood. Die mans was 1676, en die ander was vroue en kinders. Die werklike groot totaal kan moontlik so hoog wees as 35 000. Om hierdie syfers verder in perspektief te plaas: die totale boere bevolking was in daardie stadium 280 000 tot 300 000 mense. Professor Sadie van Stellenbosch het beraam dat as dit nie vir die Britse konsentrasie kampe was nie, dan was die Afrikaners vandag die grootste stam in Afrika. Daar was plus-minus 40 oorsese krygsgevangene kampe waar 22 000 tot 25 000 boere krygsgevangenes aangehou was - vanaf Ceylon in die ooste tot Bermuda in die weste. 3390 Boere het tydens militêre operasies gesneuwel of is aan wonde oorlede en 157 as gevolg van ongelukke. Die Anglo-Boere oorlog was maar drie jaar lank. STELLING NO 9: In die Suid Afrika van 2008/9 behoort die SAW veterane van die Koue Oorlog-era, insluitende die diensplig generasie, hulle vir nasionale versoening en rekonsiliasie te beywer. REAKSIE NO 9: Ja. Die verre oorgrootte meerderheid van SAW veterane, indien nie almal nie, stem volmondig hiermee saam. Na `n oorlog, maak krygers van opponerende kante, gewoonlik maklik vriende. (Dis die politici wat sukkel). Lede van die ou SAW beleef egter nie hierdie verskynsel wedersyds nie, behalwe met Namibiërs. Die rede is waarskynlik omdat die SAW en SWAPO albei militêre geskiedenisse het, en die ANC nie. Dit behoort nie eintlik `n struikelblok te wees nie en die SAW veterane gun die MK veterane die soeke na ‘n militêre geskiedenis. Afgetrede lede van die ou SAW word egter woedend as mense in díe proses die SAW se militêre geskiedenis op geslepe wyses vir hulle eie doeleindes minag en verkrag. Dit is nie bevorderlik vir samesyn nie, vedral nie in ‘n periode van rekonsiliasie nie. In die tussentyd is die eerste gevaartekens daar van ‘n Mugabe soort “war veteran association”- in–wording. STELLING NO 10: Die vraag wat dikwels gevra word, is hoekom is die Sowjet Unie relatief so stil oor sy teleurstellende resultate in Angola terwyl Kuba die een propaganda projek na die ander van stapel stuur om sy naam te red? REAKSIE NO 10: Die stelling hierbo is `n redelike algemene beskouing van die situasie. Waar ookal veterane van die SAW en veral dié van die diensplig generasie bymekaar kom, word hierdie vrae deeglik en somtyds met emosie bespreek. Die ineenstorting van een van die wêreldleiers se ekonomie, naamlik die van Sowjet Rusland, was vir die Russe `n teer saak en die emosionele naklanke van die mislukking sal nog `n geruime tyd bly bestaan. Tog is dit die Sowjet Unie se beleid om die geskiedenis vir die geskiedenis te los, nie te kla en te treur nie, maar om die pad vorentoe aan te durf. `n Magtige land soos die Sowjet Unie het die vermoë om dit te vermag, en hulle is goed op pad. As gevolg van die feit dat die Sowjet Unie die soort land was waar proteste en demonstrasies nie geduld was nie, het die internasionale publiek egter nie besef tot welke mate die sowjet publiek téén hulle regering se betrokkenheid by internasionale oorloë gedraai het nie. Hulle het gesê: Ons is eerste in die wêreld met satelliete-, die ruimte-, en kernprogramme, en ons is voor met die wapen wedloop – en in Moskou vrek ons van die honger! Om hierdie bui van die publiek te bekamp, dui alles daarop dat die Sowjet Unie onder andere vir Kuba voorgeskryf het om op te hou om uit te basuin dat hulle ook nog militêre steun met finansiële implikasies van die Sowjet Unie gekry het. In Kuba kon die publiek, eweneens, nie demonstrasies en protesoptogte hou nie. Dus het die buitewêreld net die minimum geweet van wat die massas se gemoedere was gedurende die Koue Oorlog binne Kuba. Kuba se heersers van daardie tyd leef nog. En anders as om stil te bly soos die Sowjet Unie, is Castro steeds besig om te sorg dat hy op sy oudag Kuba se heroíse geskiedenis, en sy eie aansien, in plek kry terwyl hy nog kan. Wat Suid Afrikaners neig om te vergeet, is dat waar sommiges van tyd tot tyd, en ook verstaanbaar, hulle misnoeë oor die Koue Oorlog uitgespreek het, is daar ook `n ander prentjie. (Suid Afrikaners het gekla oor diensplig, oor hulle seuns, broers en pa’s wat by die oorlog betrokke was, lang wegwees van die huis af, na ver plekke toe gaan soos Namibië, hoekom? Ens). Alles argumente waarvoor mens moet begrip hê. In Suid Afrika was die gemiddelde patroon van diensplig ‘n aanvanklike periode van 2 jaar. In die eerste jaar word die dienspligtige (DP) opgelei; in die tweede jaar doen hy die werk waarvoor hy opgelei was; dit was gedurende hierdie periode waarin ‘n persentasie DPs net oorkant die grens sogenaamde grensdiens in SWA/Namibië gedoen het; gewoonlik was dit ‘n periode van drie maande; die eerste maand was oriëntering en kondisionering en die ander twee maande was operasionële- of verwante diens. Dit kon moontlik vir ‘n tweede keer in die jaar gebeur het, maar uiters selde ‘n derde keer, indien ooit. Dit in ag genome, moet die Kubaanse gesinne se posisie in oënskou geneem word: Hulle mans of kinders het nie net oorkant die grens gaan militêre diens verrig nie, hulle moes oorkant die Atlantiese oseaan na verre Angola – waarmee hulle niks te make gehad het nie, gegaan het. Hulle kon derhalwe nie een of twee keer vir drie maande op ‘n slag diens doen nie, maar moes vir‘n periode van drie jaar op ‘n slag, en vir ‘n tweede en moontlik ‘n derde keer gaan. Dit het geduur vanaf 1975 tot 1990. Dit is derhalwe glad nie moeilik vir ‘n mens om hom goed in te leef in die Kubaanse gesinne se posisie nie. As die Suid Afrikaners se ma’s gevra het wat soek my kind in Namibië, dan kon ‘n Kubaanse ma met groter ergernis vra wat soek my kind in Afghanistan, die Midde Ooste of Angola, en so lank?! Derhalwe, om ‘n aanvaarbare geskiedenis vir die toekoms van Kuba in plek te kry, het hulle geen uitweg as om vir die Kubane tuis te vertel hulle het glorieryke oorwinnings behaal nie - en die mensdom gered. STELLING 11 Die SAW is by Cuito Cuanavale verslaan. REAKSIE 11 – Genl Jack Turner van die Infanterie Bond wat lid is van die RMVO (Raad van Militêre Veterane Organisasies / Council of Military veteran Organisations, CMVO) vertel: Nadat baie vertoë tot veskillende instansies gerig is, sonder reaksie het die Pantser-, Infanterie-, en Savannabonde verontwaardig gereageer. Gedurende die Infanteriebond se kongres in Jan 2008, is die volgende resolusie eenparig aanvaar: “The SA Infantry Association rejects, with contempt the claim that the SADF was defeated by the Cuban /Angolan force at Cuito Cuanavale in 1988 ...” STELLING 12 Tydens ‘n internasionale blits konferensie wat deur die regering gereël is, maar waar almal behalwe die SAW voorbereid was (weens ‘n laat uitnodiging), het haatspraak die botoon gevoer. ‘n Besluit is aanvaar dat SAW gesneuweldes se name nie in Freedom Park op die Wall of Names aangebring sal word nie. (Die pers was nie toegelaat nie). REKASIE 12 Tydens die Januarie 2008 Kongres, het die Infanterie Bond die volgende resolusie eenparig aanvaar: “The SA Infantry Association decides that they, at this stage, will not in any way become involved with the mentioned wall. If however, The Freedom Park Trust’s attitude towards the Old South African Defence Force and its veterans change favourably, this decision can be re-considered”. STELLING 13: Gedurende Operasie Reindeer het die SAW ‘n vlugteling kamp by Cassinga aangeval en vrouens en kinders doodgemaak. REAKSIE 13 Onwaar: Genl Daan Nell bevestig dat Cassinga nie ‘n vlugteling kamp was nie. Daar was wel vrouens en kinders teenwoordig maar hierdie militêre basis het bestaan uit oorwoë verdedigingstellings met loopgrawe, lugafweerkanonne, mortiere, masjiengewere en SWAPO (PLAN) insurgente. Hierdie insurgente het tydens die vuurgeveg wel vrouens gebruik as skilde om hulself te beskerm. 608 SWAPO (PLAN) lede is gedood in die lugstormoperasie op Cassinga. 4 SAW valskermsoldate is gedood; 3 het gesneuwel tydens die geveg en 1 het in die rivier verdrink tydens die valskermneerlating fase. STELLING 14 Die Cassinga aanval het in 1978 plaasgevind. Die TV reeks “Grensoorlog” is gedurende 2008 geproduseer. ‘n Jong vrou in haar vroeë dertigs vertel in hierdie reeks dat sy ‘n kliniek by Cassinga beheer het toe die SAW aanval plaasgevind het. REAKSIE 14 Onwaar: Dis nou 30 jaar later. Dit wil sê hierdie vrou was nog nie eens 10 jaar oud in 1978 nie. STELLING 15 Tydens ‘n SABC 3 TV Special Assignment beeldsending is die bewering dat die SAW se mynvelde verantwoordelik was vir die dood van honderde onskuldige vroue, kinders en bewoners. REAKSIE 15 Genl Daan Nell verwerp hierdie aantyging ten sterkste. In die program was die SAW bestempel as die aanvallers op Cuito Cuanavale; en dit is verdedigers wat myne lê, nie aanvallers nie. Die enkele kere dat die SAW, oor ‘n baie lang periode, myne geplant het, was die mynvelde ooreenkomstig die internasionale gebruike gemerk, maw nie verskuil nie. FAPLA magte het egter groter mynvelde en honderde myne gelê wat nie gemerk was nie; 3 SAW tenks is onder andere deur hierdie myne buite aksie gestel tydens Operasie Modulêr. Stelling 15A. Die bewering is weereens tydens hierdie beeldsending van Special Assignment gemaak dat die SAW nie Cuito Cuanavale ingeneem het nie. Reaksie 15A. Waar: Ja, geen gevegte het in of naby Cuito Cuanavale plaasgevind nie; die plek is Wes van die Lomba, en die Lomba is nooit deur enige SAW magte oorgesteek nie. Dit was geen taktiese of strategiese doelwit nie; die doel was om die Kubaanse/FAPLA magte te verhoed om Jamba te bereik. Die Kubaanse/FAPLA magte kon nooit daarin slaag om die Lomba oor te steek op pad na Jamba nie. STELLING 16 Tydens die TV reeks “Grens Oorlog” is beweer dat 1 600 SA soldate tydens die 23 jaar van konflik gedood is. Die wanindruk word verder geskep dat hier net na dienspligtiges verwys word. REAKSIE 16 Onwaar. Genl Daan Nell bevestig dat in totaal slegs 611 SAW lede gedurende operasies op die “grens” gedood was. Hulle sluit in Staande Mag, Burgermag en Kommando lede sowel as SWA Gebiedsmag en lede 32 Bataljon. Stelling. Tydens ‘n episode waar die slag van Ebo gedek was, is in kommentaar spesifiek beweer dat 80 SAW soldate gesneuwel het. Onwaar. Slegs 4 soldate is tydens hierdie kontak gedood; ‘n pantserkar drywer en drie mortieriste. ALGEMENE PROPAGANDA EN LEUENS Die “ewigdurende” verwysing na Cuito Cuanavale in TV en radio uitsendings versuim gerieflikheidshalwe die feite met betrekking tot verliese in personeel en uitrusting van die magte betrokke. Tussen September 1987 en April 1988 is 4 785 Kubane/FAPLA soldate tydens gevegte gedood. 31 Soldate van die SAW het tydens gevegte gesneuwel en 6 is as gevolg van malaria dood. Die getal UNITA soldate gedood tydens gevegte is minder bekend. Die SAW het 94 vyandelike tenks vernietig teenoor 3 tenk verliese aan eie kant wat as gevolg van vyandelik mynvelde buite aksie gestel is. 100 Kubaanse/FAPLA pantser troepedraers en veg voertuie is deur die SAW vernietig teenoor 8 verliese aan eie kant. 9 MIG-21 en MIG-23 vliegtuie en 9 vyandelike helikopters is deur eie magte afgeskiet terwyl die SAW 2 Mirage F1 vegvliegtuie en 1 Bosbok verkenningsvliegtuig verloor het. Honderde logistieke steun voertuie en artillerie geskut, vuurpyllanseerders en missiel stelsels is deur die SAW vernietig. Personeel- en Uitrusting Verliese Die “ewigdurende” verwysing na Cuito Cuanavale in TV en radio uitsendings versuim gerieflikheidshalwe die feite met betrekking tot verliese in personeel en uitrusting van al die magte betrokke. Tussen September 1987 en April 1988 is 4 785 Kubane/FAPLA soldate tydens gevegte gedood. 31 Soldate van die SAW het tydens gevegte gesneuwel en 6 is as gevolg van malaria dood. Die getal UNITA soldate gedood tydens gevegte is minder bekend. Die SAW het 94 vyandelike tenks vernietig teenoor 3 tenk verliese aan eie kant wat as gevolg van vyandelik mynvelde buite aksie gestel is. 100 Kubaanse/FAPLA pantser troepedraers en veg voertuie is deur die SAW vernietig teenoor 8 verliese aan eie kant. 9 MIG-21 en MIG-23 vliegtuie en 9 vyandelike helikopters is afgeskiet terwyl die SAW 2 Mirage F1 vegvliegtuie en 1 Bosbok verkenningsvliegtuig verloor het. Honderde logistieke steun voertuie en artillerie geskut, vuurpyllanseerders en missiel stelsels is deur die SAW vernietig. Logistiek Finansies Diplomasie en Politiek Die aantyging word kort-kort gemaak dat die Koue Oorlog in die Suidweste Suid Afrika finansieel op sy kniee gedwing het. Dit is leuenagtige kwaadwillige propaganda. Suid-Afrika sal nog in die toekoms bekend staan as ‘n goeie voorbeeld van ‘n land wat teen lae koste ‘n oorlog gevoer het, selfs terwyl ‘n wapen- en ander boikotte in swang was. Inderwaarheid is die oorlog feitlik gevoer op slegs ‘n normale verdedigingsbegroting wat internasionaal baie goed vergelyk. ’n Ontleding van die totale kontantbedrae toegewys aan die weermag gedurende die tien voltooide finansiële jare waarvoor ge-ouditeerde appropriasiestate deur die Ouditeur-Generaal by die Parlement ingedien is (1977-78 tot 1986-87), toon die volgende: In hierdie tien jaar was die verdedigingstoekenning in reële terme ‘n gemiddeld van RM 7 173 per jaar, wat effens laer is as die RM 7 232 vir 1977-78. In reële terme was die 1986-87 verdedigingstoewysing 7,6% hoër as die 1977-78 toewysing teenoor die 37,6% toename vir die staat as ‘n geheel. Verdedigingsuitgawes as ‘n persentasie van staatsuitgawes het gedaal van 18,4% in 1977-78 tot 14,4% in 1986-87. Die verdedigingsuitgawe as ‘n persentasie van die bruto binnelandse produk het gedaal van 4,8% vir 1977-78 tot 4,2% vir 1986-87. In reële terme, teen 1988 randwaardes, het die bedrag wat deur die Departement Openbare Werke vir die Weermag begroot is, van RM 272 vir 1977-78 gedaal tot RM 197 vir 1986-87. ‘n Afname van 28%. Syfers wat op 1 April 1989 bekend gemaak is, toon dat die koste van die SAW se betrokkenheid in Suidwes R580 miljoen per jaar beloop het, plus beperkte hulpverlening aan Unita. Die verdedigingsbegroting was minder as 5% van die bruto binnelandse produk. Dit vergelyk gunstig met lande soos die VSA (6,5%), Brittanje (5,4%), Israel (14,8%) en Mosambiek (10,8%) Die Weermag het aan die SWAGM uitrusting en ander voorraad teen terugbetaling voorsien. Die Departement van Finansies het in die ses jaar voor onafhanklikheidswording addisionele begrotingshulp ten opsigte van verdediging aan Suidwes verleen. In die 1988/89 boekjaar het dit R80 miljoen bedra. In teenstelling hiermee het die weermag daarop gereken dat Sowjet-Rusland se militêre betrokkenheid in Angola, tesame met ander faktore, hom so sou uitmergel dat hy uiteindelik die stryd daar gewonne sou moes gee. Crocker se regterhand, Chas W Freeman, het met die voordeel van terugblik in 1989 beweer: …dat die Sowjette begin agterkom het dat hulle eskalerende blootstelling duurder en duurder geword het in beide ekonomiese en politieke terme as wat hulle politeke belange regverdig. Hulle moes eerder hulle uitgawes en verliese beperk en ‘n reputasie opbou as ‘n verantwoordelike internasionale speler saam met die VSA, en die Weste in die algemeen. (Foreign Affairs, Spring Edition, 1989: “The Angolan/Namibia Accords”) Heitman sê in 1990 met dieselfde voordeel: …Die Sowjette was reeds deur Afghanistan in die verleentheid gedompel en het nie nog ‘n eindelose insurgensie in sy “ryk” gesoek nie. Moskou was reeds tweekeer tevore gered deur leërs wat hulle self logisties ooreis het. Daardie dae het ekonome in die SA dagpers beweer dat een dag se massa wegbly-aksie die land RM300 tot RM500, gekos het en selfs meer. Dit kon een jaar se oorlog in Suidwes en Angola finansier. Aanhangsel A SOME THOUGHTS BY AN EX NSM - VOLLEDIGE ENGELSE TEKS [Source: “Isa en Johan” isajohan@esnet.co.za Sent: Friday, 25 January, 2008 11:37am] SOME THOUGHTS BY AN EX NSM Some thoughts!!! We built the bloody place, and are Oh, so sad, to see it crumbling apart!!! We are the National Service generation. The youngest is about 35 andthe oldest of us are into our 60’s. We built the New South Africa! We are the generation who provided our time to the nation in many different ways. Many of our Dads and Granddads had Africa Stars and other 39-45 war medals. We (sometimes) got a Pro-Patria, but mainly are now just getting contempt and denigration and a kick in the gat. We were a polyglot bunch made up of many nationalities, thrust together and welded into a fairly damn effective outfit. Some 300 thousand of us were born on the wrong side of history. Today, we are branded the “baby killers” of Africa. That is, of course, if anyone even remembers us and our contribution. From ages between seventeen and whatever, we took time out from lives,loves, jobs, education and “normal things” and donned nutria browns. We were subjected to the rigours of “Basics”, and many of us chose to endure even further hardships of advanced training; as leaders,special forces, parabats, mecchies, Op’s medics, and a multitude of other specialities. We learnt quickly, and assumed the mantle of professionals, all within a very short time. We performed! 18, 19 and 20 year-olds carried out the tasks, that in other military forces, would be carried out by seasoned career professionals. We did the business as youngsters! We served in so many ways, sometimes enthusiastically, and sometimes with no great fervour. Many endured the peculiar experience of Border duties. Heat and dust (sometimes cold and mud), mozzies, snakes and crap food. The odd mixture of tedium, interspersed with bouts of high adrenaline and occasional arse-clamping terror. And the camaraderiethat lasts a lifetime. Others’ kept the system working. As guards, clerks, store-men, chefs, drivers, and maintainers’ of many things. “Tiffies” of every sort abounded, and we all developed special skills and insights. We met people from every strata, division, or group in society. By and large we got on with each other. And these were experiences which stood us in good stead in later life. We were no angels, more like lusty tom-cats with a terrible thirst! But we did the needful, and did not shoot or “frag” our officers. After initial service, we resumed our “Civvy” lives, and became the students, farmers, apprentices, trainees, learner officials, and office juniors’ of the working world. Later on we became the Shift Bosses, sparky’s, plumbers, miners, doctors, technicians, accountants,and middle managers of the country. In the mining industry, we made a lot of people in London very rich. As engineers, we kept the ESCOM grid alive and expanding, bringing electricity to the furtherest reaches of the country (without blackouts). Also as engineers, we built some of the finest structures in Africa and completed projects of great complexity (in the face of sanctions and fuel restrictions). We built hospitals (and staffed them with world class doctors, nurses and other professionals), and kept places like Bara and Natalspruit open under full-scale war conditions, we built schools and colleges(with world class educationalists). We built an international and commercial powerhouse in Africa, the only one! We were leaders,creators and innovators. We made things happen. We “made a plan”. And still later, we continue to lead, build, protect and make things happen....... all over the world Many of us started or took over small businesses. Some were high fliers and progressed rapidly through the corporate and business world. Some too, “crashed and burned” or took some wrong turns in their lives. They paid a price. We contributed too, in wider society. As parents, members of the community, through churches, cultural groups, schools and universities, youth and sporting organisations we helped to build a wider community. Many of us were volunteers in a service capacity. Fire, ambulance, sea-rescue, life-saving, scouting, Voortrekkers,Rotary, Round Table, St Vincent de Paul, police reserve, and a multitude of charities and groups all derived leadership, effort and support from our generation. Plenty of us were passionate about the environment, and we did things about that too. Hopefully, this legacy will last. But, lurking in the background, was always nutria brown. From time to time (some more often than others) we got the call-up again. As part-time soldiers, we engaged in the last “hot battles of the Cold-War”. Indirectly, we helped to bring “The Wall” down. We confronted Russians, Cubans and legions of “freedom-fighters” of every description. And some of them were tough. They gave us a run for our money. But we prevailed. Later on, we served in the townships. We maintained a form of stability, and were often RESPECTED and WELCOMED. This is an inconvenient fact that the revisionists would seek to bury. In urban operations we stood between warring factions. We protected ordinary residents as far as we could, and separated violent ANC and Inkatha protagonists regularly. In doing so, some of us got hurt. The most effective units got vilified and succumbed to propaganda. We served in the country-side too, and ensured that rural life and the farming communities could get on with the business of providing food to Sub-Saharan Africa. Sometimes two or more generations served in the same Commando. We also established the necessary stability to allow the 1994 elections to take place. These democratic elections would not / could not, have happened without the “National Service Generation”. It’s worth adding, that in all these conflicts, black and white soldiers frequently stood shoulder to shoulder. And then, national service ended. Some continued to serve in an integrated force (and still do so). The whole nation revelled in the spirit of Rugby World Cup 1995. Reconciliation was the order of the day. A “Rainbow Nation” was born.And now? Bit by bit, it all seems to be sliding away. And the ENORMOUS contribution of the National Service Generation is being written out of history. If indeed, it is included in history, then the “baby killer” tag is applied. This is pure revisionist clap-trap. We built the bloody place!!! We have every right to be proud of our contribution. And we must make it known. Dave
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|