News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 18°C 31°C
KPT 19°C 24°C
JHB 13°C 27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
02/01/2009 12:28  - (SA)  
Veterane van die koue oorlog, insluitend die diensplig-generasie (NSM-generation) – oor waarheid en propaganda

Genl. Jannie Geldenhuys    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Enkele Gedagtes van Dave ‘n voormalige Nasionale Dienspligtige:

(Vryelik uit die Engels vertaal en verkort. Die oorspronklike teks is in Aanh A)

[Bron: “Isa en Johan” < isajohan@esnet.co.za

Sent: Friday, 25 January, 2008 11:37am]

Ons is die Nasionale Diensplig generasie. Die jongste is omtrent 35 en die oudste in die sestiger jare. Ons het die nuwe Suid Afrika gebou! Ons is die geslag wat ons tyd vir die nasie gegee het, op baie maniere. Baie van ons pa’s en oupa’s het Wêreld Oorlog II medaljes gedra.Ons het (somtyds) a Pro-Patria gekry, maar nou word ons net afgekraak, geminag en kry ‘n skop in die gat.

Ons was ‘n veelsoortige klomp uit verskillende nasionaliteite saamgegooi, en gesmee in ‘n redelike bleddie effektiewe span. Ongeveer 300 duisend van ons was aan die verkeerde kant van die geskiedenis gebore.

Vandag word ons gebrandmerk as die “baba moordenaars” van Afrika, dws as iemand ons en ons bydraes ooit onthou.

Vanaf die ouderdom van 17 en hoër het ons vir ‘n tydperk ons lewens, liefdes, werk, opvoeding en “normale dinge” opgeoffer en die nutria browns aangetrek.

Ons was ge-onderwerp aan strawwe basics en baie van ons het die roete gekies om verdere swaarkry en gevorderde opleiding te verduur as leiers: spesiale magte, parabats, mecchies, ops medics en menige ander spesialis vakke. Ons het vinnig geleer en binne ‘n baie kort tyd professionele mantels aangetrek. Ons het perform!

18, 19 and 20 – jariges het take uitgevoer wat in ander militêre magte deur gesoute beroeps professionaliste uitgevoer sou word. Ons het dit gedoen as laaities! Baie van ons het die besonderse ondervinding van grensdiens deurgemaak: eienaardige mengsels van verveeldheid, vermeng met oomblikke van hoë adrenalien, en kere van gatknypende terreur - saam met kameraderie wat ‘n leeftyd duur.

Ander het die sisteem aan die gang gehou as wagte, klerke, pakhuismanne, sjefs, drywers, en baie ander vakindelings. Daar was allerhande soorte werktuigkundiges en ons het almal besondere vaardighede en insigte ontwikkel. Hierdie ervarings het ons goed te staan gekom in ons latere lewens.

Na twee jaar het ons ons civvie lewens hervat. Ons het die studente, boere, vakleerlinge en junior kantoorklerke van die wêreld geword.

Maar in die agtergrond was die Nutria Browns altyd teenwoordig. Van tyd tot tyd was ons weer opgeroep, party meer kere as ander. As deeltydse soldate het sommige van ons deelgeneem aan die laaste warm gevegte van die Koue Oorlog. Indirek het ons ‘n bydrae gemaak om die Berlynse Muur te laat tuimel. Ons het Russe, Kubane en ‘n legio “vryheidsvegters” van verskillende soorte gekonfronteer en vasgebyt.

Later het ons in die townships diens gedoen. Ons was dikwels verwelkom en gerespekteer. Ons het gehelp om die nodige stabiliteit daar te stel vir die 1994 verkiesings. Hierdie demokratiese verkiesings sou nie, of kon nie sonder die Nasionale Diensplig generasie plaasgevind het nie. Dit dien vermeld te word dat gedurende al hierdie konflikte die swart en wit soldate dikwels skouer aan skouer gestaan het.

En nou? Stukkie vir stukkie is alles besig om weg te gly, en die REUSE bydrae van die Nasionale Diensplig generasie word uit die geskiedenis uitgeskryf. AS dit wel in die geskiedenis voorkom, word die baby killer - etiket opgeplak. Dit is pure revisionist clap-trap. Ons het alle reg om trots te wees op ons bydrae. En ons moet dit uitbasuin. Ons het die bleddie plek gebou!!!

Dave

Deel 1: Agtergrond

(Propaganda)

Een van die kenmerke van die Koue Oorlog was die bedrog en skelmstreke wat voor, tydens en daarna, daarmee gepaard gegaan het - wêreldwyd. Meer as in enige ander oorloë het die politiek met die militêr vermeng geraak, maar steeds die botoon bly voer – en dirty tricks is tot strategiese knypstukke verhef. Dit geld ook vir Suider Afrika.

Nou, twintig jaar na die Koue Oorlog met die val van die Berlynse muur, het die waarnemer/verslaggewer ‘n keuse: staan en val hy by die populêre propaganda-leuens van die dag (oor bv die sg Cuito Cuanavale van die afgelope twintig jaar), of word hy deel van die nuwe wending wat besig is om sy eie momentum te ontwikkel. – die verkwikkende herlewing van die grondige waarheid.

Intussen is die SAW van daardie era, twintig jaar nadat die Sowjet Unie nederlaag erken het, nog steeds die slagoffer van die stuiptrekkings van die Koue Oorlog se skelmstreke. SAW veterane van die oorlog, veral diegene van die NSM generation, is dikwels steeds die weeskinders en die swart skape.

Brendan Seery, die hoof van die Argus Africa News Service in Windhoek, Namibië vanaf 1985 tot 1990 skryf in The Saturday Star van 19 Januarie 2008: “Die verbitterde SAW veterane wat vir dagblaaie skryf, sal nooit die geleentheid kry om hulle seges te herdenk wat in ‘n ander oorlog as heldedade beskryf sou word nie.” Tog sal die waarheid seëvier. Soos mens kan sien, dit is al klaar besig om te gebeur.

Die grondslag van die waarheid is inderdaad in die vroeë negentigs reeds deur bekende gesaghebbendes gelê:

Simon Barber het uit Washington vir Business Day geskryf: “… (Ochoa) was to preside over Cuba’s last hurrah in Angola and the ‘heroic’ defence of Cuito was therefore a vainglorius fraud, designed to cover a retreat that had already been decided

Die bekende en gesaghebbende Chester Crocker het Cuito Cuanavale beskryf as the “big lie of Angolan war”( High Noon in Southern Africa – ISBN 393-03432-1).

Robin Renwick het geskryf: “Stopping the massive Soviet– and Cuban-backed advance in October 1987 required some quite heroic actions by 32 Battalion and the other heavily outnumbered South African forces. The South African forces never exceeded a brigade in size. The battle was won by concentrated artillery fire and air-strikes on the Angolan tank formations. Huge quantities of Soviet equipment were destroyed or captured” (Unconventional Diplomacy in Southern Africa. (0-333-67823-0ISBN).

Die bekende en hoogs gerespekteerde professionele militere verslaggewers, Helmut Roemer Heitman (Janes), Willem Steenkamp (Cape Times) ea het al hierdie uitlatings bevestig.

Veterane van die SAW skets die volgende prentjie (in Veteraan Nuusbriewe, Blogs, Webwerwe ens):

Eerstens: SWA/ Namibië het op 1 April 1990 onafhanklik geword. Dit was nie sonder teëspoed nie: Op 1 April 1989 toe die wapenstilstand in werking moes tree, verkrag ‘n raps minder as 2000 Swapo vegters die wapenstilstand reëls (VN Resolusie 435/ Geneefse Protokol). Hulle stroom oor die grens uit die Noorde en skiet links en regs wat ookal voorkom. ‘n Klein polisiemag, ondersteun deur enkele elemennte van die weermag, soos troepe van 101 Bataljon wat opgeroep moes word, en helicopters red die situasie. Ongeveer 360 – 400 van die invallers word gedood – die meeste SWAPO-geseuweldes in een enkele operasie sedert die gewapende stryd in 1966 begin het!

Die nuwe Namibië is ‘n moderne demokratiese model staat. Dit toon geen tekens en eienskappe van aangeleerde politieke- en ekonomiese kenmerke van die Sowjet Unie, Kuba en Oosbloklande nie. Dit is absoluut ‘n model van vrye, een- persoon-een-stem demokrasie, van handhawing van menseregte, en vryheid van die media. Dit is nie ‘n land met hang-ups nie.

Dit is wat die SAW help skep het, of ten minste die verwesenliking daarvan gered het en dit moontlik gemaak het. Maar toe draai die prentjie (teen die SAW)…

Tweedens: Suid Afrika het in 1994, na ‘n referendum en verkiesing, ‘n volle demokrasie geword met ‘n veelgeroemde moderne konstitusie. Maar in die aanloop daartoe, net soos in die geval van die Swapo-inval in Namibië, het die gevegte tussen die ANC, UDF en Inkatha die grootste lewensverlies van die struggle ooit, in een episode, opgelewer.

Tydens die aanloop tot volle onafhanklikheid van Suid Afika het die weermag die polisie, op díe se versoek, met Keeping the Peace – optredes gesteun, en ook met die handhawing van publieke veiligheid. Net soos in Namibië het die weermag ‘n geweldige bydrae gelewer om gladde politieke oorskakeling te bewerkstellig.

Teen 2008/9, terwyl die demokratiese modelstaat van Namibië sy gang gaan, en die nuwe Suid Afrika floreer, het die voormalige regerende politieke party in die RSA reeds verdwyn. Baie van sy ou lede het by die ANC aangesluit.

Dit was toe, en veral in die klimaat van oordrewe moderne politieke korrektheid, dat die veterane van die Koue Oorlog, en veral die NDP generasie, die weeskinders en swartskape van die gemeenskap geword het – ‘n slaansak vir enigeen wat ‘n hou wil inkry.

Die nuwe regering soek ‘n militêre geskiedenis vir hulle party (ANC) en kry dit nie, en probeer vergoed daarvoor deur die SAW se geskiedenis te verdraai. Die Sowjet Unie probeer stilweg om sy eer te herwin, en Kuba, wat min het om vir sy volk te wys, probeer om sy aansien hoog te hou en sy eie militêre geskiedenis vir die toekoms te vestig. In die proses, en omdat hulle min het om te wys, verdraai hulle die beeld en die bewese suksesse van die SAW, tesame met hulle maats van die ANC, soos Chester Crocker dit stel: die mite van Cuito Cuanavale!

Deel 11: Tussenspel

(Cuito Cuanavale – Begin van die Einde - Die Feite)

Veterane – die Nasleep

Wanneer Suid Afrika se weermag veterane die operasies van die middel-laat 1980s in Angola/Namibie bespreek, bevestig hulle opnuut die bewese gskiedenis:

Die oorhoofse politieke doelstelling was om die Sowjet Unie se beheer en uitbreiding in die Suider Afrika van die Koue Oorlog-era hok te slaan, en derhalwe om Namibië se politieke ontwikkeling tot ‘n volle demokratiese bestel te verseker.

Die militêre doelstelling was om die Angolese Fapla (met geweldige steun van die Sowjet Unie en Kuba) te verhoed om Savimbi en sy UNITA se hoofsetel by Jamba te oorrompel.

Dit is presies wat die SA Weermag help vermag het: Fapla en sy bondgenote is verwoestend in hulle wegspringblokke vernietig; hulle kon dus ook nie óór, of verbý die Lombarivier kom, om Mavinga en Jamba aan te durf nie.

Die reeks Suid Afrikaanse/Unita oorwinnings by die Lombarivier was die beslissende slae van al die militêre operasies, en dis dit – Namibië het ‘n model Westerse demokrasie geword en die Berlynse Muur het ineengestort - en Russe en Kubane het uit Suider Afrika verdwyn.

Die onvergenoegde propagandiste gaan dit uiteindelik nie verander kry nie! Geen akademiese tierlantyntjies en intellektuele kunsgrepe, geen teoretiese verrinnewering van die geskiedenis, en geen politieke posering en postulasies gaan die feite omvêr gooi nie. Die SA Weermag en genote het gewen, en tyd sal dit herbevestig, binnekort - en dis dit!

Die SA Weermag en genote het gewen: As Barack Obama die presidentsverkiesing wen, help dit nie om te sê: maar hy het wel party van die stemme verloor nie. As Tiger Woods wen, help dit nie om te sê: ja, maar hy het by die sestiende putjie gegly nie – die finale uitslag is verdoemend.

Diegene wat die feite beveg, is hoofsaaklik die heersers van Kuba wat hulle publiek (wat duisende geliefdes in ‘n baie ver land verloor het – vir wat?) wil paai, en terselfdertyd hulle land se “regte” geskiedenis wil skep, voordat dit te laat is.

Daar is ook hulle wat teen oorlog per se agiteer en waarmee ‘n veteraan vrede het, en diegene wat teen konskripsie gekant was - die veteraan het vrede met godsdiensbeswaardes.

Die rede hoekom die negatiewe propagandiste ‘n mate van sukses het, is omdat die SA Weermag van vroeër wees gelaat is. In die klimaat van oordrewe politieke korrektheid staan een en almal vry om hulle by te kom. Die veterane moet nou vir hulle self sorg.

Nog ‘n Weermag Veteraan sê sy sê

Gen Marius Oelschig, gesoute internasionale- en Afrika veteraan van die Koue Oorlog reageer op propaganda stellings (Verkorte Weergawe van die oorspronklike teks - 752 Woorde - die volledige teks is beskikbaar).

In Junie 1992 het oorlede Peter Mokaba verklaar dat sy party se program van “rolling mass action” sou uitloop op wat hy beskryf het as “another Cuito Cuanavale for the white minority regime”. ‘n Sapa verslaggewer het in ‘n berig van die Oos-Kaap se Daily Dispatch van 17 Junie 1992 verduidelik Mokaba se verklaring “is a reference to the battle in which South African forces were ambushed in Angola by Cuban MiG aircraft and is said to have led to independence being brokered in Namibia.”

(Hierdie is suiwere snert en laakbare arrogansie teenoor die SAW wat reeds in ‘n vroeë stadium na die oorlog as’t ware voeëlvry verklaar was, en waar politieke korrektheid begin hoogty vier het – deur iemand wat nie die minste idee het waarvan hy praat nie).

“Mokaba het bloot sy party se propaganda-beleid gevolg, maar die Sapa verslaggewer het nie die moeite gedoen om die feite na te vors nie. Hy het Kubaanse- en ANC propaganda skaamteloos versprei. Geen wonder nie dat die publiek so verdeeld staan oor die gebeure rondom die sogenaamde ‘Slag van Cuito Cuanavale’.

“Die feite is eenvoudig: Jonas Savimbi se UNITA beweging het vanaf 1978 tot 1980 so gevorder dat hulle in staat was om die strategiese dorpie en vliegveld te Mavinga te verower. Vandaar het hulle begin om die binneland van Angola in te sypel. Daarna was daar‘n aantal Fapla pogings om Mavinga te herower; Maart 1981, Mei 1981 en Julie 1982. Al hierdie pogings is deur UNITA, met beperkte SA Weermag hulp, gestuit. Luanda en die Sowjet-raadgewers in Angola het besef dat slegs die vernietiging van UNITA se Hoofkwartier te Jamba ‘n einde aan die burgeroorlog sou bring. In Augustus 1985 is ‘n mag van sowat twintig brigades versamel met die doel om Mavinga te verower en Jamba finaal te vernietig. In Oktober 1985 is die offensief sowat 28 km vanaf Mavinga gestuit. Verliese was weereens skokkend: Fapla -1 043 gedood en ongeveer 1 300 gewond, Kubane – 56 gedood en 60 gewond, Sowjet-Unie – 10 gedood en 9 gewond. Ander verliese was 8 vegvliegtuie, 6 helikopters, twee transportvliegtuie, 6 tenks, 26 pantservoertuie en 100 transportvoertuie.

“ Teen Maart 1987 was dit baie duidelik dat daar weer ‘n massiewe offensief teen Mavinga en Jamba aan die opbou was. Oorlogsmateriaal is per skip en vliegtuig direk vanaf die Sowjet-Unie na Angola versend. In Junie 1987 het die SA Regering magtiging aan die SA Weermag verleen om vir UNITA in militêre operasies by te staan. Die SAW was gemagtig om, in eskalerende fases: Verkenning te doen en die vyand te teister; sy aanmars te monitor; sy aanmars te stuit; en die vyand te vernietig.

“Dit is presies wat gebeur het. Vier Fapla infanterie-brigades, 16 Brigade (Bde), 21 Bde, 47 Bde en 59 Bde, het in Mei 1987 met hul aanmars op Mavinga begin. Twee taktiese groepe, elk met ‘n tenk-bataljon as kern, het ook aan die offensief deelgeneem. Vyf Fapla brigades was in reserwe. Hulle was 8 Bde, 13 Bde, 24 Bde, 25 Bde en 66 Bde. SAW verkenningselemente het die ontplooing en vordering van hierdie magte goed dopgehou. Op 2 Julie het die teistering van die aanmarsende Fapla-magte deur die SAW formeel begin.

“Die kern van die saak is dat die Fapla offensief weereens met geweldige verliese kort vóór Mavinga gestuit was. Daarna het die SAW-magte die vyand tot by hul oorspronklike afspringplek te Cuito Cuanavale teruggedryf.

“Die daaropvolgende gevegte het verseker dat die vyand nie weer in staat sou wees om in 1988 ‘n offensief teen Mavinga en Jamba te loods nie.

“Fapla verliese tydens hierdie mislukte offensief was: Gedood/gewond/gevange – 5180, Kubane gedood/gewond-390, T54/55 tenks vernietig/gebuit -94, pantservoertuie vernietig/gebuit - 112, vegvliegtuie vernietig - 11, helikopters vernietig - 9, vragvoertuie vernietig/gebuit - 426. SAW verliese: 31 lede gesneuwel, 3 tenks in ‘n mynveld vernietig, 7 pantservoertuie vernietig, twee vliegtuie vernietig.

“Hierdie massiewe offensief teen Mavinga en Jamba was ‘n militêre vernedering vir die MPLA, die Sowjet-Unie, en Kuba. Castro het egter sy frustrasie en woede vir sy Kubaanse Generaal Arnaldo Ochoa Sanchez, militêre bevelvoerder in Angola tydens die “Slag van Cuito Cuanavale” gebêre. Skaars ‘n jaar daarna was hierdie populêre en gedekoreerde soldaat deur ‘n vuurpeloton in Havana gefusilleer .

“Fapla se doelwit was om Mavinga en Jamba te verower. Die SAW se doelwit was om die Fapla offensief te stuit. Besluit self wie het in hul doel geslaag en probeer daarna om Peter Mokaba se kloutjie by sy oortjie te kry” - Einde van Oelschig teks.

Deel 111 - Die Wenners

(Einde van die Einde)

Die beslissende gevegte in die suidooste van Angola het in die Lombarivier omgewing plaasgevind, en nie by Cuito Cuanavale nie. Hoe dit ookal sy dit was nie die einde van operasies in die suide van Angola nie. ‘n Grandiose Kubaanse mag het in die suidweste van Angola ook nog ‘n aanmars suidwaarts in die rigting van Owamboland (in die Noorde van Namibië), van stapel gestuur.

Hierdie suiwer Kubaanse mag het in die Techipa gebied in die suidweste weereens sy rieme styf geloop en druipstert omgedraai, en die aftog geblaas. Hulle het genoeg gehad.

‘n Mens het nie grondige militêre kennis of besondere inligting nodig om te weet wie uiteindelik gewen het nie:

Eerstens: Die doel van die Die Fapla / Kubane se offensief was om Mavinga en Jamba te verower. Hulle het nooit eers daar uitgekom nie.

Tweedens: Namibië het ‘n land geword met vrye verkiesings, en met ‘n konstitusie wat vryheid van die media waarborg, totaal anders as wat die marxistiese lande was en party nog is, soos Kuba. Dit skyn asof die “oorwinnaars” (die Sowjet Unie en Kuba) nie, soos in ander lande van die Koue Oorlog-tydperk bv Oos Europa, sy stempel op Namibië afgedruk het nie. Die Berlynse Muur het ineengetort!

Derdens: Die landskap van Namibië en Suid Afrika toon geen oorblyfsels van die lang oorlog van meer as twee dekades nie. Hoekom nie? Die enigste verklaring is omdat die Sowjet Unie en Kuba verloor het.

Vierdens: Hoekom het die Kubane hulle seëvierende leër generaal, Arnaldo Ochoa Sanchez deur ‘n vuurpeloton laat doodskiet? En hoekom het hulle lugmag generaal Rafael Del Pino Diaz na Miami uitgewyk?

Die geykte ou huigelagtige skewe propagandaprentjie van die SA weermag en van die bosoorlog is vanself besig om te swaai. Daarom moet ‘n mens vandag mooi dink en besluit: Wil jy deel bly van die geykte ou sprokies of wil jy deel word van die moderne ingeligtes?

Die herlewing van die waarheid is alreeds ingelui deur onder andere, die bekende joernalis, Max du Preez: “Hulle (troepe van die SAW) was ‘n eersteklas voorbeeld van ‘n hoogs gedisiplineerde mag waar partypolitiek verbode was; hulle was lojaal teenoor die regering van die dag. Hierdie kultuur en disipline dat die SAW bokant party politiek verhewe is, het ons oorgang na demokrasie van ontsporing gered”. (Daily News 14 Februarie 2008);

In Hannes Smith se Windhoek Observer van 5 April 2008 beskrywe Steven Mvula, in ‘n dubbel volbladsy, ten tyde van die ANC se vierings, die verhaal van “The Battle of Cuito Cuanavale – The Other Side of the Story” (Hier onder volg enkele uittreksels in Afrikaans vertaal):

“Die Suid Afrikaanse magte het FAPLA suksesvol gestuit. Interessantheidshalwe, terwyl die gevegte aan die gang was, het Kubaanse en Russiese verteenwoordigers onderhandelinge versoek. Konsensus is bereik dat Suid Afrika nie uit Namibië sal onttrek terwyl Kubaanse magte nog in Angola is nie. Hoekom het die Kubaanse magte ingestem om te onttrek as hulle die wenners was?

“As die Suid Afrikaanse apartheidsmagte ‘op hulle knieë gedwing was om onderhandelinge te verkies vir die onafhanklikheid van Namibië’, hoe het dit dan gebeur dat ons ‘n geko-opteerde lid van die ‘westerse demokrasie’ geword het?

“Hoekom het ons nie eerder kommunisme of sosialisme verkies (die sisteem van die wenners) bo die westers georiënteerde demokrasie nie (die sisteem van die verloorder)…?”

“… Die Suid Afrikaanse Lugmag het vier Mirages as lokaas gebruik en terwyl MiGs gereed gemaak het om te reageer, is die aanloopbane deur G-5 kannone gebombardeer.

“Binne ‘n kort tydjie was die vliegveld (by Cuito Cuanavale) vernietig en die oorblywende MiGs was verplig om terug te skuif na Menongue.

“Stinger missiele was ook doeltreffend deur Unita aangewend en twee Kubaanse vlieëniers was krygsgevange geneem nadat hulle MiG afgeskiet was…”

“… Na 13 jaar in Angola het die Kubane nog steeds nie hul doel bereik nie… Hulle het die Suid Afrikaners erg onderskat en tot hulle skade geleer dat hulle te staan gekom het teen hoogs opgeleide geharde vegters. As hulle die moeite gedoen het om Suid Afrika se militere geskiedenis na te slaan, kon hulle dalk ‘n oomblik gereflekteer het oor die feit dat die voorvaders van hierdie troepe die volle mag van die Britse Ryk teengestaan het toe dit 450 000 Britse troepe drie jaar geneem het om net meer as 20 000 Boere onder te kry”.

In sy boek The Afrikaners: Biography of a People sê Hermann Giliomee oor die SAW se militêre optredes in Suidwestelike Afrika gedurende die bosoorlog van die onlangse verlede op bl 591, “Some observers considered it one of the most successful counter-insurgency campaigns in history”.

In Hermann Giliomee en Bernard Mbenga se New History of South Africa skryf Annette Seegers, soos bevestig deur Giliomee, op bl 389: “Although heavily outnumbered, South Africa scored a major, largely unheralded victory in Angola. In a large-scale formal battle at Lomba, the forces of South Africa and Unita inflicted a crushing defeat on the Cuban and Angolan forces, together with their Russian military advisors. The Cuba-Angolan force retreated to Cuito Cuanavale. The South African/Unita force laid siege to the town, but did not attempt to take it because the strategic value was limited.”

Van Zyl Slabbert skryf in sy boek The Other Side of History ( ISBN 186842 250 X): “To claim that the ‘brave freedom fighters,’ ‘MK heroes’ and the ‘revolutionary masses’, ‘crushed racist imperialist rulers’ blah-blah-blah etc is so much stuff and nonsense.” “Callinicos in her hagiography of OR Tambo Beyond the Yengeni Mountains … blithely states that the final straw that broke the camel’s back was ‘the decisive defeat’ of South African forces at Cuito Cuanavale in 1987 in Angola. This theme was uncritically propagandized by Pallo Jordan when in March 2005 he delivered a paper, The Relevance of Pan Africanism Today”… “If it was such a decisive victory, why did Castro have his war hero, Genl Arnaldo Ochoa Sanchez, executed by firing squad soon after Cuito Cuanavale on trumped-up charges of treason and drug peddling?”

TOEGIF - NOG MEER SAW VETERANE REAGEER OP PROPAGANDA - STELLINGS EN REAKSIES

Die restant van hierdie memorandum is ad hoc Aantygings/Stellings, gevolg deur Reaksies/ Opmerkings uit SAW veterane geledere.

STELLING NO 1:

“Die gety het geswaai teen die invallende kolonne van die SAW apartheidsleër in die suide. In hulle gretigheid om die hoofstad van Angola, Luanda, spoedig te bereik, het hulle hulle vingers teen FAPLA (die militêre vleuel van die Angolese MPLA party) en die Kubaanse verdediging verbrand”. (ANC History no 15, bl 4 www.anc.org.za/ancdocs/pubs/umrabulo/umrabulo 15/mk.html )

REAKSIE NO 1:

Feëverhaal en histeries lagwekkend. Die waarheid is presies die teenoorgestelde. Dit was nie die Suid Afrikaanse/Unita magte wat êrens heen op pad was nie, en minste van alles op pad na Luanda - wat, soos die kraai vlieg, 1000 km ver weg in die noordweste is! Dit was FAPLA, met die steun van die Sowjet Unie en Kubane, wat op die offensief was. Hulle aanmars het begin vanaf die sameloop van die Cuito- en Cuanavale riviere en was op pad na die verre suidooste, na die Lomba rivier en dan na Mavinga en dan na Jamba (Jonas Savimbi van Unita se hoof setel).

STELLING NO 2:

“Sesduisend troepe van die SAW was in Cuito Cuanavale omsingel en met uitwissing gedreig indien die regime nie toestem om te onderhandel nie”. (ANC History no 15, bl 4 www.anc.org.za/ancdocs/pubs/umrabulo/umrabulo 15/mk.html )

REAKSIE NO 2:

Fiksie van die ergste graad! Die onderwerp waarmee die skrywer handel, verwys na gevegte wat in die verre suidooste van Angola gedurende 1987 plaasgevind het. Daar was egter hoegenaamd geen omsingeling van SAW troepe van welke aard ookal in Cuito Cuanavale nie! Inderwaarheid was daar nie eers ‘n geveg daar nie. Niemand kon in die afgelope twintig jaar een enkele soldaat van die beweerde 6000 opspoor wat die lagwekkende “omsingeling” kon bevestig nie! Wat die stelling nog meer belaglik maak, is dat die totale Suid Afrikaanse mag in daardie omgewing nooit meer as 3000 getel het nie.

STELLING NO 3 (uit dieselfde bron):

Die beweerde omsingeling is “agter die skerms opgevolg deur haastige diplomatieke onderhandelings tussen die USSR, VSA, SA en Kuba. Die resultaat was die 14-Punt Ooreenkoms wat voorsieing gemaak het vir die veilige deurgang van die omsingelde SAW troepe, en vir verkiesings wat tot Namibië se onafhanklikheid gelei het”.

REAKSIE NO 3:

Hierdie stelling hou geen verband met realiteit en die waarheid nie - nog een van die trop Grappe van die Eeu. Chester Crocker en kie sal hulle lag nie kan hou nie.

STELLING NO 4:

Koerante, en later TV programme soos Special Assignment, het oor die fiktiewe geveg by Cuito Cuanavale verslag gedoen. Gedurende die 2de kwartaal van 2008 is ‘n groot geselskap van hooggeplaasdes na die standplaas begelei om die SAW se nederlaag te vier. Dit is op TV vasgelê en twee keer, enkele maande uitmekaar, vertoon. Fotos is vertoon van die “dorp” met oorlogverwoeste dubbelverdieping geboue en al. (Beeld en Special Assignment).

REAKSIE NO 4:

Dis blote onbeskaamde skelmstreke. Die hoogwaardigeheidsbekleërs is almal aan die neus gelei: Cuito Cuanavale is volgens enige standaard nie ‘n dorp van enige aard nie! Dit is net ‘n plek waar twee riviere bymekaar kom. Daar was ‘n aanloopbaan wat voorheen deur SAW bestokings en lugaanvalle onbruikbaar gemaak was. Daar was ook ‘n paar sinkplaatloodse vir die herbunkering van vliegtuie, en een stofpaadjie met enkele vertrekkies kenmerkend van die Afrika boswêreld. Daar was hoegenaamd geen dubbelverdieping baksteen geboue van enige aard, soos in die beeldmateriaal vertoon was nie.

Die verklaring vir hierdie leuens is voor die hand liggend: Die toerleiers het voorspraak gemaak vir ‘n beoogde kommersiële toeriste program wat by Cuito Cuanavale sal begin en by Robben Eiland eindig.

Geen wonder dat Brendan Seery skryf: Vir die verbitterde SAW veterane wat aan die koerante geskryf het om die ANC se beplande feesvieringe te betreur, sal daar nie geleentheid wees om hulle eie prestasies, wat in ‘n ander oorlog as heldedade beskou sou wees, te vier nie. In enige oorlog is die eerste verlies, die waarheid. (Saturday Star, 19 Januarie 2008)

STELLING NO: 5

Sprekers, skrywers, en TV aanbieders in die algemeen, kom steeds gereeld vorendag met ge-ykte propagandistiese uitsprake wat die naam van die SAW swart smeer en veterane hewig ontstel. Een is: (a) Die SAW is na SWA gestuur om apartheid daar te handhaaf en wel (b) onder die dekmantel dat die kamtige “Rooi Gevaar” teengestaan moes word.

REAKSIE NO 5a:

Dit is bedrieglike en kwaadwillige uitsprake. Die SAW het Suidwes Afrika presies die teenoorgestelde gedoen as om apartheid daar te hanhaaf. Die weermag was een van die grootste, indien nie die grootste bydraers nie, wat die suksesvolle konstitusionele ontwikkeling tot volle demokrasie in SWA prakties moontlik gemaak het.

Reeds in 1978 het die SAW sy deel bygedra om die eerste volle demokratiese verkiesing suksesvol te laat verloop. Baie hoogaangeskrewe internasionale waarnemers het dit volpunte gegee, ten spyte daarvan dat Swapo geweier het om deel te neem. (Anders as in Suid Afrika was SWAPO nooit ‘n verbode organisasie in Namibië nie). Sedert daardie tyd het alle lede van die SAW en die SWA Gebiedsmag die wette van die nuwe swart meerderheids regering met lojaliteit gehoorsaam. Dit alles was vermag ten spyte van felle teenkanting van verregse politeke lui.

Die Suidwes Afrika waarin die SA Weermag homself uitgeleef het, was Suid Afrika polities vyftien jaar voor!

REAKSIE 5 b:

Die “Rooi Gevaar” was nie ‘n hersenskim nie. Dit was ‘n werklikheid. Gedurende die tydperk ter sprake was feitlik alle state van Oos Europa, en vele ander onder gesag van die Sowjet Unie. Crocker, is een van vele gesaghebbendes wat dit onomwonde bevestig.

Na die Marxistiese Rewolusie in Lissabon het die USSR ook beheer oor Angola verkry. Daar bestaan geen twyfel dat hulle, vir ekonomiese voordeel, hulle gesagsterrein verder in Suider Afrika wou uitbrei nie. Tussen 1977 en 1987 het die Sowjet Unie meer as vier biljoen dollars se waarde aan militêre steun in Angola ingepomp. In 1987 het hierdie syfer opgeskiet na een biljoen dollars in uitsrusting elke jaar. Moskou het onder andere 550 tenks, 55 MiG-23 vliegtuie, missielstelsels ea aan die Sowjet / Kubaanse / Fapla magte afgelewer. (Lees Raymond W. Copson, Africa’s Wars and Prospects for Peace, and others.)

Deesdae word dit al hoe meer bekend en duidelik hoe ernstig en aktief die Sowjet Unie met sy oogmerke in Suider Afrika was.

STELLING NO 6:

Cuito Cunavale het direk gelei tot die onafhanklikheid van Namibië en was een van die voorlopers wat Suid Afrika bevry het. Die Freedom Parkers en die Cuito Cuanavale kruisvaarders koppel die “sege” van Cuito Cunavale met die struggle in Suid Afrika. (ANC History no 15, bl 4 www.anc.org.za/ancdocs/pubs/umrabulo/umrabulo15/mk.html)

REAKSIE NO 6:

Dis net kortsigtiges wat nie verder kan kyk as hulle eie agterplase nie, en geslepe “dirty tricksters”, wat die sogenaamde Cuito Cuanavale-sage met die ANC struggle in Suid Afrika van daardie tyd koppel.

SAW veterane sê die twee het minder as niks met mekaar te doen nie. Die waarheid is dat die ANC en die Angolese die afgelope 15 jaar nie geswore vriende was nie. Die Angolese was nie beindruk met MK optredes, en gebrek aan optredes, in Angola nie. Bewys van die onmin is dat daar sedert 1994 tot met die huidige 2008 nog geen protocol uitruilbesoeke van staatspresidente tussen hierdie twee lande plaasgevind het nie. Hoekom nie?

Dit is wel waar dat net voor Freedom Park se eie-geregtige Wall of Names bevestig is, verteenwoordigers van buurstate na Suid Afrika genooi was om, tydens ‘n vooraf ge-orkesstreerde konferensie hulle seën daaroor uit te spreek. Dit was ‘n oorwoë en bekookte affêre – ‘n verspotte Koue Oorlog “dirty trick”.

STELLING NO 7:

Hooggeleerdes verkondig graag dat die oorlog Suid Afrika finansieël uitgemergel het.

REAKSIE NO 7:

Ingeligte veterane verklaar hierdie stelling as totaal onwaar, en met reg. Anders as in ander oorloë, was daar, oor die meer as twintig jaar periode van Koue Oorlog in Suidwestelike Afrika, nooit iets soos die gebruiklike oorlogsbelasting, of koeponstelsels soos waarmee brandstof beheer was nie.

Suid Afrika het wel ‘n kern vermoë ontwikkel, ‘n gepaardgaande ruimte program suksesvol van stapel gestuur, en die wapenindustrie uitgebrei, bv die ontwikkeling van die G-5 en G-6 kanon, en die Valkyrie veelvuldige mobiele vuurpyllanseerder ens; nieteenstaande het die SAW teen die middel van die 1980s geen skulde gehad nie. Verder was die verdedigingsbegroting as ’n persentasie van die BBP laer as die van die meeste Westerse lande, en onder die perk wat die Internasionale Monetêre Fonds voorskryf! Boonop het dit alles gebeur in ‘n tydperk van internasionale wapen- en baie ander verbotte, boikotte en sanksies. Syfers is beskikbaar.

STELLING NO 8:

Sekere van die ou klagtes teen die weermag word nou weereens nuwe lewe ingeblaas. Dit gaan oor Letsels en Geseuweldes, en Gewondes en hulle Naasbestaandes, alles natuurlik hoogs sensitiewe en emosionele sake.

REAKSIE NO 8:

Die veteraan-organisasies hou voortdurend herdenkingseremonies ter ere van gesneuweldes. Dit sluit die hele spektrum in: Veteraanorganisasies gekoppel aan Britse regimente in Suid Afrika van selfs voor die Anglo-Boere oorlog, en die Boere oorlog self, en afgestorwe troepe van die UVM (Unie Verdedigingsmag) van die Eerste en Tweede Wêreld oorloë.

As dit kom by sterftes dan aanvaar almal dat as ‘n gesin tydens oorlog iemand aan die dood afgestaan het, niemand dit ooit weer kan vergoed nie. En as ‘n indiwidu verwond is, dan sal ‘n mens nooit die leed besef totdat dit met jouself gebeur nie. En alle veterane deel in hulle eie gemoedere die leed met alle sodanige mense.

Dan mag hulle egter nie ook nog verbied word om uit ‘n globale gemeenskapsoogpunt, vir die onbetrokke waarnemer, perspektief hieraan te gee nie: Oor die drie-en-twintig jaar van koue oorlog in Suidwestelike Afrika het die SAW 611 mense van alle kleure, volksgroepe en geslagte (wie op die betaalstaat van die SAW was) in operasies aan die dood afgestaan. Kuba het oor‘n periode van 12 jaar 2113 name op hulle lys. Die SAW se totale syfers vergelyk nie naastenby met die hoeveelheid mense wat in enkele weke of maande in Suid Afrika doodgaan as gevolg van geweld of misdaadverwante -, of onnodige padongelukke, soos as gevolg van dronkbestuur nie.

Die weermagveterane dink met eerbied, meegevoel en trots aan hulle 611 gesneuweldes.

Om verdere perspektief vir Suid Afrikaners van die onlangse verlede te gee, sonder om ongevoelig te wees, kom ons vergelyk dit met die verre verlede,soos wat Steven Mvula van die Windhoek Observer gedoen het: daar was 27 927 mense aan boere kant in konsentrasiekampe tydens die Anglo - Boere oorlog dood. Die mans was 1676, en die ander was vroue en kinders. Die werklike groot totaal kan moontlik so hoog wees as 35 000. Om hierdie syfers verder in perspektief te plaas: die totale boere bevolking was in daardie stadium 280 000 tot 300 000 mense. Professor Sadie van Stellenbosch het beraam dat as dit nie vir die Britse konsentrasie kampe was nie, dan was die Afrikaners vandag die grootste stam in Afrika. Daar was plus-minus 40 oorsese krygsgevangene kampe waar 22 000 tot 25 000 boere krygsgevangenes aangehou was - vanaf Ceylon in die ooste tot Bermuda in die weste. 3390 Boere het tydens militêre operasies gesneuwel of is aan wonde oorlede en 157 as gevolg van ongelukke. Die Anglo-Boere oorlog was maar drie jaar lank.

STELLING NO 9:

In die Suid Afrika van 2008/9 behoort die SAW veterane van die Koue Oorlog-era, insluitende die diensplig generasie, hulle vir nasionale versoening en rekonsiliasie te beywer.

REAKSIE NO 9:

Ja. Die verre oorgrootte meerderheid van SAW veterane, indien nie almal nie, stem volmondig hiermee saam. Na `n oorlog, maak krygers van opponerende kante, gewoonlik maklik vriende. (Dis die politici wat sukkel).

Lede van die ou SAW beleef egter nie hierdie verskynsel wedersyds nie, behalwe met Namibiërs. Die rede is waarskynlik omdat die SAW en SWAPO albei militêre geskiedenisse het, en die ANC nie. Dit behoort nie eintlik `n struikelblok te wees nie en die SAW veterane gun die MK veterane die soeke na ‘n militêre geskiedenis. Afgetrede lede van die ou SAW word egter woedend as mense in díe proses die SAW se militêre geskiedenis op geslepe wyses vir hulle eie doeleindes minag en verkrag. Dit is nie bevorderlik vir samesyn nie, vedral nie in ‘n periode van rekonsiliasie nie. In die tussentyd is die eerste gevaartekens daar van ‘n Mugabe soort “war veteran association”- in–wording.

STELLING NO 10:

Die vraag wat dikwels gevra word, is hoekom is die Sowjet Unie relatief so stil oor sy teleurstellende resultate in Angola terwyl Kuba die een propaganda projek na die ander van stapel stuur om sy naam te red?

REAKSIE NO 10:

Die stelling hierbo is `n redelike algemene beskouing van die situasie. Waar ookal veterane van die SAW en veral dié van die diensplig generasie bymekaar kom, word hierdie vrae deeglik en somtyds met emosie bespreek.

Die ineenstorting van een van die wêreldleiers se ekonomie, naamlik die van Sowjet Rusland, was vir die Russe `n teer saak en die emosionele naklanke van die mislukking sal nog `n geruime tyd bly bestaan. Tog is dit die Sowjet Unie se beleid om die geskiedenis vir die geskiedenis te los, nie te kla en te treur nie, maar om die pad vorentoe aan te durf. `n Magtige land soos die Sowjet Unie het die vermoë om dit te vermag, en hulle is goed op pad.

As gevolg van die feit dat die Sowjet Unie die soort land was waar proteste en demonstrasies nie geduld was nie, het die internasionale publiek egter nie besef tot welke mate die sowjet publiek téén hulle regering se betrokkenheid by internasionale oorloë gedraai het nie. Hulle het gesê: Ons is eerste in die wêreld met satelliete-, die ruimte-, en kernprogramme, en ons is voor met die wapen wedloop – en in Moskou vrek ons van die honger! Om hierdie bui van die publiek te bekamp, dui alles daarop dat die Sowjet Unie onder andere vir Kuba voorgeskryf het om op te hou om uit te basuin dat hulle ook nog militêre steun met finansiële implikasies van die Sowjet Unie gekry het.

In Kuba kon die publiek, eweneens, nie demonstrasies en protesoptogte hou nie. Dus het die buitewêreld net die minimum geweet van wat die massas se gemoedere was gedurende die Koue Oorlog binne Kuba. Kuba se heersers van daardie tyd leef nog. En anders as om stil te bly soos die Sowjet Unie, is Castro steeds besig om te sorg dat hy op sy oudag Kuba se heroíse geskiedenis, en sy eie aansien, in plek kry terwyl hy nog kan.

Wat Suid Afrikaners neig om te vergeet, is dat waar sommiges van tyd tot tyd, en ook verstaanbaar, hulle misnoeë oor die Koue Oorlog uitgespreek het, is daar ook `n ander prentjie. (Suid Afrikaners het gekla oor diensplig, oor hulle seuns, broers en pa’s wat by die oorlog betrokke was, lang wegwees van die huis af, na ver plekke toe gaan soos Namibië, hoekom? Ens). Alles argumente waarvoor mens moet begrip hê.

In Suid Afrika was die gemiddelde patroon van diensplig ‘n aanvanklike periode van 2 jaar. In die eerste jaar word die dienspligtige (DP) opgelei; in die tweede jaar doen hy die werk waarvoor hy opgelei was; dit was gedurende hierdie periode waarin ‘n persentasie DPs net oorkant die grens sogenaamde grensdiens in SWA/Namibië gedoen het; gewoonlik was dit ‘n periode van drie maande; die eerste maand was oriëntering en kondisionering en die ander twee maande was operasionële- of verwante diens. Dit kon moontlik vir ‘n tweede keer in die jaar gebeur het, maar uiters selde ‘n derde keer, indien ooit.

Dit in ag genome, moet die Kubaanse gesinne se posisie in oënskou geneem word: Hulle mans of kinders het nie net oorkant die grens gaan militêre diens verrig nie, hulle moes oorkant die Atlantiese oseaan na verre Angola – waarmee hulle niks te make gehad het nie, gegaan het. Hulle kon derhalwe nie een of twee keer vir drie maande op ‘n slag diens doen nie, maar moes vir‘n periode van drie jaar op ‘n slag, en vir ‘n tweede en moontlik ‘n derde keer gaan. Dit het geduur vanaf 1975 tot 1990.

Dit is derhalwe glad nie moeilik vir ‘n mens om hom goed in te leef in die Kubaanse gesinne se posisie nie. As die Suid Afrikaners se ma’s gevra het wat soek my kind in Namibië, dan kon ‘n Kubaanse ma met groter ergernis vra wat soek my kind in Afghanistan, die Midde Ooste of Angola, en so lank?!

Derhalwe, om ‘n aanvaarbare geskiedenis vir die toekoms van Kuba in plek te kry, het hulle geen uitweg as om vir die Kubane tuis te vertel hulle het glorieryke oorwinnings behaal nie - en die mensdom gered.

STELLING 11

Die SAW is by Cuito Cuanavale verslaan.

REAKSIE 11

– Genl Jack Turner van die Infanterie Bond wat lid is van die RMVO (Raad van Militêre Veterane Organisasies / Council of Military veteran Organisations, CMVO) vertel:

Nadat baie vertoë tot veskillende instansies gerig is, sonder reaksie het die Pantser-, Infanterie-, en Savannabonde verontwaardig gereageer. Gedurende die Infanteriebond se kongres in Jan 2008, is die volgende resolusie eenparig aanvaar: “The SA Infantry Association rejects, with contempt the claim that the SADF was defeated by the Cuban /Angolan force at Cuito Cuanavale in 1988 ...”

STELLING 12

Tydens ‘n internasionale blits konferensie wat deur die regering gereël is, maar waar almal behalwe die SAW voorbereid was (weens ‘n laat uitnodiging), het haatspraak die botoon gevoer. ‘n Besluit is aanvaar dat SAW gesneuweldes se name nie in Freedom Park op die Wall of Names aangebring sal word nie. (Die pers was nie toegelaat nie).

REKASIE 12

Tydens die Januarie 2008 Kongres, het die Infanterie Bond die volgende resolusie eenparig aanvaar: “The SA Infantry Association decides that they, at this stage, will not in any way become involved with the mentioned wall. If however, The Freedom Park Trust’s attitude towards the Old South African Defence Force and its veterans change favourably, this decision can be re-considered”.

STELLING 13:

Gedurende Operasie Reindeer het die SAW ‘n vlugteling kamp by Cassinga aangeval en vrouens en kinders doodgemaak.

REAKSIE 13

Onwaar: Genl Daan Nell bevestig dat Cassinga nie ‘n vlugteling kamp was nie. Daar was wel vrouens en kinders teenwoordig maar hierdie militêre basis het bestaan uit oorwoë verdedigingstellings met loopgrawe, lugafweerkanonne, mortiere, masjiengewere en SWAPO (PLAN) insurgente. Hierdie insurgente het tydens die vuurgeveg wel vrouens gebruik as skilde om hulself te beskerm. 608 SWAPO (PLAN) lede is gedood in die lugstormoperasie op Cassinga. 4 SAW valskermsoldate is gedood; 3 het gesneuwel tydens die geveg en 1 het in die rivier verdrink tydens die valskermneerlating fase.

STELLING 14

Die Cassinga aanval het in 1978 plaasgevind. Die TV reeks “Grensoorlog” is gedurende 2008 geproduseer. ‘n Jong vrou in haar vroeë dertigs vertel in hierdie reeks dat sy ‘n kliniek by Cassinga beheer het toe die SAW aanval plaasgevind het.

REAKSIE 14

Onwaar: Dis nou 30 jaar later. Dit wil sê hierdie vrou was nog nie eens 10 jaar oud in 1978 nie.

STELLING 15

Tydens ‘n SABC 3 TV Special Assignment beeldsending is die bewering dat die SAW se mynvelde verantwoordelik was vir die dood van honderde onskuldige vroue, kinders en bewoners.

REAKSIE 15

Genl Daan Nell verwerp hierdie aantyging ten sterkste. In die program was die SAW bestempel as die aanvallers op Cuito Cuanavale; en dit is verdedigers wat myne lê, nie aanvallers nie. Die enkele kere dat die SAW, oor ‘n baie lang periode, myne geplant het, was die mynvelde ooreenkomstig die internasionale gebruike gemerk, maw nie verskuil nie. FAPLA magte het egter groter mynvelde en honderde myne gelê wat nie gemerk was nie; 3 SAW tenks is onder andere deur hierdie myne buite aksie gestel tydens Operasie Modulêr.

Stelling 15A. Die bewering is weereens tydens hierdie beeldsending van Special Assignment gemaak dat die SAW nie Cuito Cuanavale ingeneem het nie.

Reaksie 15A. Waar: Ja, geen gevegte het in of naby Cuito Cuanavale plaasgevind nie; die plek is Wes van die Lomba, en die Lomba is nooit deur enige SAW magte oorgesteek nie. Dit was geen taktiese of strategiese doelwit nie; die doel was om die Kubaanse/FAPLA magte te verhoed om Jamba te bereik. Die Kubaanse/FAPLA magte kon nooit daarin slaag om die Lomba oor te steek op pad na Jamba nie.

STELLING 16

Tydens die TV reeks “Grens Oorlog” is beweer dat 1 600 SA soldate tydens die 23 jaar van konflik gedood is. Die wanindruk word verder geskep dat hier net na dienspligtiges verwys word.

REAKSIE 16

Onwaar. Genl Daan Nell bevestig dat in totaal slegs 611 SAW lede gedurende operasies op die “grens” gedood was. Hulle sluit in Staande Mag, Burgermag en Kommando lede sowel as SWA Gebiedsmag en lede 32 Bataljon.

Stelling. Tydens ‘n episode waar die slag van Ebo gedek was, is in kommentaar spesifiek beweer dat 80 SAW soldate gesneuwel het.

Onwaar. Slegs 4 soldate is tydens hierdie kontak gedood; ‘n pantserkar drywer en drie mortieriste.

ALGEMENE PROPAGANDA EN LEUENS

Die “ewigdurende” verwysing na Cuito Cuanavale in TV en radio uitsendings versuim gerieflikheidshalwe die feite met betrekking tot verliese in personeel en uitrusting van die magte betrokke.

Tussen September 1987 en April 1988 is 4 785 Kubane/FAPLA soldate tydens gevegte gedood. 31 Soldate van die SAW het tydens gevegte gesneuwel en 6 is as gevolg van malaria dood. Die getal UNITA soldate gedood tydens gevegte is minder bekend. Die SAW het 94 vyandelike tenks vernietig teenoor 3 tenk verliese aan eie kant wat as gevolg van vyandelik mynvelde buite aksie gestel is. 100 Kubaanse/FAPLA pantser troepedraers en veg voertuie is deur die SAW vernietig teenoor 8 verliese aan eie kant. 9 MIG-21 en MIG-23 vliegtuie en 9 vyandelike helikopters is deur eie magte afgeskiet terwyl die SAW 2 Mirage F1 vegvliegtuie en 1 Bosbok verkenningsvliegtuig verloor het. Honderde logistieke steun voertuie en artillerie geskut, vuurpyllanseerders en missiel stelsels is deur die SAW vernietig.

Personeel- en Uitrusting Verliese

Die “ewigdurende” verwysing na Cuito Cuanavale in TV en radio uitsendings versuim gerieflikheidshalwe die feite met betrekking tot verliese in personeel en uitrusting van al die magte betrokke.

Tussen September 1987 en April 1988 is 4 785 Kubane/FAPLA soldate tydens gevegte gedood. 31 Soldate van die SAW het tydens gevegte gesneuwel en 6 is as gevolg van malaria dood. Die getal UNITA soldate gedood tydens gevegte is minder bekend. Die SAW het 94 vyandelike tenks vernietig teenoor 3 tenk verliese aan eie kant wat as gevolg van vyandelik mynvelde buite aksie gestel is. 100 Kubaanse/FAPLA pantser troepedraers en veg voertuie is deur die SAW vernietig teenoor 8 verliese aan eie kant. 9 MIG-21 en MIG-23 vliegtuie en 9 vyandelike helikopters is afgeskiet terwyl die SAW 2 Mirage F1 vegvliegtuie en 1 Bosbok verkenningsvliegtuig verloor het. Honderde logistieke steun voertuie en artillerie geskut, vuurpyllanseerders en missiel stelsels is deur die SAW vernietig.

Logistiek Finansies Diplomasie en Politiek

Die aantyging word kort-kort gemaak dat die Koue Oorlog in die Suidweste Suid Afrika finansieel op sy kniee gedwing het. Dit is leuenagtige kwaadwillige propaganda. Suid-Afrika sal nog in die toekoms bekend staan as ‘n goeie voorbeeld van ‘n land wat teen lae koste ‘n oorlog gevoer het, selfs terwyl ‘n wapen- en ander boikotte in swang was.

Inderwaarheid is die oorlog feitlik gevoer op slegs ‘n normale verdedigingsbegroting wat internasionaal baie goed vergelyk.

’n Ontleding van die totale kontantbedrae toegewys aan die weermag gedurende die tien voltooide finansiële jare waarvoor ge-ouditeerde appropriasiestate deur die Ouditeur-Generaal by die Parlement ingedien is (1977-78 tot 1986-87), toon die volgende:

In hierdie tien jaar was die verdedigingstoekenning in reële terme ‘n gemiddeld van RM 7 173 per jaar, wat effens laer is as die RM 7 232 vir 1977-78. In reële terme was die 1986-87 verdedigingstoewysing 7,6% hoër as die 1977-78 toewysing teenoor die 37,6% toename vir die staat as ‘n geheel.

Verdedigingsuitgawes as ‘n persentasie van staatsuitgawes het gedaal van 18,4% in 1977-78 tot 14,4% in 1986-87. Die verdedigingsuitgawe as ‘n persentasie van die bruto binnelandse produk het gedaal van 4,8% vir 1977-78 tot 4,2% vir 1986-87.

In reële terme, teen 1988 randwaardes, het die bedrag wat deur die Departement Openbare Werke vir die Weermag begroot is, van RM 272 vir 1977-78 gedaal tot RM 197 vir 1986-87. ‘n Afname van 28%.

Syfers wat op 1 April 1989 bekend gemaak is, toon dat die koste van die SAW se betrokkenheid in Suidwes R580 miljoen per jaar beloop het, plus beperkte hulpverlening aan Unita. Die verdedigingsbegroting was minder as 5% van die bruto binnelandse produk. Dit vergelyk gunstig met lande soos die VSA (6,5%), Brittanje (5,4%), Israel (14,8%) en Mosambiek (10,8%)

Die Weermag het aan die SWAGM uitrusting en ander voorraad teen terugbetaling voorsien. Die Departement van Finansies het in die ses jaar voor onafhanklikheidswording addisionele begrotingshulp ten opsigte van verdediging aan Suidwes verleen. In die 1988/89 boekjaar het dit R80 miljoen bedra.

In teenstelling hiermee het die weermag daarop gereken dat Sowjet-Rusland se militêre betrokkenheid in Angola, tesame met ander faktore, hom so sou uitmergel dat hy uiteindelik die stryd daar gewonne sou moes gee.

Crocker se regterhand, Chas W Freeman, het met die voordeel van terugblik in 1989 beweer: …dat die Sowjette begin agterkom het dat hulle eskalerende blootstelling duurder en duurder geword het in beide ekonomiese en politieke terme as wat hulle politeke belange regverdig. Hulle moes eerder hulle uitgawes en verliese beperk en ‘n reputasie opbou as ‘n verantwoordelike internasionale speler saam met die VSA, en die Weste in die algemeen. (Foreign Affairs, Spring Edition, 1989: “The Angolan/Namibia Accords”)

Heitman sê in 1990 met dieselfde voordeel: …Die Sowjette was reeds deur Afghanistan in die verleentheid gedompel en het nie nog ‘n eindelose insurgensie in sy “ryk” gesoek nie. Moskou was reeds tweekeer tevore gered deur leërs wat hulle self logisties ooreis het.

Daardie dae het ekonome in die SA dagpers beweer dat een dag se massa wegbly-aksie die land RM300 tot RM500, gekos het en selfs meer. Dit kon een jaar se oorlog in Suidwes en Angola finansier.

Aanhangsel A

SOME THOUGHTS BY AN EX NSM - VOLLEDIGE ENGELSE TEKS

[Source: “Isa en Johan” isajohan@esnet.co.za

Sent: Friday, 25 January, 2008 11:37am]

SOME THOUGHTS BY AN EX NSM

Some thoughts!!!

We built the bloody place, and are Oh, so sad, to see it crumbling apart!!!

We are the National Service generation. The youngest is about 35 andthe oldest of us are into our 60’s. We built the New South Africa!

We are the generation who provided our time to the nation in many different ways. Many of our Dads and Granddads had Africa Stars and other 39-45 war medals. We (sometimes) got a Pro-Patria, but mainly are now just getting contempt and denigration and a kick in the gat.

We were a polyglot bunch made up of many nationalities, thrust together and welded into a fairly damn effective outfit. Some 300 thousand of us were born on the wrong side of history.

Today, we are branded the “baby killers” of Africa. That is, of course, if anyone even remembers us and our contribution.

From ages between seventeen and whatever, we took time out from lives,loves, jobs, education and “normal things” and donned nutria browns.

We were subjected to the rigours of “Basics”, and many of us chose to endure even further hardships of advanced training; as leaders,special forces, parabats, mecchies, Op’s medics, and a multitude of other specialities. We learnt quickly, and assumed the mantle of professionals, all within a very short time. We performed!

18, 19 and 20 year-olds carried out the tasks, that in other military forces, would be carried out by seasoned career professionals. We did the business as youngsters!

We served in so many ways, sometimes enthusiastically, and sometimes with no great fervour. Many endured the peculiar experience of Border duties. Heat and dust (sometimes cold and mud), mozzies, snakes and crap food. The odd mixture of tedium, interspersed with bouts of high adrenaline and occasional arse-clamping terror. And the camaraderiethat lasts a lifetime.

Others’ kept the system working. As guards, clerks, store-men, chefs, drivers, and maintainers’ of many things. “Tiffies” of every sort abounded, and we all developed special skills and insights. We met people from every strata, division, or group in society. By and large we got on with each other. And these were experiences which stood us in good stead in later life.

We were no angels, more like lusty tom-cats with a terrible thirst! But we did the needful, and did not shoot or “frag” our officers. After initial service, we resumed our “Civvy” lives, and became the students, farmers, apprentices, trainees, learner officials, and office juniors’ of the working world.

Later on we became the Shift Bosses, sparky’s, plumbers, miners, doctors, technicians, accountants,and middle managers of the country. In the mining industry, we made a lot of people in London very rich. As engineers, we kept the ESCOM grid alive and expanding, bringing electricity to the furtherest reaches of the country (without blackouts). Also as engineers, we built some of the finest structures in Africa and completed projects of great complexity (in the face of sanctions and fuel restrictions).

We built hospitals (and staffed them with world class doctors, nurses and other professionals), and kept places like Bara and Natalspruit open under full-scale war conditions, we built schools and colleges(with world class educationalists). We built an international and commercial powerhouse in Africa, the only one!

We were leaders,creators and innovators. We made things happen. We “made a plan”. And still later, we continue to lead, build, protect and make things happen....... all over the world

Many of us started or took over small businesses. Some were high fliers and progressed rapidly through the corporate and business world.

Some too, “crashed and burned” or took some wrong turns in their lives. They paid a price.

We contributed too, in wider society. As parents, members of the community, through churches, cultural groups, schools and universities, youth and sporting organisations we helped to build a wider community. Many of us were volunteers in a service capacity.

Fire, ambulance, sea-rescue, life-saving, scouting, Voortrekkers,Rotary, Round Table, St Vincent de Paul, police reserve, and a multitude of charities and groups all derived leadership, effort and support from our generation.

Plenty of us were passionate about the environment, and we did things about that too. Hopefully, this legacy will last.

But, lurking in the background, was always nutria brown. From time to time (some more often than others) we got the call-up again. As part-time soldiers, we engaged in the last “hot battles of the Cold-War”. Indirectly, we helped to bring “The Wall” down. We confronted Russians, Cubans and legions of “freedom-fighters” of every description. And some of them were tough. They gave us a run for our money. But we prevailed.

Later on, we served in the townships. We maintained a form of stability, and were often RESPECTED and WELCOMED. This is an inconvenient fact that the revisionists would seek to bury. In urban operations we stood between warring factions. We protected ordinary residents as far as we could, and separated violent ANC and Inkatha protagonists regularly. In doing so, some of us got hurt. The most effective units got vilified and succumbed to propaganda.

We served in the country-side too, and ensured that rural life and the farming communities could get on with the business of providing food to Sub-Saharan Africa. Sometimes two or more generations served in the same Commando.

We also established the necessary stability to allow the 1994 elections to take place. These democratic elections would not / could not, have happened without the “National Service Generation”. It’s worth adding, that in all these conflicts, black and white soldiers frequently stood shoulder to shoulder.

And then, national service ended. Some continued to serve in an integrated force (and still do so). The whole nation revelled in the spirit of Rugby World Cup 1995.

Reconciliation was the order of the day. A “Rainbow Nation” was born.And now? Bit by bit, it all seems to be sliding away. And the ENORMOUS contribution of the National Service Generation is being written out of history. If indeed, it is included in history, then the “baby killer” tag is applied. This is pure revisionist clap-trap. We built the bloody place!!!

We have every right to be proud of our contribution. And we must make it known.

Dave


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Diensplig, 06/01/2009, Anton Franken
Aan al die manne wat opgeoffer het se ek dankie, ek was in sektor 10 omatia by 61 Meg '88, wat n vooreg om in n formidable weermag te dien, ek lees ook al die kommentaar, en ja dit was n tydperk waarin lewens verander tot vernietig was, ek self was in n ongeluk duskant Tsumeb die aand van 31 Jan 89, ek was in n gesleepte kwe-voel 100 en die het omgeslaan, my rug is gebreek en ek is verlam gelaat, 10 jaar later is albei my bene geamputeer in my heupe, ek is werkloos en het n familie om te onderhou, my gevoel was bitterheid en hoekom, ek is nou 40 jaar oud, en elke dag as ek in die spieel kyk onthou ek daardie dag. R20- 000 was my betaling, vandag onthou niemand my eers vir my deel wat ek bygedra het nie, mense wil nie daaroor praat nie, ek het vrede gemaak ek moet aangaan, as ek maar net die finansies gehad het om meer kwaliteit in te bring. Geld is nie alles nie, maar dit kan n verskil in my omstandighede maak. ek wens net ons weermag kon beter nasorg toepas. ek is nie spyt nie, ek was daar. Aan almal gewondes, die wat nie meer daar is nie, die wat swaarkry wil ek net se dankie, aan die families wat n pa, seun, oom verloor het, weet net hulle is by God en hulle pyn is verby, en as ons moet dan doen ons dit weer. Ek salueer julle. 61 Meg groete. Anton
Grensoorlog Debat, 06/01/2009, Johan Conradie
Hierdie debat sal nie gou klaarkry nie. Stellings en programme word gemaak deur mense wat nie eers betrokke was by die oorlog nie en wat in elk geval niks daarvan en van oorlog weet nie. Die Kyknet Program "Grensoorlog" was in baie opsigte uiters terleurstellend en het nie 'n ware refleksie gegee van die grensoorlog nie. Wat eintlik baie jammer is aangesien dit nou 'n goeie geleentheid was om sekere feite in die regte perspektief te stel. Die episodes was in elk geval te kort. Daar is Bv geen of te min aandag gegee aan die deurslaggewende rol van die SA Lugmag in die stryd, veral die laaste fase van die bosoorlog. Hierdie is tog 'n groot twispunt met baie uiteenlopende menings, baie van mense wat geen kennis van die bedryf van 'n moderne lugmag weet nie. EK WIL GRAAG VOORSTEL DAT ALMAL WAT GRAAG DIE FEITE WIL WEET, MOEITE DOEN OM 'N KOPIE VAN DICK LORD SE BOEK "FROM FLEDGELING TO EAGLE" WAT ONLANGS GEPUBLISEER IS AAN TE SKAF. Daarin gee hy 'n omvattende en gesaghebende weergawe van die SA Lugmag se rol in die verloop van die oorlog. In sy ander boek nl. "VLAMGAT" gee hy ook 'n omvattende weergawe van die Mirage F1 tydens die vliegtuig se diens tyd in die SALM. Hy kan met gesag praat aangesien hy op een stadium die bevelvoerder van 1 Eskader was en self operasioneel op die grens gevlieg het, en ook in bevel was van die Lugmag operasies in die operasionele gebied. DOEN GERUS MOEITE OM DICK LORD SE BOEKE TE LEES. HELMUTT HEITTMAN het ook 'n boek in 1990 gepubliseer oor die "Border War - The Final Phase" wat baie omvattende inligting bevat oor al die gevegte wat plaas gevind het asook die lugmag se rol. ONS HET DEFINITIEF NIE ENIGE OORLOG VERLOOR NIE!!!!!!
SAW, 06/01/2009, Morn?an der Merwe
Ek was te jonk om deel te wees van die ou SAW. Daar was egter my Pa en Ooms wat almal hul deel gedoen het. Dit maak my vandag trots op wat bereik is met die minimum insette deur die regering van die dag. Wat my ontstel is die feit dat die SAW afebreuk is en nie eers meer 'n skadu van sy ou self is nie. Dit alles vir propaganda en politieke gewin. Dankie aan al die veterane wat 'n verskil maak in die SA van vandag. Julle inspireer 'n jonger geslag Afrikaner.
"Die Wit Soldaat" Ook genoem "Boer", 05/01/2009, Qvadis
Suid Afrika bestaan nog op hierdie stadium omdat daar nog n paar van bo-genoemde in Suid Afrika is.Dit het net drie maande vir Zimbawe geneem om "Totniet" te gaan toe die "Boere" asgevolg van omstandighede buite hul beheer veroorsaak het dat hulle moes "padgee" So-By-So dat Zimbawe nie binne die volgende twintig jaar sal herstel nie. Noem die Afrika land wat Stabiel is..begin sommer bo by die Groot-mere van Afrika! Tragies eintlik want dit gaan met Suid-Afrka ook gebeur..die "beloofde land" ek glo nie,Bybel se dit is in Isriaal! Die Afrika regerings stem net"kamstig" demokraties sodat hulle kan skenkings ontvang wat in bodemlose putte verdwyn..Ek is my Skepper so dankbaar dat ek die eer gehad het om in die "Ou-tyd" gebore kon gewees het,die Suid Afrika van nou is n "gejaag na wind" en die regering van die dag is "Voetspore in die Wind"
Laat ons verenig in kameraderie, 05/01/2009, Robert de Vries (namens SABOV)
Graag wil SABOV, die 'Suid-Afrikaanse Bosoorlog Veterane Vereniging' wat onlangs deur die gewese en vergete SAW soldate gestig is, vir Genl Geldenhuys opreg bedank vir sy skrywe. U is een van die min oud generaals of politikuste, uit die vorige bedeling, wat nog bereid is om verantwoordelikheid te aanvaar en pa te staan vir ons. Ons salueer u! Genl, u kommentaar en die van die gewese SAW soldate, vertel die volle verhaal, meer kan nie gese word nie, behalwe dat SABOV u wil verseker van sy volle ondersteuning. U staan nie meer alleen nie. Ons die gewese SAW soldate is, hoogs ontevrede, om gebrandmerk te word as die 'bad boys' deur die sogenaamde kenners van die hedendaagse geskrewe en gesproke media, wat boonop blyk hulle bronne uiters selektief te kies, vir eie gewin. Graag verneem ons, die sogenaamde 'bad boys' wat, onder direkte bevele van die regering van die dag opgetree het, wat ons nou eintlik verkeerd gedoen het en meer belangrik, wie is nou eintlik die 'bad boys' Maak seker van julle saak deur met die korrekte kenners, ons die soldate wat daar was, te praat of verwyl julle tyd met ander fee-verhale. Ons het nuus vir julle, die waarheid sal nou uit die perd se bek gehoor word. Graag wil ons dus 'n vriendelike beroep doen op al die gewese SAW soldate, om aan te sluit by SABOV. Laat ons, die sogenaamde 'boetmanne' na ongeveer 23 jaar se stilswye verenig in kameraderie, en vir 'n slag van ons laat hoor! Vir meer inligting betreffende SABOV, wat deur Genl Geldenhuys ondersteun word, besoek asb die webtuiste www.sabwv.co.za Dankie vir die geleentheid.
Veterane van die koue oorlog, 05/01/2009, Robbie Roberts (P.P)
My opregte dank aan Genl Geldenhys se skrywe en al die kommentare van al ons veterane. Die nodige is gese. Kan die volledige artikel in Engels en Afrikaans beskikbaar gestel word? Hierdie jaar het ons die geleentheid om ons land nog te red deur te stem. Ons moet soos in ons Weermag dae saamstaan en stem en almal om ons oorreed om ook te stem. Daar kannie voorgeskrywe vir wie ons moet stem nie, die versekering is gewis dat geen veteraan en ander regdenkende mense vir die ANC sal stem nie. ONS MOET STEM!! Groete
Diensplig 1978, 05/01/2009, Manie Verster
Ek was nooit op die Grens nie maar ek was altyd trots daarop om my SAW uniform te dra. Dit is vir my hartseer om te sien dat ons soldate se pogings so afgekraak word end ook hoe ons erfenis oral om afgebreek word.
SAW, 05/01/2009, G. Maree
Ek het na 'n jaar by Infanterie Skool (voorheen die trots van die SAW Infanterie Korps), gedurende einde '82 & '83 grensdiens gedoen in Sector 20 by 203 Battaljon (Boesmans) as Peleton Sersant.Daarna vir hele paar jare diens gedoen gedurende kampe in die sogenaamde Townships. Ek weet nie hoe enige aap kan se dat die SAW die Grensoorlig verloor het nie. Swapo was geen match vir goed opgeleide, gedissiplineerde, gemotifeerde en supefiks soldate nie. Maar ten minste het hulle die guts gehad om jou soos 'n soldaat te face en het nie soos lafaards, wat hulle self vryheids vegters genoem het, bomme geplant wat onskuldige civilians gedood en vermink het en dan stert tussen die bene verdwyn nie. Ek was en is tot vandag trots om deel te gewees het van een van die beste Weermagte in die wereld. Ongelukkig is die nuwe SANW nie 'n fraksie van wat die SAW voorheen was. Deesdae is dit 'n klomp ongedissiplineerde "persone" wat uniforms dra en geen trots het nie. Waar het jy gehoor dat soldate "Toi-toi" voor die Bevelvoerder se kantore as hulle nie van bevele of iets hou nie? Come on!!En hulle Bevelvoerders is oorgewig puppets wat geen idee het van wat dit is om soldaat te wees of om 'n Weermag te lei nie. Ons leiers was ware leiers wat met integriteit, deursettingsvermoe en ware kenners op hulle vakgebied die agting, respek en lojaliteit van al hul troepe en Junior Leiers gehad het. As dit nie was vir die aksies van die SAW gedurende die grensoorlog nie, sou RSA nie die land gewees het wat dit vandag is nie. Dit het die tyd gewin om 'n vreedsame oplossing vir die probleme van die land te vind en die land se ekonomie en infrastruktuur kans gegee om sterk op die been te kom.Dis net jammer dat daar nou geen erkenning daarvoor gege word nie en dat daar nou beweer word dat die SAW die oorlog verloor het. Ek dink as jy oud Swapo's en Fapla's (die wat nog daar is) vra wie het gewen, sal jy die waarheid hoor. Nie die opinies van onigeligdes wat met valse propoganda hulle sienswyses en ideologiee wil bevorder nie.
SAW, 05/01/2009, Hansie du Bruyn
Ek is trots om so 'n weermag te gedien het. Baie dankie vir die waarheid. Ek was in die weermag van 1988 tot 2006, en se met hartseer dat dit wat daar was nooit weer sal wees nie. Die ANC en sy trawante is besig om die SANW net so te versleg soos hulle ou MK bewegingtjie. Hulle was nooit 'n regte weermag nie en sal ook nie een wees nie. Dit is tragies dat die SAW in 1990 beskou was as die beste weermag in Afrika en nou glo die 5de laaste op die lys is met die beste uitrusting in Afrika. Is dit nie snaaks dat die uitrusting wat die SANW nou nog gebruik dieselfde uitrusting is wat die SAW gebruik het nie en nogsteeds is SA se uitrusting (Ratels, Kaspers, Troepe en vrag draers, tanks wapentuig noem maar op)die beste in Afrika. Waar is die MK se uitrusting, wapentuig as hulle so groot en sterk was, dit moet seker iewers wees. Ek wil graag Rapport bedank vir die verslaggewing dit gee mens moed vir die nuwe jaar. NNDNAOV
grensoorlog - nog waarhede, 05/01/2009, pieter rautenbach
Ek het as luitenant diens gedoen by 73 Gemotoriseerde Brigade in 1976 & 1977. Ek het die o.a. die taak gehad om internasionale media soos die Times na die front te neem. By 'n dorpie met die naam Calai het die plaaslike bevolking plakate geswaai met die woorde,"International red cross-yes, but we want South African defence force security" en "we can only trust South Africa" Niks hiervan het in die media verskyn nie. Ek het verskeie voertuigkonvooie met Portugese en ander vlugtelinge na Rundu ge-eskort. Keurings was deur ambassades gedoen vir immigrasie. Ek moes verskeie swart proffessionele mense terugneem na 'n vlugtelingskamp op die kaplyn. Buitelandse ambassades het nie in die proffessionele Afrikane belanggestel nie! Wat 'n bedrogsspul en disinformasie!
het ons geen skaamte, 05/01/2009, roderick
ek vra die vraag omdat ek tot in my fondasie geruk is oor dit wat n mens lees oor die geskiedenis van suid afrika of sommer die hele afrika kontinent wat net eender rigting aandag geniet terwyl sommige sogenaamde afrikaners se history misken word. ons wat in suid afrika woon en werk spog dan so dat hierdie land aan almal behoort ongeag die kleur van ons vel of die taal wat ons praat. buitekant word ons die reenboog nasie genoem. sies tog as diegene wat ons die4 verskillende mooi name noem maar net weet watter donderstorms ons as sogenaamde reenboog nasie ervaar sal hulle ophou om die lelik mooi te wil maak. spyt kom te laat pleks ek hou maar sommer my bek. as mense my vra van waar ek kom skaam ek my so dat dit voel asof ek kan wegkwyn op die plek oor die dinge wat ons as suid afrikaners aan mekaar doen. ja die apartheid het sy ding gedoen hy het sy merk gelaat ,maar as die here bereid was om sy vyand in sy vriend te verander wie is ons as mens om nie te vergeet van die lelik en te bou op die mooi van ons trotse suid afrika nie. hoekom wil ons altyd so bakhand staan en kyk na die wereld, waneer sal suid afrika ooit leer om sy eie probleme te face en te werk daaraan. of is ons ook maar nog net n afrika land wat binnekort sy kampie gaan verskyf soos daar by daai bliksem van n oom bob wat geen respek het vir sy mede mens nie. ek sal nooit my reg opgee om n suid afrikaner genoem te word nie, raak ons nie bekommerd oor die toekoms van ons kinders as ons vandag so sit en kyk hoe die eens reenboog nasie sy gat sien deur een of twee selfsigtige elemente wat net so wil sit en verwys na die verlede asof dit n spieel is waarin die dom donners elke more moet vaskyk. verstaan my mooi.ek hou ook nie van dit wat verkeerd geloop het in die apartheid nie,atleast het ons al was dit bantu education die gehad wat jy in elk geval moes klaarmaak,goed gestockte klinieke en hospitale in vergelyking met dit wat nou hie gebeur laat ons nie net praat van ons sogenaamde handves van mense regte nie maar laat ons dit lewe voorspoed vir alle suid afrikaners en mag 2009 ons jaar van verandering wees. rotas
Terroriste & vryheidsvegters, 05/01/2009, Ludwig Rode
Gister se terroriste het vandag se vryheidsvegters en regeerders geword. Die ANC/SWAPO het die oorlog teen die SAW verloor, maar die politiek teen die lamsakke en kaalkopkeisers van die NP gewen. Gevolkglik is daar vandag die situasie waar hierdie politieke "wenners" in die magsposisie is om te skryf en glo wat hulle wil - al is dit nou om 'n papieroorlog te wen wat hulle op die slagveld verloor het! Die ANC het die belangrikste oorlog, nl. die politieke oorlog, gewen, en het nou 'n vryhand om die geskiedenis te verdraai en oor te skryf. Ons wat daar was ken die waarheid en kan fier en trots deur die lewe stap, maar ons kinders en kleinkinders gaan die leuen gevoer word. Waar in die wereld het dit al ooit gebeur dat 'n land wat die oorlog gewen het, steeds sy vaderland verloor het? Dit is en bly 'n hartseerstorie.
Nasionale Diensplig , 05/01/2009, William Smith
-Ek was daar in die vroee 80's en wil meld dat dit die Suid Afrikaanse soldaat die mees gedisiplineerde, wel opgeleide, en van die fikstes was op die Afrika kontinent. Dit was vir my n eer om in die vorige weermag te kon dien en veg. Aan al hierdie sogenoemde spytkryers en slapgatte wat nou wil trane stort saam met die vyand, word wakker jou trane en gessigstrekens gaan jou nie red nie. dit is gewoonlik die wat nikswerd was in die vorige weermag wat die grootste lawaai maak. Hulle soek Rambo status vir sleg wees. Ek is en was nog altyd trots op die vorige weermag en sy opleiding wat aan ons geggee was. Hierdie offisiiere en onder offisiere was manne wat jy met jou lewe kon vertrou - ek het. Ek was op die grens en weet waarvan ek praat. Al hierdie leuens en propoganda wat nou afgemaak word is pure bog en hoop die vorige vyand en hulle hensopper maats wil verdwyn.
GRENSOORLOG, 05/01/2009, Deon B
Ek is een van die trotse 'veterane' waarna verwys word want dit blyk dat alle 'eks' SAW lede as veterane beskou word wat 10+ jare gelede die lig gesien het en die SAW verlaat het As 'n jong kaptein in die 86/87 Angola oorlog wat by 32Bn en 61 Meg afgedeel was, was dit 'n voorreg om onder die onderskeie bevelvoerders te dien. Die volslae vernietiging van onder andere 47 Bde deur 61 Meg was maar die een van die 'insidente' wat die onvermo?an die PLA/Kubaanse/Russiese soldate bevestig het, ek kon nog die gaos onthou met die T55 tenks toe ons eie EO ouens die frekwensie ?ge-jam? het, Bok Smit se manne [61 Meg] het oor hulle gehardloop en ook suksesvol die 1ste SA 8 Lugafweer stelsel gebuit, ons praat nie eens van die FAPA vegvliegtuie wat so hoog gevlieg dat die vlieenier nie grondmagte kon sien nie, en ons Lugafweer ouens nie eens die vliegtuig nie. Nederlaag!! Dit was nog nooit ?n opsie vir die ou SAW nie, ten spyte van politieke- en hoevlak SAW inmenging daardie tyd en die ?beperkte eie magte verliese? riglyne tydens ops beplannings, het ons sukses behaal Ek is wel besorg oor ons eie politici se onvermo?et om die verskil te sien tussen FAPLA/SWAPO asook hul doelstelling en dit blyk dat hulle [ANC/MK] ook aan een of ander grashalmpie vasgryp om ook erens bestaanreg te regverdig en ?oorwinning? te verkondig Dis my mening dat die ANC en sy MK kaders tydens die Suidwes oorlog waar ?ALLE? Suid Afrikaners [Swart,Wit,Bruin] se belange op die hart gedra was, soos ?n ?lastige hond? in die agterwerf gaos probeer veroorsaak het en dit nie werklik reggekry het nie. Hulle [MK] het wel lewens verwoes het, maar dit word mos vandag as geregverdig beskou! Dis nou 15 jaar na die 1ste demokratiese verkiessing en ten spyte die feit dat die ANC die land 'agteruit' boer, is ons trotse Suid Afrkaners met ?n blink toekoms, bere nou asb die ou ?hard feelings? gee erkenning aan alle gesneuweldes [SAW/SANW/MK/ANC] en ?beweeg aan?. Dankie aan alle mennae van die SAW Staandemag, SAW Dienspligtiges, SAP, Koevoet en ander magte wat bygedra het tot ons Suidwes suksesse, julle is ouens 1000%
SAW, 05/01/2009, Arthur
Vandag se SANW is vol werkers en nie soldate nie. Daar kan nie vergelyk word nie, (weet waarvan ek praat, het in altwee gedien). Het dit verlaat omdat ek al meer as 10 jaar in dieslelfde rang is sonder om op kursus te kan gaan om bevorderd te word. Die ANC (MK) het geen militere geskiedenis nie en wil nou ons ou een afkraak sodat hulle tenminste gelyk kan wees. Die oudste bevrydings org en moes wag todat ons te moeg is om verder te baklei voordat hulle die land sonder 'n enkele skoot kon oorneem (as gevolg van veraaiers in die vorige regering). SWAPO, FRELIMO, RENAMO, ZANU, FNLA, MPLA, UNITA het almal 'n weermag gehad wat hulle gebruik het om teen SA, Portugal, Rhodisia te veg en van hulle het met eer uit die styd getree. Ek haal my hoed af vir 'n vyand wat elke jaar saamtrek en probeer om die SAW aan te vat en elke keer 2de gekom het. Maar hulle het probeer, nie soos MK wat gedink het hulle het 'n mag nie. Sou graag wou sien wat sou gebeur het as die SAW vir MK aangevat het soos wat ons SWAPO en Kie aangevat het. Suid Afrika sou baie ander daarna uit gesien het. APLA (PAC) was 'n beter georganiseerde mag, ook 'n rede hoekom hulle nie vandag as deel van die "wenners" is nie. Die vredesmuur in Pretoria het nie ons ou gesneuweldes se name op nie maar net ons vyande sin, Kubane ens. Hulle name verskyn op daardie muur want ons genseuweldes het seker gemaak dat die vyand se name daarop sal verskyn.
SAW, 05/01/2009, A nna
Met dissipline en profesionele leiding was 'n goed gestruktureerde weermag die ruggraat en trots van hierdiedie land. Jammer dat poletiek van nou negatief dit wat broodnodig was in die gegewe tyd en omstandighede afkraak. Laat dinge verbygaan - ons is nou in 'n totale nuwe dispensasie.
SAW, 04/01/2009, Alibaba
Feit: Dit was nooit SA se oogmerk om Angola in te neem nie (hoewel hulle dit amper gedoen het in die 70's - ek dink met operasie Askari?). Nee wat, die van ons wat die waarheid weet, weet wat gebeur het en hoekom ons twee lande het wat (tans) nog demokratiese grondwette het.
grens oorlog, 04/01/2009, ADAM BOTHA
Ek het net na skool in 1988 aangesluit as diensplitige. ek her 'n werplasing gevra na SWA waar ek my twee jaar diensplig voltooi het. En standemag aangesluit het. My groot doel in die lewe was om mense en eiendom te beskerem en ek beskou dit nog as my hoof doel. Die swa oorlog was nie een van die maklikste oorloo nie en baie van my kolegas en vriende het in die oorlog omgekom. Maar my persoonlike gevoel is dat ons as die SAW ons doel beruik het. ons het 'n weerlose land weer op sy voete gebring en gesorg vir 'n demokratiese verkiesing. Dit is net baie jamer dat ons dit nie van ons eie land kan se met sy omgekeerde rasisme nie. Dit is net vier my baie swaar om te sien hoe ons lsnd verander het van 1994 tot ten swakste haar sal iets ge
Sielkunde en oorwinning, 04/01/2009, JVR
Dankie vir die uiteenlegging van (fisiese) feite. Bit bewys sekere stellings, soos byvoorbeeld dat die SAW uitstekend geveg het en telkemale met minder verliese hulle betere vermoeens vertoon het. Maar om 'n oorlog te wen of verloor het eintlik niks met verliese ens te doene. Dit is alles sielkunde. As een kant begin glo dat hulle die geveg verloor het, dan het hulle verloor (selfs as hulle minder verliese toon). Dieselfde is waar vir die wenner. Dit alles is primaat sielkunde, en mense het dit net so ge-erf. Dit is waarom die ANC wel vandag kan aanspraak op 'n groot oorwinning. Nie sodanig omdat hulle vyande fisies verslaan is nie, maar omdat hulle doelstelling bereik is en omdat die sielkundige verhouding tussen ANC en NP by Kodesa dit van oorwinnaar/verloorder was. Die ANC het wel gewen, en hulle doele (om SA oor te neem, en om haar rykdom in te palm) is bereik. Nieteenstaande die fisiese feite oor ons soldate en ander oorlogsverliese. Alles oor wen en verloor in oorlog, is in mens se kop.
TROTS OM DEEL TE KON WEES, 04/01/2009, TIM Jooste
Ek is bly dat Genl.Geldenhuys en ander uiteindelik die stilte verbreek het betreffende die leuens wat oor die destydse SAW en ons wat ons jeugjare moes offer, versprei word.Vir my was dit voorwaar 'n voorreg om deel te kon uitmaak van 'n absolute professionele weermag, wat kommunisme en terrorisme in elke vorm teengestaan en effektief daaroor geseevier het. Die geloof in die God van ons geskiedenis(vir wie daar ruim plek geskep is tydens opleiding in die SAW),die streng dissipline, die talle voorbeelde van leiers en offissiere onder wie ek met trots gedien het en wat absolute kenners van hulle vakgebied was, manne met integriteit en karakter,die kameraadskap van wonderlike vriende en die trots (ek was in die Pantserkorps by 1SDB)om ons land met onderskeiding te dien, sal altyd vir my 'n besondere eer wees. Die SAW het beslis as die wenner uit die stryd getree. Geeneen van ons destydse vyande kon staan teen die konvensionele magte nie. Hulle kon wel baie goed verraderlike aanvalle op onskuldige burgerlikes doen. Maar teen die SAW glad nie. Geen "saamgeflansde" goedkoop propaganda storietjie kan die waarheid daarvan ooit verander nie. As die omstandighede ooit sou aanbreek om Suid-Afrika weer uit die bloedbesmeerde kloue van gewetenlose vroue en kindermoordenaars te red, sal ek graag weer beskikbaar wil wees saam met die tipe manne waaronder ek bevoorreg was om te dien. Ons het 'n groot prys in ons jeug betaal,maar sal dit altyd met trots en waardering onthou.Lank lewe die ou SAW en 1 SDB
Die SA Weermag vs ANC (MK), 04/01/2009, Andre Bridgens
Ons het dekorasies gekry vir oorlog voering in die bos, nie omdat ons soos die klomp poepolle sagte teikens in Wimpy's opgeblaas het nie.
Grens Oorlog, 04/01/2009, J.A.Spies
As vlieenier in die ou SALM het ek vanaf 1967 tot en met 1998 my Land, my Volk en die SAW met trots gedien. Ek was in n ondersteunende rol betrokke by vele aksies in Angola en kan onomwonde verklaar dat die SAW nie net baie goed gat geskop het nie maar ook humaniter sonder gelyke was. Die hoeveelheid PB (plaaslike bevolking)beseerdes, siekes, verwagtendes en soms plein "lame and lazy" wat soms onder uiterste vlieg omstandighede "ge CASAVAC" is legio. Van "baby killers" was daar geen sprake nie maar ek wonder soms hoeveel van die mense wat met waagmoed gered is, is tans deel van die verspreiding van die leuen. By verre was die meeste van ons en die SAW se bevelvoerders deeglike opgeleide, doelgerigte soldate maar ongelukkig kan die selfde nie gese word van ons politici nie. Terwyl Pienk Frikkie buite egtelik baljaar het, het hy die lot van ons wonderlike land in die hande van n kanarie en n ander besopene gelaat. Die resultaat is nou n droewige geskiedenis. Ek is baie bly dat in die nuwe RSA, die landsvlag, die uniforms en die rang tekens verander het. Tenminste kan ons nie nou meer in die selfde lig as die huidige klomp narre gesien word nie Generaal, ek salueer U en die feit dat U hierdie wanindrukke regstel. U sal my onthou, ek het die eer gehad om U verskeie kere rond te vlieg en ook soms n handjie brug saam te speel. Laastens wil ek net noem dat ek nou soos honderde van my eertydse makkers, goeie diens doen in die buiteland. In die RSA is daar nie meer werk vir hoogs opgeleide wit vlieeniers en tegnici nie maar die buiteland slurp ons "Verslane Baby Killers" op. Die SAW is dood. Lank leef die SAW. AT
Vryheids vegters, 04/01/2009, Andre
Ons was(is) die regte vryheids vegters, waar sou die nuwe SA vandag gewees het as ons nie bereid sou wees om versoen te word met die res van ons land nie. Die waarheid sal seevier en 611 soldate sal nog hul regmatige herdenk word.Viva SAW Viva
Genl Jannie Geldenhuys, 04/01/2009, Dr JFG Cilliers
Ingeligte en onbevange persone in SA en oorsee sal weet dat genl Jannie Geldenhuys se opmerkings ivm die Bosoorlog feitelik korrek is. Dit is te verwelkom dat sy en andere se nog kontroleerbare feite op skrif gestel word omdat dit binne 40 jaar, of dalk korter,die prim? bronne gaan vorm vir 'n eerliker geskiedenis van die SANW se prestasies tydens die oorlog. Die wetenskaplike geskiedskrywing het gelukkig 'n gewoonte om geleidelik ontslae te raak van politieke propaganda wat as geskiedkundige feite pretendeer. Uiteindelik sal daar by 'n eerliker prentjie uitgekom word. Al wat mense met eerstehandse kennis dalk nou moet doen, is om hul kennis ten alle koste op skrif te stel en toe te sien dat dit iewers ter wille van eerlike navorsers gepubliseer word. Rapport verdien 'n pluimpie dat hulle 'n artikel ivm genl. Geldenhuys se feitelike en konroleerbare opmerkings geplaas het. Is dit nie moontlik om sy hele dokument te plaas nie? Daardeur sal SA se wetenskaplike geskiedskrywing gedien word.
SAW, 04/01/2009, Martiens Verster
Waarom try jul nog veg? As enige regdenkende mens nie kan lees en verstaan wie en wat ons Boertjies was nie, plaas hy/sy hul self mos direk onder die integriteit en fabelagtige kakpratery van die huidige gespuis. Of julle besig om siniel te raak en te vergeet. As jy deel was van ons TROTSE SAW & SEUNS, VROUE EN KINDERS, hoef jy nie te reageer op snert nie. Daar's n magdom wat stilbly en nie n woord rep nie. Gun my die voorreg om dit namens hulle te doen "Ons, weet sie gewen het en dit was NIE die donnerse huidege gespuis nie, daarom lag ons in die mou vir hulle" Ek se, KYK na die punte bord man, dis soos in enige sport - ONS 100 , ander ZERO. Ek en baie van ons makkers, het die voorreg gehad om latere jare saam met ander weermagte te werk in meeste Afrika lande en selfs oorkant in Iraq, Afghanistan, Indie, China, Engeland, Amerika &&&&&&. Kom ek vertel jul, as enoge van die ander "kommentators" ons op geklyke voet aangevat het en nie soos die slapgat yanks (wanks), sou hul nog verder verloor het as 100 - zero. Ons was die heel beste bosvegters wat die wereld ooit gehad het, ek dink die wild west ingesluit. Die statistieke bewys mos deeglik en onteenseglik dat bv die yanks, nog nOOit n oorlog gewen het nie en sal ook nooit nie. Kom tot verhaal. Tel jul koppe hoog op en hou hulle daar. Die sogenaamde freedom fighters was tesame met die engelse, kinder, vroue en oumens MOORDENAARS man. lafaarte, bedelaars en hat altyd iemand anders gekry om hul vuil werk te doen. Politisie se jul. Dis ironies. Hulle IS die grootste skelms, bedriers, diewe en hulle, loop almal vry rond. Wag maar, die sports kom nog. Groetnis en leef met trots voort - VIAAAAA ons eertydse SAW & Seuns VIVAAAA!!!!!!
TROTSE SA WEERMAG-TEEN NOU SE GEMORS, 04/01/2009, A. Koortse
Ek het diens gedoen in '84 te Sektor 10- bo by Eenhana, Baken 28 1/2 ens. Ek kan met trots se dat ons Weermag - onder leiding van 'n TROTSE en gesofistikeerde bevels kontengent- en onder druk van skelm politici- 'n uitstekende taak gelewer het tov die verdediging van ons land en vlag. Die ANC- wat terroriste was- en steeds is- kon, met die hulp van honderde ander hulplande soos Kuba, China, Mosambiek, Angola, Libie, ens, ens - nie hond haar-af maak teen one goed-opgeleide magte nie. Ons was proffesioneel- en het nog met moed en durf vir die eer van ons land en vlag geveg. Die ANC probeer die afgelope jare - tipies kommunistiese propaganda aanblaas om hulle sg. "helde" te vereer- en dit so te propageer dat hulle "eintlik" die oorlog gewen het. Wat 'n klomp snert! Hulle het gewen met die hulp van verraaiers soos De Klerk en Botha- wat gemaak het dat duisende jong manne en vroue- deur die NP geforseer- hulle lewens verniet weggegooi het sodat die vyand in elk geval die land op 'n skinkbord kry. Wat is oor van die sg. "Weermag" vandag? Net 'n klomp rommel gevegs voertuie uit ons tyd- en 'n hele spul on-opgeleide, nikswerd VIGS deurdrenkte boemelaars wat nie 'n snert omgee oor lands veiligheid en trots nie, wat onderdanig is aan 'n oorgewig onbeholpe klomp "Generaals" wat nie eers die eerste ding weet van oorlogvoering nie. Al wat die lands vuilgoed goed voor is- is om te sit en leegl?n die sg. "weermag"- en in plekke soos Darfur, Sierra Leonie- en ander plekke. Dit maak my siek om te weet dat my gesin, my land- en my vlag so verkrag is deur 'n klomp bandiete- en steeds help die liberale media die onkundige tronkvo? om die waarheid te verdoesel vir ons nageslag! Dank God dat die verpestelike ANC sy agter-end gesien het- en ek hoop die land gaan na volgende jaar die kans kry om die moeisame, duur pad te begin tot herstel- en vir ewig van die bandiete en "Aliens" - wat geen snerts oor die mense omgee nie- ontslae wees! HEIL DIE OU SA WEERMAG!!!!!!
Wie het Gewen, 04/01/2009, Gerhard Smit
Ek was vir 20 jaar 'n lid van die Burgermag.Ek is vandag steeds daarop trots dat ek 'n lid van die SAW kon wees.Ek onthou vandag nog hoe my eenheid se lede tydens 'n oproep reageer het - hulle was daar.Hierdie soort propaganda wat vandag aan ons opgedis word is te verwagte,en ek ondersteun die reaksie op die stellings gemaak , volkome. Dankie aan Genl.Geldenhuys dat hy die ordentlikheid het om nie tot die vlak van die sogenaamde kenners te daal nie .Ons was daar , ons weet wat het gebeur , gelukkig het ons vandag genoeg selfrespek en is dit nie vir ons nodig om ons destydse vyand te verkleineer nie. Ware soldate doen dit nie . Ons weet wie het gewen.Alle lesers moet asb altyd onthou ons het nooit probeer om Angola 'n provinsie van die RSA te maak nie , ons het teen komunisme geveg en in ons doelwit geslaag.Moet asb nie vir een oomblik dink dat indien ons nie gedoen het wat ons wel gedoen het nie u vandag sou kon lewe soos u wel lewe nie - omstandighede sou heeltemal anders gewees het , beslis nie beter as wat dit nou is nie .Ek groet u .
Grensoorlog, 04/01/2009, Wicus Coetzee
Ek het in 1973 matriek geskryf en moes daarna rapporteer by 11 kommando vir my diensplig. Die strooi wat vandag vertel word is nie wat ek ervaar het nie. Ek was trots daarop dat ek my land kon help verdedig teen die kommunisme. Die vryheid wat ons voorsate vir ons nagelaat het moes vertroetel en behoue bly vir ons nageslag. En toe maak Pik Botha "ons" bang met die VVO. En Flatwheel en Roelfie gee ons vryheid weg. Die SAW het geseevier...! Die politici het ons verraai!
Politieke doelstellings, 04/01/2009, Willie Meyer
Ek was elf al SA lugmag lid betrokke by die grensoorlog. Daar word voortdurend in baie kommentare en artikels (negatief of positief)genoem van die politieke doelstellings wat deur middel van die SAW moes bereik word vangedurende die destydse grens oorlog. Die vraag wat ek wil vra is hoekom is Genl Malan wat die Minister van Verdediging was oor die tydperk so stil. Hy kan beslis baie ligwerp op die destydse politieke doelstellings. As minister was hy die skakel tussen die politici en die SAW en het hy persoonlik elke buitelandse operasie gemagtig. Ek is seker hy kan baie lig werp op die hele polimiek en baie vaaghede opklaar.
FW DE KLERK, 04/01/2009, ALEX SMIT
IN DIE BOEK VAN GENL MALAN, "MY 42 JAAR IN SA WEERMAG"('n Moet lees) HET EK GELEES HOE FW DE KLERK UIT SY PAD GEGAAN HET OM GBS STELSEL TE VERNIETIG WAT OPGEBOU IS DEUR BAIE ANDER OM SUID AFRIKA EN DIE SAW TE BESTUUR. ONTHOU DIT IS HY WAT DIE 23 GENERAAL ONTHEF HET VAN HULLE POSTE. DIT IS HY WAT GENL MALAN "HERPLAAS" HET AS MIN VAN BOSBOU. DIT IS HY WAT GENL VLOK VERWYDER HET. FW DE KLERK HET DIE PROPAGANDA TEEN DIE SAW "BEGIN" EN "GOEDGEKEUR" OMDAT HY DEUR POLITIEK EN EMOSIE AANGEDRYF IS TERWYL DIE NDP'S, BURGERMAG LEDE, KOMMANDO LEDE EN STAANDEMAG LEDE (WAARVAN EK EEN WAS)DIE REGERING VAN DIE DAG GEDIEN HET, OM 'N GEORDENDE BESTEL TE VERSEKER. FW DE KLERK SE MIN/GEEN KENNIS VAN DIE GBS STELSEL WAS VIR HOM 'N PERSOONLIKE BEDREIGING EN DAAROM HET HY ONS/SAW NEGEER.EK RAAK BUITE WESTE, ELKE KEER AS EK BESEF ONS/SAW WORD "SWARTGESMEER" DEUR DIE 1994 "HENSOPPERS" EN HULLE MEELOPERS. EK IS TROTS OM DEEL TE KON WEES VAN DIE BESTE WEERMAG IN AFRIKA EN SAL ELKE POGING ONDERSTEUN OM ONS/SAW SE NAAM HOOG TE HOU. ONS MIS 'N PW OF 'N DE LA REY OM WEER TROTS TE WEES OP DIE REGERING VAN DIE DAG.
TROTS, 04/01/2009, JAMES
Ons ware afrikaners gaan le nooit nie.Ek was nie deel van die oorlog nie,te jonk gewees,maar dit maak my trots om die stories te lees,en hartseer om te hoor van Afrikaners wat gesterf het,om net n proses met 15 jaar uit te stel
Kapelane in SA WEERMAG, 04/01/2009, Johan de Witt
Tydens die ontplooing van die SAW in SWA en Angola het die kapelane `n besondere rol gespeel ter ondersteuning aan die soldate. Staandemag-, Burgermag-, Kommando- en Dienspligkapelane het met trots en toewyding diens gedoen. Vanaf 1977 tot1993 het meer as 1600 Dienspligkapelane in die SAW gedien. Die Kapelanekorps het 34 denominasies verteenwoordig. Nooit is deur die SAW aan Kapelane ges?at hulle moet verkondig nie. Van elkeen is slegs verwag om die Woord van God te bedien. Die Kapelane het in die Operasionele gebied duisende Bybels aan die plaaslike bevolking uitgedeel. Kontak is gemaak met plaaslike kerkleiers. Sendingwerk is gedoen as `n bo en behalwe taak. Daar is selfs enkele lede uit die plaaslike bevolking as geestelike leiers opgelei. Hierin het veral Dienspligkapelane `n rol gespeel. Dit was Kapelane wat saam met bevelvoerders die tyding van die dood van `n geliefde aan die familie moes oordra en dan dikwels die begrafnisdiens gelei het. Saam met die mediese span het Kapelane die gewondes onderskraag en bemoedig. Die rol van die Kapelaan in die ontplooing in SWA en Angola word goed verwoord in die doktorale proefskrif van Dr. Sybrand van Niekerk wat eers as Dienspligkapelaan in die SAW gedien het en toe as Staandemagkapelaan aangestel is.
SA Weermag, 04/01/2009, Anoniem
Ek is al 27 jaar in die weermag en ek stem saam die ou SAW het die land reg gehou en opgebou, praat van regstellende aksie, in my eenheid is dit omgekeerde rassisme en die Bev in wit. Die ou SAW lede bly ver agter wat bevordering ens betref, en hulle het vir hul land geveg en so word alles in hulle gesigte terug gegooi, stank vir dank sal ek s? En terloop nerens word daar ooit vertel van die heel eerste SAW lid wat gesterf het op die grens Kapt Zeelie, die hardseer van sy familie, hy is in Alberton begrawe en dit was die eerste militere begrafnis wat ek gesien het en ek was trots om te weet die weermag is so wonderlik, ek was op skool en net daar het ek besluit om by die SAW aan te sluit.
Die S.A.W. versus die S.A.N .W, 04/01/2009, Gert Van der Linde- Pinetown
Dankie tog die Regime het die "weermag" se naam verander. Geen rede dat die mense van vandag, "soldate" genoem word nie.
Grens Oorlog, 04/01/2009, Hannes Moll
Wat ek nie verstaan nie is wanneer iemand n idee kry om n program soos Grensoorlog te maak, dit nie adverteer voor die tyd en sodoende onderhoude voer met soldate wat daar was en ook weet wat daar aangegaan het, nie net sommer enige ou opstraat wat beweer hy was daar en sodoende n klomp nonsens kwyt raak nie.Wat my ook pla is dat net sekere weermaghoofde staan op om ons te verdedig soos Genl.Geldenhuys, waar is Genl. Viljoen en Magnus Malan???
SAW en Kie was Uitstekend !, 04/01/2009, Boeretrooskoerant
Laat almal besef dat daar slegs een so n weermag was, vir niks het hy gestuit nie en sy soldate het met groot eer geveg en gewen ! Net so ook die polisie se teen-insurgensie eenhede ! Lank lewe die Boervolk !
Trots op Vorige SAW, 04/01/2009, Loggies
Ek sal trots bly tot die dag wanner ek groet op die vorige SAW. Al die Generaals is Helde.Viljoen, Geldenhuis wat ons kom motiveer het op die grens 1978 en 1979. Vandag se vet overgrone baboons wat nie n idee het van respek, disiplinne, integriteit nie , bly afbreek soos dit maar hulle Culture is. Groete Ou troep van 4 SAI
ANC Snert, 04/01/2009, Johannn
Ek wens die ANC wil ophou met hulle amateuragtige propoganda. Die ou SAW het NOOIT enige veldsag of operasie verloor nie. On het wel soms verliese gely, bv. gedurende "Smokeshell" (Operasie Sceptic), maar ons het nooit "tweede' gekom nie. Ek is ook nie bewus van enige ANC-MK teenwoordigheid by enige kontakte, operasies of veldslae nie. Ek is 'n veteraan van Operasie Savannah, en die enigste teenstanders in daardie operasie myns insiens was die MPLA en 'n trossie Kubane. Die eintlike feit is dat op militere gebied kan die ANC-MK spulletjie met reg beskryf word as die mees oneffektiewe guerilla eenhein in die geskiedenis van moderne oorlogvoering. Sover ek weet was die ANC se enigste "teenwoordigheid" in Angola gedurende die Bosoorlog hulle konsentrasie kamp by Quattro, waar hulle hulle eie afwykendes "heropgevoed" het. Die gewone MK0lid sou iets onverfynds in hulle broeke gedoen het indien hulle hulle in enige our SAW eenheid vasgeloop het, en ek herhaal, ek is nie bewus van ENIGE instansie waar die ou SAW en MK DIREK tee mekaar te staan gekom het in die Bosoorlog nie.
SAW HET VERLOOR?!, 04/01/2009, HENK VOSLOO
Ek kan maar net se ek voel jammer vir die "elemente" wat wil propageer dat ons(die ou SAW)die oorlog verloor het,want hulle praat duidelik uit onkunde uit en weet nie waar die "wa" is nie. As ons die oorlog verloor het sou hierdie land van ons vandag in chaos gedompel gewees het. En ek stem saam met elkeen van die vorige kommentators wat ten gunste van die ou SAW praat. Wat die sogenaamde propogandiste nie weet nie (of gerieflikheidshalwe verswyg) is dat ons(die SAW) al die tyd in die destydse SWA en suid Angola (tydens die grensoorlog)vryheid van beweging gehad het en kon ry en baklei net waar die situasie dit vereis het(met lugoormag)sonder om onsself te "versteek" tussen die "plaaslike bevolking" om nie geidentifiseer te word nie !!Ons was nie skaam om te wys wie ons is en waar ons vandaan kom en aan watter organisasie ons behoort nie, want dit was 'n trots om aan die ou SAW te behoort. Dit was 'n hoogs effektiewe,professionele,uitstekend opgeleide organisasie met kwaliteit leiers wat gelei het deur voorbeeld !!! IS DIT HOE 'N MENS 'N OORLOG VERLOOR ??
Waarheid sneuwel in die melet? historie, 04/01/2009, Jan van Niekerk
Dit is ongelukkig so dat n weermag altyd die politicis se brousels moet regmaak, daarom was dit ook so met die SAW van destyds. Ek was self n NDP lid wat ook in Angola diens gedoen het, en met sukses. Net n idioot sal die propaganda glo wat vandag verspy word van wie gewen en wie verloor het. Slegs die van ons wat daar betrokke was sal die waarheid weet. My wens is dan ook dat die politics nie die geskiedenis ook probeer herskryf nie, maar dit liewer daar te laat en almal wat deel geneem het aan wat daardie tyd vir ons reg was erkinning daarvoor te gee. Groete oud NDP lid.
SA-WEERMAG, 04/01/2009, Ryno Lottering
Die enigste rede hoekom ons ou weermag manne so afgekraak word is omdat almal wat ons afkraak een of ander tyd sy gat deur ons geskop gehad het !of gesien het hoe sy meelopers op hulle moer gekry het.DIE EEN IS VIR JOU LT.MICHAEL charlie 2 reaksie mag.
DIE OU SWA GEBIEDSMAG , 04/01/2009, john wessels
DIE OU SAW HET 'N GESKIEDENIS WERELDWYD AS 'N GERESPEKTEERDE MAG GEHAD. VRA ENIGE BUITELANDER EN HY SAL JOU SE.EK IS TROTS EK WAS DEEL VAN DAAI MAG.EK IS TROTS OP DIE BEVELVOERDERS ONDER WIE EK GEDIEN HET.EK IS TROTS OM VIR MY LAND TE BAKLEI HET.EK WAS 'N OPS OFFISIER IN DIE OPS KAMER IN WINDHOEK GEWEES.ALLE GEBEUREIN DIE HELE LAND EN OP DIE GRENS HET EK EERSTEHANDS OP SKRIF GESIEN VOORDAT ENIGE GENERAAL NOG DAARVAN GEWEET HET.SWAPO, FAPLA, DIE KUBANE EN AL WAT 'N TER WAS HET OP HUL MOER GEKRY. EK HET MET DAAI STATISTIEKE GEWERK EN 'N VOORLEGGING GEDOEN VIR MY BEVELVOERDER BRIG.LOUW WAT DIT DAN AAN DIE BEV GEN GEORGE MEIRING VOORGELE HET.DAAR IS MEER SOLDATE GEDOOD EN BESEER AGV ONGELUKKE AS KONTAKTE MET DIE TERS.SWAPO EN SY ONDERSTEUNERS HUIL NOU NOG!
WEERMAG AANGELEENTHEID, 04/01/2009, CHRISTO BOTHMA
Hierdie wonderlike land van ons sou in n beter toestand op ALLE terreine gewees het as die voormalige SAW dit bedryf het gesien in die lig van orde ,stiptelikheid,dissipline ens.Hierdie huidige klomp narre sogenaamde vryheidsvegters van weleer het na al die dekades nog geen verantwoordelikheidsin ,orde en dissipline,opregte Afrika mentaliteit van ek hou heeltyd bakhand en jy gee en ek ontvang en verder donner ek alles op.Ek het vir hulle slegte nuus.n Ou SAW peleton infanterie soldate sal die huidige sogenaamde weermag,let wel in klein lettertjies geskryf, binne n week kaf draf in hulle moer.Die rede : agv van dissipline,toegewydheid,fiksheid ens .Die mense en wat die huidige narre wenners wil maak is welkom om n verloorder op te hemel,dit se iets van hierdie huidige verdraaide sameleweing nl. Verkeerd is reg en reg is verkeerd.Alles wat in lyn met dissipline en orde is word afgebreek en afgemaak as niks,ons die nuwe dispinsasie wat in veertien jaar nog niks opgebou het en net afbreek ons is die wenners ,hoe belaglik.Geen wonder ons kinders begin ook teen julle in opstand kom nie. Dankie vir die destydse Suid Afrikaanse Weermag wat my lewenswaarhede geleer het van vasbyt.dissipline en orde,daarom kan ek vandag n suksesvolle mens wees en daarom lag ek my gat af vir hierdie sogenaamde vryheidsvegters se gespartel.Dit is nie te se as jy die mag in n land het jy sukselvol is nie,inteendeel wat Afrika betref bly jy maar n TIPIESE AFRIKA NAR wat heeltyd bedel. Dankie PW dat ek deel kon wees van die beste weermag ooit in die wereld.
Eer die SAW, 04/01/2009, Yster van Staden
Die huidige politieke bewindhebbers en nuwe burokrate floreer tans op die suksesvolle resultaat en nalatenskap van die SAW van weleer. Die SAW het die land en sy rykdomme beskerm teen die ekspansioenistiese kommunisme maar die politici het toegelaat dat dit daarna geplunder word deur die huidige korrupte regeerders. Hopelik sal COPE uitkom met die waarhede. Die media moet nou ook sy deel doen en dit herhaaldelik oopvlek. Die SAW se ware geskiedenis en die land se rykdomme moet vir die nageslag beware bly. Nie Cuito leuens en 'n bankrot leeg gesteelde land soos Zimbabwe nie. Die veterane wat die totale SA Staat beskerm het behoort daarvoor onthou te word. Die media kan doen wat die politici destyds nie gedoen het nie. Terwyl die SAW die land stabiel gehou het was sekere naiewe politici besig om ooreenkomste te sluit wat op affirmative action en grootskaalse korrupsie uitgeloop het. Hulle skuld ons veterane 'n verskoning. Die huidige regering is ons veterane groot dank verskuldig. Yster.
Quito Cuanavale en die SAW -, 04/01/2009, Chris Pretorius, Somerset Wes
Willem Steenkamp se 'Borderstrike - South Africa into Angola' en 'Suid Africa se Grensoorlog 1966 - 1989' bied 'n baie volledige, gebalanseerde en goed nagevorsde blik op die verskillende veldslae in suid-Angola. Dis waar dat die Angolese en SWAPO-stryders uit 'n beter soort lap gesny was as die ANC, wie eintlik op hul dapperste was wanneer hulle opgetree het teen nie-vegtendes. Geen veldslag het ooit binne Namibie plaasgevind nie en geen veldslag is ooit die die SAW verloor nie. Al waar die SAW soms die spit afgebyt het, is tydens enkele patrollie-hinderlae, waarvan gelees kan word in Steenkamp se verslae. Die ANC probeer 'n krygsgeskiedenis wat hy nie het nie, opgestel kry deur gewoonte-leuenaars wie nooit daar was nie. Die SAW het nooit geen stryd verloor nie; dis vir hulle gedoen deur hul eie politici, wie se gerieflikke gatte in daardie tyd onverdiend deur die SWA beskerm was. Vandag se SANW dons deesdae steeds die goeie infrastruktuur wat gratis in hul skoot geval het mooi op en veg deesdae eintlik maar net (roemloos) teen HIV.
Wie verloor werklik?, 04/01/2009, Jacques Joubert
Dit wys jou net dat die regering van die dag nie versoening wil he nie. Hoe anders sal hulle die volgende een wen. Hulle noem mos hulself die so called "freedom fighters"
Angola, 04/01/2009, S Rautenbach
Die beste dokumentere dekking oor die rol van Kuba in Afrika is deur die ABC Engeland gedoen.Dit het my laat goed voel oor die SAW en teleurgesteld in die politici.
SAW het verloor?, 03/01/2009, W L Pretorius
Al wat ek kan bydra is die volgende: As wat ek gesien het en gedoen het "verloor" was, dan wonder ek waarom ek nog hier is en nie saam die verloorders onder die grond nie?? Die 80's was die beste jag ekspedisie van my lewe!
DIE SA WEERMAG, 03/01/2009, Barries
Ek was self nooit in die weermag nie (Te jonk) maar na aanlyding van die kommentaar voel ek dat die SaW sy doel bereik het , en met eer uit die stryd getree het . Moet nie afgesit word deur die klomp nie . Die bewyse is voor ons ...meer as n dekade van vreedsame demokrasie .( Dis net die geweld wat n bietjie erg is )
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo