News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
    KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 18°C 31°C
KPT 16°C 23°C
JHB 16°C 20°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
29/11/2008 16:42  - (SA)  
Hermanus gekroon
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die “Walvishoofstad van die wêreld” dra die kroon as Kaap-Rapport se Dorp van die Jaar 2008.

’n Verdeelde beoordelaarspaneel het 3-2 in die guns van Hermanus beslis, met Oudtshoorn in ’n uiters mededingende tweede plek.

Die derde finalisdorp, Robertson, het ook ’n baie waardige aanslag op die titel gedoen.

Kaap-Rapport se gewilde jaarlikse Dorp van die Jaar-kompetisie word gesamentlik deur Kaap-Rapport, Van Loveren en Cape Town Routes Unlimited (CTRU) geborg.

Sowel Hermanus as Oudts?hoorn het ’n groot impak gemaak met die verskeidenheid wat hulle as vakansiebestemmings aanbied.

Hermanus het benewens sy pragstrande en befaamde walvisse ’n pragtige wynroete in die Hemel-en-Aarde-vallei, puik restaurants, avontuursport en nog baie meer.

Ongeag wie jy is en wat jou begroting is, op Hermanus is daar verblyf-, eet- en vermaakkeuses sonder einde.

Die faktor wat die deurslag vir Hermanus gegee het, was dat dié dorp se sakelui en inwoners ooglopend “honger” was vir die titel.

Die dorp het in die eerste rondte by verre die meeste stemme onder inwoners gewerf en ook tydens die laaste SMS-rondte die meeste SMS’e ingestuur.

Baie van die aanvoorwerk vir Hermanus is gedoen deur die nuut gestigte Overstrand-bestemmingsbemarkingsorganisasie (OBBO). Hermanus is saam met Gansbaai, Stanford, Hangklip en Kleinmond deel van die streek Overstrand.

Dié organisasie mag in sy kinderskoene wees, maar kan nou reeds sy sukses meet met die Dorp van die Jaar-2008 titel.

Al drie die finalisdorpe was ongelooflik gasvry – dis nou maar eenmaal ’n eienskap wat eg is aan Kapenaars.

Al drie dorpe het ook beïndruk met die professionele manier waarop hulle besoekers ontvang. Die toerismebedryf is diensgerig – swak diens word al hoe minder geduld.

Innoverende dienste en produkte word aan besoekers gebied; daar is heeltyd ’n strewe om unieke ervarings te ontwikkel. Nuwe “feeste” om mense na elke dorp te lok, word steeds ontwikkel en bestaande feeste word konstant verbeter.

Diensverskaffers besef ook almal dat hulle in die huidige ekonomiese klimaat waarde vir geld moet bied.

Binne die toerismebedryf is bemagtiging van mense uit die voorheen benadeelde gemeenskappe ’n onvoltooide werk, maar jaar ná jaar kan Kaap-Rapport vordering op dié gebied sien. Handvlytondernemings, toneel- en musiekgroepe en sogenaamde homestays neem toe. Eienaarskap, aandeelhouding en die volhoubaarheid van sekere projekte is van die grootste uitdagings.

Die beoordelaars van die Dorp van die Jaar-kompetisie was Colette Janse van Rensburg (bemarkingsbeampte vir Kaap-Rapport), Hanlie Stadler (inhoudsredakteur van Kaap-Rapport), Julian Jansen (verslaggewer), Hetta Saunderson (mede-eienaar van M4 Artist Management, wat die borg Van Loveren verteenwoordig) en Suné Greeff (internasionale bemarker vir CTRU).

Hoewel die titel nou toegeken is, is dit nog nie die einde van Kaap-Rapport se Dorp van die Jaar-pret nie.

’n Heerlike makietie waar Afrikaanse kunstenaars gaan optree, word in Februarie 2009 op Hermanus aangebied.

Besonderhede hieroor sal nader aan die tyd bekend gemaak word.

) Vuka Scuta het vier bromponies vir die Dorp van die Jaar-kompetisie geskenk – drie wat reeds aan lesers gegee is in gelukstrekkings wat vroeër in die kompetisie gehou is en ’n vierde wat aan die wendorp se toerismekantoor geskenk word.

) Die OBBO het die handelsmerk waaronder dit die Overstrand gaan bemark – Cape Whale? Coast – dié week amptelik bekend gestel.

Clinton Lerm, voorsitter van die OBBO, sê walvisse is steeds die unieke verkoopspunt van die streek.

Lerm het beklemtoon dat elke produkeienaar en besigheid in die Overstrand die handelsmerk kan versterk deur grootskaalse blootstelling.

Lerm het gewaarsku dat toenemende ekonomiese druk ook sy merk op die toerismesektor sal maak en dat 2009 heelwat uitdagings vir dié sektor inhou.

Met verwysing na die 2010-Sokkerwêreldbeker het Lerm gesê dat dit as ’n verlengde toerismeseisoen in die Overstrand gesien moet word.

Hy het ook daarop gewys dat die politiek stabiele munisipaliteit in die Overstrand ’n sleutelrol speel om groei in die streek te bewerkstellig wat terselfdertyd gunstig vir die toerismebedryf is.

Onder projekte wat gedurende die OBBO se aanvangsjaar deurgevoer is, tel die druk van Cape Whale Coast-poskaarte, die instelling van ’n wêreldgehalte- webtuiste en die opgradering van die toerismekantore in Hermanus met onder meer kontakskermmasjiene met toerisme-inligting oor die Overstrand.

Die OBBO gaan 5 000 DVD’s en brosjures met generiese materiaal oor die Overstrand vervaardig wat plaaslik en internasionaal versprei sal word.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo