News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 18°C 28°C
KPT 16°C 23°C
JHB 16°C 24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
16/04/2005 22:56  - (SA)  
Polisiewerk ál meer deur ander gedoen
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


MARLENE MALAN
Kaapstad



Suid-Afrikaners bestee jaarliks sowat R15 miljard aan 'n verskeidenheid veiligheidsdienste wat voorheen deur die polisie gelewer is. Dié bedrag kruip elke jaar nader aan die nasionale polisiebegroting, wat vanjaar R24 miljard bedra.

Private veiligheidsdienste het reeds meer werknemers as die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens saam. Die SAPD het 135 000 lede, terwyl die werkmag van private veiligheidsdienste en speurdienste lankal die halfmiljoenkerf verbygesteek het.

'n Omvattende ondersoek deur Rapport het aan die lig gebring ernstige misdade word al hoe meer ondersoek en opgelos deur private speurders, baie van hulle oudlede van die SAPD. Forensiese ouditeurs uit die private sektor is besig om die werk van eertydse handelspeurders oor te neem. In groot dele van die land is patrolliediens in woonbuurte volledig in die hande van private veiligheidsmaatskappye.

Sowat 20% van SAPD-lede word vir heeltydse wagdiens aangewend, het navorsing van die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) getoon. Sowat 23% van die lede word vir administratiewe take gebruik, 15% vir sigbare patrollering, 10% vir ondersoekwerk en 8% om op noodoproepe van die publiek te reageer.

Dié SAPD, met minder as 100 000 operasionele polisielede, moet jaarliks dus sowat 2,5 miljoen misdade oplos.

Rapport se ondersoek die afgelope week het aan die lig gebring byna 4 600 veiligheidsmaatskappye met 287 246 veiligheidsbeamptes is by die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) geregistreer. As die getal ongeregistreerde veiligheidsmaatskappye en veiligheidsbeamptes bygereken word, kan die syfer in albei gevalle sowat verdubbel.

Navorsing het getoon dié bedryf het die afgelope sewe jaar met 13% per jaar gegroei, het 'n woordvoerder van Psira aan Rapport gesê. Van 'n omset van R1 miljard in 1989 het Suid-Afrikaners se besteding aan private veiligheidsdienste nou tot sowat R15 miljard jaarliks gestyg.
   Die private polisie-ondernemings het groter sukses omdat hulle meer kliëntgeoriënteerd is en tegnologies baie beter toegerus is as die SAPD, sê me. Duxita Mistry, 'n ISS-navorser.

"Ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het die misdaadvlakke aansienlik gestyg, en openbare vrees vir misdaad het die hoogte ingeskiet. Suid-Afrikaners voel hulpeloos en die polisie, wat 'n gebrek aan kapasiteit en hulpbronne het om die toename in geweldmisdaad te hanteer, het begin lyk of hulle nie die vermoë het om misdaad uit te roei nie.
   "Die vraag na gesofistikeerde en persoonlike veiligheidsdienste en die afname in hulpbronne van die openbare polisie stimuleer die groei van die private polisiëringsmag."
   Die polisie het die afgelope week ontken dat die toename in die gebruik van private veiligheidsdienste dui op 'n gebrek aan vertroue in die polisiediens. Sr. supt. Mohlabi Tlomatsana, 'n woordvoerder, het gesê die publiek het steeds vertroue in die vermoëns van die SAPD.

"Dit kan gesien word aan die betrokkenheid van die gemeenskap in die geveg teen misdaad, die werk van Sakelui teen Misdaad, gemeenskapspolisiëringsforums en sektorpolisiëring."

Hy sê altesame 4 271 studente kry sedert Januarie basiese polisie-opleiding, met nog 5 500 wat in Julie ingeneem word, en dieselfde getal in Januarie aanstaande jaar."

Volgens Tlomatsana het 'n groot getal personeellede die SAPD verlaat weens "normale aftrede, afdankings weens wangedrag en die afhandeling van dienskontrakte.

Nog bevindings op bl. 8.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo