| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||
|
05/11/2005 19:31 - (SA)
Regstel-aksie vasgevat Z.B. DU TOIT
Bekende Suid-Afrikaners sê nou die stryd aan teen buitensporige regstellende aksie in die werkplek - met voorlopige steun van swaargewigte aan regeringskant. Die doel van dié goeie praktykkode is om onbillike rassediskriminasie in werkplekke in Suid- Afrika uit te roei. Leiers uit verskillende politieke kampe, kultuur- en vakbonde, ekonome, sakelui en vermaaklikheidsterre het hul steun toegesê aan die veldtog om 'n einde te maak aan die diskriminasie wat duisende Suid-Afrikaners die land laat verlaat het. Van dié wat nou sê "tot hiertoe en nie verder nie", is oudpres. F.W. de Klerk; mnre. Tony Leon en Mangosuthu Buthelezi, leiers van onderskeidelik die DA en die IVP; mnr. Ton Vosloo, voorsitter van Naspers; prof. Marinus Wiechers, oudrektor van Unisa; die sanger Steve Hofmeyr; en die oud-Springbok-rugbyspelers Thys Lourens en Piet Uys. Die regeringslui wat voorlopige steun beloof het, is onder andere dr. Essop Pahad, minister in die kantoor van pres. Thabo Mbeki; me. Naledi Pandor, minister van onderwys; mnr. Joel Netshitenzhe, die regering se kommunikasiehoof; mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings; en eerw. Frank Chikane, direkteur- generaal en sekretaris van die kabinet. Die veldtog het gister op 'n konferensie in Centurion begin. Nou gaan daar landwyd steun gewerf word voordat formele onderhandelings met die regering aangeknoop word. Solidariteit gaan as sekretariaat van die veldtog optree. Gister het 'n woordvoerder van dié vakbond, mnr. Dirk Hermann, die jongste ontwikkelings bestempel as "waarskynlik die grootste eensgesindheid onder Suid-Afrikaners uit 'n breë spektrum oor 'n politieke kwessie". Hy sê een van die hoofoogmerke met die goeie praktykkode is om die vervreemding van sommige Suid-Afrikaners teen te werk deur nuwe vorme van rassediskriminasie nek om te draai. Kernpunte van dié kode sal onder meer behels dat jong mense wat vir die eerste keer tot die arbeidsmark toetree, vrygestel moet word van regstellende aksie, dat net Suid-Afrikaners by regstellende aksie baat vind en 'n verbod geplaas word op die plaas van plafonne bo die koppe van werknemers weens hul velkleur.
Só is onbillike plafonne bo die aanstelling en bevordering van veral wittes geplaas terwyl werknemers in ander gevalle afgedank is weens hul velkleur om regstellende-aksie-teikens te bereik. Die veldtog spruit uit 'n gesprek op 20 Augustus naby Krugersdorp toe 'n senior regeringsafvaardiging onder leiding van Pahad met 'n groep Afrikaner-leiers, gelei deur De Klerk, oor wesenlike knelpunte beraadslaag het. Op die beraad, nou reeds bekend as die Glenburn Lodge-dialoog, het die twee afvaardigings in 'n gesamentlike verkla ring ooreengekom dat 'n goeie praktykkode vir die billike toepassing van regstellende aksie ontwikkel moet word. Benewens De Klerk en Vosloo het leiers soos mnr. Jacob de Villiers van die Afrikaanse Handelsinstituut; mnr. Hans van der Merwe van Agri SA; dr. Theuns Eloff, rektor van die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit; mnr. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit; prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK; en mnr. Deon van Garderen, voorsitter van die Afrikanerbond, aan die gesprek deelgeneem.
Steun is ook intussen beloof deur dr. Charles Villa-Vicencio, uitvoerende hoof van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening; die ekonome mnre. Dawie Roodt en Adam Jacobs; prof. Hermann Giliomee, historikus en kommentator; dr. Pieter Mulder, leier van Vryheidsfront Plus; en mnr. Stanley Simons van die United Party. Etlike bruin en Indiër-gemeenskapsleiers se name verskyn ook op die lys.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|