News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 13°C 32°C
KPT 18°C 29°C
JHB 15°C 29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
23/09/2006 19:54  - (SA)  
Heinz Winckler môre 'n eggenoot
GAVIN PRINS    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Johannesburg
Een van Suid-Afrika se hubaarste mans en die eerste Idols-wenner, Heinz Winckler (28), se rondloperdae loop môre ten einde. Hy trou op Erfenisdag in groot geheimhouding met sy verloofde, Aletté de Klerk (26).

Waar die geleentheid gehou gaan word, is 'n staatsgeheim. Na verneem word, is 205 mense op die gastelys en dié sluit in 'n paar van Heinz se vriende uit die vermaakwêreld en hul familielede. Sy akteur- broer, Giliam, is glo een van die strooijonkers, word gesê.

Aletté se vriendinne is die strooimeisies. Die radio-omroeper Jeremy Mansfield het die afgelope week op die lug gesê Heinz gaan by sy troue sing. Heinz en Aletté het mekaar verlede jaar tydens 'n kuiertjie by die sanger Joe Niemand se huis in Johannesburg ontmoet. Ná dié aand het die twee oor en weer gekuier totdat hy in Januarie vanjaar besluit het Aletté is die vrou vir hom.

Die verliefdes het by Kwaaiwater in die Hermanus-omgewing in die Wes-Kaap verloof geraak. Hy het haar as deel van sy plan aan 'n skattejag laat deelneem, het hulle in 'n vroeëre onderhoud aan Rapport gesê. Sy ouers het saamgespeel.

Briefies en leidrade het die niksvermoedende Aletté van Bettiesbaai na Kleinmond en toe uiteindelik Hermanus toe gelei waar Heinz in 'n wit aandpak gewag het. Hy het op sy knieë gegaan en haar gevra om met hom te trou.

Tussen die trane deur het sy geknik, het hulle vroeër gesê.

Ná die troue vlieg die paartjie na 'n oorsese bestemming. Hulle sal 'n bietjie meer as 'n week daar deurbring.

Sy DVD Heinz Winckler Live sal in November vanjaar op die rakke wees.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Motor- & huisversekering
Kry R100 gratis by Piggs Peak
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo