| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||
|
05/05/2007 19:25 - (SA)
Twee uit Oprah-skool oor Afrikaans GAVIN PRINS
Johannesburg Kultuurverskille en boelies het glo meegebring dat twee van die leerlinge aan Oprah Winfrey se spogskool vir meisies sedert die vakansie weier om terug te gaan. Die twee maats, Michelle Conradie en Gwenneth Mans, se ouers wil nie oor hul besluit praat nie. Rapport het egter verneem die kletskoningin het by geleentheid self vir me. Amanda Conradie, ma van Michelle, uit Amerika gebel om te sê haar kind word “geviktimiseer”. Nou sit Michelle en Gwenneth glo by die huis terwyl hul voormalige klasmaats twee weke gelede weer agter hul luukse skoolbanke by die Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls ingeskuif het. Me. Frances Mans, Gwenneth se pleegma, het bevestig haar kind is by die huis, maar het gesê “ek wil nie daaroor praat nie”, waarna sy die telefoon neergesit het. Conradie antwoord nie haar telefoon nie. Rapport verneem egter die lewe by die weelderige skool met sy ses gesonde maaltye per dag, moderne klaskamers en spoggerige slaapkamers het vir die meisies net te erg geword. “Hulle mag byvoorbeeld nie Afrikaans praat nie. As hulle gevang word, word hulle van sekere van hul regte ontneem. Dis die meisies se eerste taal en dit word nie toegelaat nie. Dis belaglik,” sê die bron. “Die stelsel by die skool werk nie vir almal nie.” Mans is glo besig om vir haar pleegkind ’n ander skool te soek. Die skool se bestuur weier om daaroor te praat. Mnr. John Samuels, bestuurder van die skool, het gisteroggend gesê: “Ek kan nie kommentaar lewer nie.” En op ’n vraag of hulle die probleem uitstryk, het hy gesê: “Watter probleem? Hoe kan ons iets uitstryk as daar nie ’n probleem is nie?” Die skool was verlede maand in die nuus toe ouers gesê het hulle wil hul kinders meer as net die voorgeskrewe een keer ’n maand besoek. Maar Samuels het toe gesê alles is in die kinders se belang. Ook in Februarie is berig ’n meisie is aangesê om die skool te verlaat nadat sy die een of ander siekte opgedoen het. Maar nie al die leerlinge by die skool het klagtes nie. Me. Colleen Jefferies, tante van Taryn-Leigh, sê daar is geen probleme waarvan hulle weet nie. “Taryn het in die drie maande daar só ’n volwasse mens geword. Dis ongelooflik. Sy is baie gelukkig by die skool.” Die skool het Winfrey R268 miljoen gekos. Sy het die 152 minderbevoorregte meisies wat daar skoolgaan, self uitgekies.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|