| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||
|
23/02/2008 21:56 - (SA)
Uitvinder wat vermistes kry, sê hy kan kanker bespeur Maryna van Wyk
Bloemfontein Die Bloemfonteiner wat wêreldwyd bekendheid verwerf het met sy DNS-opsporingstelsel om vermiste mense te vind, glo sy nuutste uitvinding kan kankerselle in die menslike liggaam opspoor en dokters help om kanker gouer en vroeër by pasiënte te identifiseer. Mnr. Danie Krugel was die afgelope jaar gereeld in die media-kollig nadat hy die lyk van die vermiste Naledi Ntebele (5), wat buite Brandfort vermoor en verkrag is, binne 30 minute met sy DNS-opsporingstelsel gevind het. Krugel het ook onlangs ’n gebied in Portugal uitgewys waar hy glo die vermiste Britse meisie Madeleine McCann se lyk is. Hy was ook in die nuus toe hy in die soektog na slagoffers van die pedofiel Gert van Rooyen beendere met sy toestel uitgewys het. Krugel het die afgelope week sy nuutste uitvindsel aan ’n Bloemfonteinse internis, dr. Frieda Pienaar, gedemonstreer. Pienaar het verskeie bloedmonsters van pasiënte wat aan kanker ly aan Krugel gegee, asook ’n paar buisies wat die bloed van gesonde mense bevat het. Tydens die toetse in Pienaar se spreekkamer het Krugel die buisies bloed een ná die ander voor sy klein elektroniese toestel gehou. Die toestel, wat met data van sekere kankersoorte gelaai is, het aangedui of kankerselle teenwoordig is. Die toestel het geen reaksie getoon nie wanneer ’n buisie kankervrye bloed daarvoor geplaas is. Krugel sê die inhoud van sy silwer tassie is nog ’n groot geheim, want sy uitvindsel is nog nie gepatenteer nie. Hy was wel bereid om te sê dat hy die beginsel toepas waarvolgens dieselfde soort materie onderling kommunikeer. Krugel het die toetse die afgelope week in Rapport se teenwoordigheid herhaal. In een van die buisies was ’n speldekop-grootte borskankergewas. Die toestel het deur ’n aanwyser aangetoon dat kanker in die buisie teenwoordig is. ’n Buisie met bloed van ’n gesonde mense is toe aan Krugel gegee om te toets. Hy het nie geweet wat die bloed se status is nie. Die toestel het die koeranttoets geslaag en nie gereageer nie. Oor sy nuutste uitvinding sê Krugel hy kan kanker in ’n radius van 4 m opspoor. Hy het die toestel drie maande gelede begin ontwerp en dit selfs al op mense getoets. “Die toestel het groot moontlikhede. Dit kan selfs moontlik wees om data van ander siektes op my toestel te laai. Sodoende kan siektes baie vroeër gediagnoseer word en behandeling gouer begin,” sê hy. Pienaar, wat die afgelope vyftien jaar spesialiseer in endokrinologie en siektes soos bloedkanker en diabetes, sê selfs bloed van pasiënte wat byna van kanker genees is, het ’n reaksie van Krugel se toestel ontlok. “So ’n toestel kan dokters in spreekkamers gouer help om kanker op te spoor sodat verdere toetse gedoen kan word.”
|
|||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|