| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
|
|
||||||
| Voorblad | ||||||||||||
| Meer Nuus | ||||||||||||
| Suid-Afrika | ||||||||||||
| Sport | ||||||||||||
| Wêreld | ||||||||||||
| Sake24 | ||||||||||||
| Weekliks | ||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | ||||||||||||
| Hoofartikels | ||||||||||||
| Rubrieke | ||||||||||||
| Briewe | ||||||||||||
| Invoegsels | ||||||||||||
| Tydskrif | ||||||||||||
| Rapport Boeke | ||||||||||||
| Motors | ||||||||||||
| Reis | ||||||||||||
| Streeknuus | ||||||||||||
| Leef in Gauteng | ||||||||||||
| KaapRapport | ||||||||||||
| Multimedia | ||||||||||||
| Fotogalerye | ||||||||||||
| Blogs | ||||||||||||
| Redaksieblogs | ||||||||||||
| Leserblogs | ||||||||||||
| Allerlei | ||||||||||||
| Lotto | ||||||||||||
| Nuusbriewe | ||||||||||||
| Gewildste Stories | ||||||||||||
| Promosies | ||||||||||||
| Loopbane24 | ||||||||||||
| Staatsdiensnuus | ||||||||||||
| EPWP | ||||||||||||
| Stalmaats | ||||||||||||
| City Press | ||||||||||||
| Sondag | ||||||||||||
| Weer | ||||||||||||
|
||||||||||||
| Meer oor Rapport | ||||||||||||
| Wie is ons | ||||||||||||
| Argiewe | ||||||||||||
| Bestel foto's | ||||||||||||
| Kontak | ||||||||||||
| Redakteur | ||||||||||||
| Web-redakteur | ||||||||||||
| Nuusredakteur | ||||||||||||
| Brieweredakteur | ||||||||||||
| Ombudsman | ||||||||||||
| Stuur jou video | ||||||||||||
| Adverteer | ||||||||||||
| Advertensiebestuurder | ||||||||||||
| Nog Kontaknommers | ||||||||||||
| Rapport-tariewe | ||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | ||||||||||||
| Aflewerings | ||||||||||||
| Teken in | ||||||||||||
| Klagtes | ||||||||||||
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||
|
19/04/2008 20:11 - (SA)
‘Spook’ laat kar in swembad beland Gerhard de Bruin
Empangeni Wanneer jy jou buurman se splinternuwe motor met sy enjinkap onder die water in jou swembad kry met g’n bestuurder van die kar in sig nie, laat dit jou wonder. En mnr. Stan Prinsloo (40) van Empangeni in KwaZulu-Natal wonder al dae oor hoe die “spookmotor” in sy swembad beland het. “Dié soort goed gebeur mos net in Hollywood waar die rocksterre en ouens ná wilde partytjies tot in mekaar se swembaddens jaag. Beslis nie hier nie,” sê Prinsloo oor die voorval verlede Vrydag toe sy buurman, mnr. Sifiso Buthelezi, se motor helder oordag tot in sy swembad gejaag het. Die motor, ’n splinternuwe poeierblou Nissan Almera, het vanuit Buthelezi se erf eers deur Prinsloo se betonomheining gebars en daarna in die swembad beland. Prinsloo was nie tuis toe die voorval gebeur het nie. Hy sê Buthelezi, wat skofte by ’n bekende metaalaanleg werk, sê hy het nie die motor bestuur nie en het tydens die voorval in sy huis geslaap. Drie vroue wat by hom bly en ook soms die motor bestuur, ontken glo ook almal hulle was agter die stuur van die motor. “Nou wonder ons almal kliphard wie die bestuurder dan was. Al wat ek weet, is dat die skuldige nogal met ’n spoed moes gery het om vanuit sy oprit deur my muur tot in die swembad te kon gejaag het.” sê Prinsloo. Die motor, wat erg beskadig is, is later met behulp van ’n wegsleepdiens uit die swembad gehaal.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
![]() |
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|