News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Jason meer as net 'Idol'
Aanvanklik was hy een van die enigste ouens tussen vanjaar se Idols-finaliste wat nie 'n strykyster (hair straightner) vir sy hare gehad het nie...
Birjani die moeite werd
Birjani is 'n gewilde Indiese en Kaap-Maleisiese rysgereg vir spesiale geleenthede. Hier's 'n resep vir maklike, maar heerlike visbirjani.
Teken in op Rapport
  Soek Webwerf Argiewe  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Wêreld
Sake24
Weekliks
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Rapport Boeke
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
KaapRapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
Min Max
BFN 10°C 26°C
KPT 16°C 23°C
JHB 10°C 24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Rapport se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.
 
26/04/2008 19:56  - (SA)  
60 000 mans saam ’n teken van die tydsgees, sê kenners
Marthinus van Vuuren    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Angus Buchan. (Foto: Doug Lee)

Verwante Berigte
  • Buchan oorval met uitnodigings
  • Berigte oor Buchanse dienste goeie idee
  • Jacob Rooi: 'n Aartappelboer wat mense se harte wil verander
  • Hanlie Retief gesels met Angus Buchan

  • Johannesburg

    In tye van onsekerheid en vrees is dit te verstane dat Suid-Afrikaanse, veral Afrikaanse, mans hunker na ’n vorm van standvastigheid soos geloof.

    Dit is die mening van verskeie kenners oor die merkwaardige saamtrek van sowat 60 000 mans verlede naweek op die plaas van Angus Buchan, prediker van Greytown.

    Prof. Lawrence Schlemmer, politieke wetenskaplike en ontleder, verduidelik dit is moeilik vir Suid-Afrikaners om uitdrukking te gee aan hul angs.

    Die afplatting van die ekonomie, die onsekerheid waarin boere hulle bevind en die gebrek aan leierskap tel onder die faktore wat tot dié angs bydra, veral onder Afrikaners, sê Schlemmer.

    Die feit dat die opkoms by die konferensie so groot was, is “ ’n teken van die ernstige, onderliggende spanning” wat tans in die samelewing heers.

    “Dit is verlossend om by só ’n plek met jou eie gevoelens en angste in ’n groep bymekaar te kom en dit uit te druk.

    “Ons moet die positiewe van dié gebeurtenis aanvaar.”

    Ds. Johann Symington, leraar verbonde aan die NG kerk Welgemoed, glo die opkoms by die konferensie dui op “die nood, die behoefte aan ’n godsdienstige ervaring” onder Suid-Afrikaanse mans.

    “Maar die massa bepaal nie noodwendig dat gebed verhoor word nie.”

    Buchan se verhaal van hoop dien in die huidige omstandighede in Suid-Afrika ook as trekpleister, meen Symington.

    Dr. André Bartlett van die NG gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg glo ook die soeke na hoop het ’n rol in die konferensie se sukses gespeel.

    “Dit dui ook op ’n diep toewyding. Ek het egter vrae oor ’n naam soos ‘Mighty Men’.

    “Die evangelie moet ons eerder bedag maak op menslike kwesbaarheid as op die mag waaroor ons beskik.”

    Volgens dr. Andries Bezuidenhout, sosioloog verbonde aan Wits, was die beginsels van die konferensie, veral dié van geestelike herlewing en die hervestiging van die man se rol in die huis, die omgekeerde van wat mens in ’n moderne samelewing sou verwag.

    “In ’n wetenskaplike, rasionele samelewing sou mens ’n afname in religie verwag en ook geslagsgelykheid, maar by die konferensie het ons die teenoorgestelde gesien.”

    Bezuidenhout is dit eens dat veral van die Afrikaanse konferensiegangers moontlik kan meen hul kultuur word in die veranderende Suid-Afrika bedreig en dat hulle hul tot die konferensie gewend het in die strewe na standvastigheid.

    “Mens sien dit ook in Johannesburg, waar verskeie nuwe kerke besig is om te bloei.”


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    MIGHTY MEN, 03/05/2008, N C
    Ek was verlede jaar op reis saam met 25 Leraars van verskillende gemeentes, ek myself is maar net n kerkganger, wat my opgeval het is dat al hierdie Leraars in Amerika gaan antwoorde soek het hoe om hulle kerke weer vol te kry, wat verstommend is, is dat die meeste leraars net moet afklim van hulle trone af en die tegnologie wat hulle 7 jaar gevat het om te leer moet laat staan, en met ons mense, wat opkyk na hulle moet praat. Amerika staan op vir hul Godsdiens, dankie Angus, dis verblywend dat iemand praat oor die lewe, probleme en weer hoop gee, dis wat ons moet hoor van iemand so nederig. Plant die saadjie en gee hom water. Leraars, (die wat nog salig onbewus is van hul gemeente se behoeftes ) word wakker, dis julle gawe wat van God af kom wat julle moet verkondig, nie die hoogdrawende teologiese geskiedenis van dekades gelede nie, word deel van julle gemeentes, klim af van julle trone, julle gemeentelede het julle nodig.
    Geldmaak Storie????!!!!! , 02/05/2008, Stephen Basson, Graaff-Reinet
    Hey Francois! As jy maar net geweet het, my broer! Geen man is een sent gevra om hierdie naweek by te woon nie! Kan jy dink wat daardie tent wat 35000 mans kon vat moes gekos het, nog nie eers gepraat van die kos vir 65000 mans nie. Suid Afrika is in herlewing en mense wat nie wil aanvaar wat God in ons land gaan doen nie gaan dit mis! Ek is self in die bediening en ek was deel van 'n span wat gere?het dat 180 mans van ons dorp en klein dorpies rondom ons na die Mighty Men Conference kon gaan, sonder dat een van hulle gevra is vir een sent. God het alles voorsien wat ons nodig gehad het OMDAT ONS DAARVOOR GEBID HET. Ek het met my eie o?esien hoe mans wat rof en onbeskof was se lewens verander het. Regtig Francois, jy laat dink my aan daai ouens wat altyd mown oor die kerk en geld, maar dan self nie sy voet in die kerk sit of 'n dooie sent vir die kerk gee nie. Mighty Men, stand up and be counted!
    Bandwagon?, 02/05/2008, Charl
    Oorspronklik het ek my vervies vir Rapport en Beeld wat nou weer op die bandwagon spring en ewe mooi voetjie voorsit deur hul "slegte" hoofnuus artikels met 'n "goeie" boodskap een te vervang...net oor hul weet dit gaan verkope opstoot (dis mos maar al waaroor dit vir jul gaan!)...maar toe besef ek dat tenspyte van jul agenda, dit nog steeds die Here is wat jul nou as sy bemarkers aanwend...en soos Chris hieronder s?selfs die negatiewe kritiek gewers is nou weereens gekonfronteer.
    Dankie vir almal, 30/04/2008, Chris
    Dankie vir al die negatiewe kritiek - want dit is presies wat Angus gese het sal gebeur - julle is so nuuskierig dat julle wel die moeite doen om te skryf en te lees oor ons almagtige God (Jesus Christus)- die saadjie is geplant en dit is nou besig om te groei
    mmc 2008, 29/04/2008, juan jansen van vuuren
    Ek was self daar gewees omdat ek voel dat die afrikaner christen 'n tyd beleef waar daar dringend gesoek word na antwoorde of uitkomste vir wat daar besig is om te gebeur in ons wereld. ek het eerlikwaar nog nooit so iets beleef waar die HERE so kragtig met my gepraat het nie. Angus is nie GOD nie, maar God gebruik hom as instrument vir wat HY vir ons wil se omdat angud bereid was om die pad saam met die HERE te loop. Ek wens mense wil ophou om altyd die negatiewe in alles raak te sien en eerder te konsentreer op die realiteite en GOD aan te roep in hulle lewens. Hulle hele menswees sal verander, net soos myne verander het vandat ek die HERE ken. AMEN!!!!
    Mighty Men, 29/04/2008, Dantri Groenewald
    Ons is Mighty Men en dis God wat ons daai krag gee. Loof die Here en prys Hom want Hy sal ons red.
    MMC, 29/04/2008, DANIEL WESTRAAD
    Wat 'n ongelooflike ervaring!!!!! Die Heilige Gees is besig om te werk in die land van ons. Waarom 'n probleem met die naam? Waarom dit wetenskaplik of sosiologies probeer ontleed? Gaan op julle kniee en prys God vir wonderwerke wat gebeur en vele meer wat op pad is!
    MMC 08, 29/04/2008, Anthony Heaney
    Dit gaan nie oor wie jy is en waarvoor jy staan nie. Ek was daar, omdat ek 'n honger en dors gehad het na die woord van God. "Uncle Angi" praat oor wat dit kos om die Here tedien, uit ondervinding van deur n harde pad te stap, nes die Here se dissipels. Dit gaan nie oor "Uncl Angi" nie maar, oor die Lewende Waaragtige God wat mense gebruik wat bereid is om Hom te volg en te dien. En ek glo dat 60 000 mans het 'n besluit geneem om te kom , vir watter rede ookal, maar weggegaan met "nuwe beginsels" tot eer van die Here.Ek glo en of jy nou daar voor en/of daarteen is, praat tenminste word daar gepraat oor die Goedheid en Guns van die Almagtige, want wees verseker wie jy ookal mag wees, elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Hy God is,wat weer sal kom." I LOVE BOYS - I DO. AMEN.
    Migty men saamtrek., 29/04/2008, sias.louw
    Ek kry hoendervleis hier waar ek sit.JESUS...ek wil n MIGTY MAN vir U wees.Ek het U waarlik lief.
    Shalom ministries se kontak email, 28/04/2008, Anthon Gerber uit UK
    Pieter B. Bosch vra hoe hy vir Oom angus kan kontak. Sy website se naam is http://www.shalomtrust.co.za/shalomfaith.html waar al hulle inligting is. Wonderlik om te hoor van die herlewing ins SA. Ons expats in UK bid en glo God is besig om groot dinge in SA te doen. Vrede vir julle
    Migty Men, 28/04/2008, Pieter B. Bosch
    Is daar iemand wat aan my Mnr. Angus Buchan se e-pos adres kan verskaf asseblief. Wat hier aan die gebeur is is uiters noodsaaklik vir ons land se behoud en voortbestaan en moet ek net eenvoudig baie dringend aan Mnr. Angus Buchan, ter aanvulling, uiters belangrike inligting deurstuur. Pieter B. Bosch
    Mighty Men, 28/04/2008, Theunis Mundell
    Niemand behoort kommentaar te lewer indien hul nie self daar was nie. Ek ontleed nog altyd alles baie wetenskaplik en het ook aan die begin van die naweek dit probeer doen. Ek het al die pad van die weskus MMC bygewoon omdat ek 'n kurses in Natal gehad het en het gedink dit sal interessant wees om te sien - as ingenieur wou ek veral die groot tent sien. Die geestellike ervaring wat ek en soveel ander egter ervaar het was egter groter as wat enige mens kan probeer ontleed. "Dying to Live" s?l wat nodig is - 'n paar van die "kenners" het dit nodig.
    Mighty men, 27/04/2008, retha steinmann
    Waarom sosiologiese,politiese en filosofiese redes soek vir wat gebeur het met die saamkoms. Laat dit eerder vir ons almal wys wat KERKEENHEID in ons land kan beteken.Moenie dat verskillende denominasies die verskynsel probeer plaas in die blokkies van hulle beperkte denke nie-sien dit as n heeerlike voorbeeld van God se Groot genade in ons tyd -vir ons manne en broers.Kom ons leer hieruit hoe om tot Hom te nader en waar ons KRAG vandaan kom. Kom ons bly optrek in ons getalle en kom ons bely ons sondes en kom vry van die verlede en dien ONS GOD en vra Hom om die land wat die springkane opgevreet het te herstel. Hoerah! vir elke man wat geluister het na die roepstem en gegaan het in gehoorsaamheid.
    Vrae oor ?n naam soos ?Mighty Men?., 27/04/2008, Naas Vermaak - Welgemoed
    Ek verwys na Dr. Andr?artlett van die NG gemeente Aasvo?op in Johannesburg, se bekommernis/vrae oor oor ?n naam soos ?Mighty Men?. Dr,ek het OOK grootgeword in 'n milieu van ewige kritikaster wees ten spyte van die ooglopende positiwiteit van sekere gebeurtenisse. Vername mense soos jy,aangesien jy aangehaal word, kan 'n groot rol speel om ons as landsgenote vir altyd uit die woestyn van ewige voorwaardelike beprysing uit te lei. Ek verkies dus primer om hierdie wonderlike gebeurtenis as 'n verdere mylpaal in die werkinge van Jesus Christus te sien. Dis jammer dat dit onder so 'n opmerking soos joune moet deurloop en as jy die moeite sou gedoen het om eers met Anchus self daaroor te gepraat het sou jy dalk ruimte kon vind om te sien dat dit eerder verwys het na "what christian men can become if they stand up in unity"
    Teenstrydig met moderne samelewing, 27/04/2008, Hennie Mouton
    Natuurlik het mens by die konferensie die teenoorgestelde gesien van wat volgens dr. Andries Bezuidenhout in 'n moderne samelewing verwag is. Want die moderne samelewing reken dis mode om weg te beweeg van God se voorskrifte soos weergegee in die Bybel. Die krag van Angus Buchan se boodskappe l?nder andere daarin dat hy die Bybel glo soos dit geskryf is en daarvolgens leef en preek. 'n Mens hoop maar net die moderne teologiese geleerdes is ook wys genoeg om hierdie eenvoudige saak te begryp.
    Mighty Men, 27/04/2008, Stephanie Clair
    Ek glo en hoop julle die krag en leiding van Bo sal kry. Ek bly in Denver, Colorado, en ek bid dat Mighty Men sukses sal behaal en vir almal in die land. We can't let this lovely land become another third world sitation. Good Luck.
    MMC, 27/04/2008, VIVA MMC
    Dink die sielkundiges daar moet 'n rede wees hoekom die mans bymekaar kom om ons Vader te dien? Dis die werk van die Heilige Gees. Verder preek Angus uit die Bybel uit - ek dink die feit dat hy so gewild is, is omdat mense na hom kan "relate"
    Mighty men, 27/04/2008, Abraham
    Ek stem saam met Conrad, dit help nie om wat laasnaweek gebeur het met jou kop te probeer verklaar nie. Die van ons wat daar was, het eerstehands beleef hoe dit is om saam met duidende broers lewensverandering te ervaar. Die hele naweek het oral groepies manne gesit en oor die Here gesels - nie oor rugby, nie oor Afrikaans, nie oor issues nie... Dis nou 'n week later en die terugvoer wat ek kry van die res van die groep saam met wie ek daar was, is dat dit wat daar in Greytown gebeur het nog steeds 'n blywende impak op ons lewens het. Dit is natuurlik die toets; of dit wat ek daar geleer het/myself tot gecommit het deurspoel na my lewe buite die kamp toe :-)
    MIGHTY MEN, 27/04/2008, christine Senekal
    Hoekom moet dit n krisis in ons land kos om ons SA mans te laat besef wat hul verloor het, hul het altyd hul vrouens minderwaardig laat voel, hul het ons misbruik en wou altyd hierdie "Macho man" wees terwyl die vrou na die kinders kyk en voor die kospotte moes staan. Die man se loopbaan, motors, sport, mistresseses
    mighty men en gebede wat beantwoord word! , 27/04/2008, Henry-Ian van den Berg
    God beantwoord selfs die gebed van 1! en in en deur God is en word selfs die swakste 'n magtige man vir God! ai, ai die NG kerk! en maak hulle opinie nog saak?
    Mighty Men, 27/04/2008, Herman van Rensburg
    T.o.v. die evangelie gaan dit meer dikwels oor "en-en": Net twee is nodig, maar die effek om saam met soveel ander te aanbid, is net iets besonders. Die neurologiese wetenskap het bewys dat daar twee gedeeltes in die brein is wat "vrede" kan bring vir die individu. Die eerste en vir hierdie saak die belangrike, reageer op religieuse begrippe. In die brein is dus 'n religieuse deel ingebou om die mens in sy onsekerheid hoop te laat behou. Kerke verkondig die blye boodskap wat hoop gee. In Rom 12:22 hoor ons dan ook dat ons in God se goedheid moet bly, anders kan ons ook uitgekap word. Wanneer jy verhinder word om oor jou oortuigings te praat, gee dit ook aanleiding tot depressie. Kom ons praat meer oor ons geloof en probeer begrip kry vir ander se verstaan daarvan. Byeenkomste is belangrik - twee EN baie. Ons kan nie almal tegelyk praat nie, maar ALMAL kan saam (lof)sing. God is altyd in beheer - al dink mense nie altyd so nie. Se?ense aan al die Amgusse.
    Skrif geleerdes en Farriseers, 27/04/2008, Gerhard
    Snaaks hoe hierdie kenners baie soos die Farriseers en Skrif Geleerdes van ouds klink! Jy ken 'n profeet aan die vrugte wat hy dra!
    Mighty Men, 27/04/2008, Werner
    Die akademiese en wetenskaplike ontledings verstom my! Almal wat daar was het nie geweet wat om te verwag nie....behalwe 'n ontmoeting met 'n lewende God. Die ontledings dui daarop dat ons daadwerklik moet bid vir ons leierskap (binne en buite die kerk)want dit blyk dat hulle nie hul Verlosser Jesus Christus persoonlik ken nie. Ons het nie gegaan om 'n beter bestel vir die land te kry nie maar deurdat die Heilige Gees ons gedring het om te gaan, en daardeur sal ons 'n beter toekoms tegemoet gaan.
    Migty Men, 27/04/2008, Danie in Afghanistan
    "Jy moet eers jammer wees oor jou sonde voor jy jou in die Verlosser kan verheug"Desperaatheid,dit is die woord wat ek graag wil gebruik,hier sien ek mans wat aangeraak is deur die heilige gees,die sterk woorde in JESAJA 6:5,was opvallend,GOD,red ons asb!Ons swakheid en dwaasheid het ons ingehaal,ons smag na GOD se Heerlikheid!Hierdie saamkoms,van manne,is n bewys van "desperaatheid" Hy is die uitweg.
    Mighty Men, 27/04/2008, Riaan du Plooy
    'n Dag voor ons vertrek na Greytown het ek nog verskonings gesoek om nie te gaan nie. Nou weet ek hoekom God nie toegelaat het dat ek die grootste fout van my lewe begaan nie. Ek dink, doen en leef anders as 10 dae gelede. Jy maak nie sommer ligtelik 'n belofte aan God nie. Die euforie van die saamtrek het my steeds stewig in sy greep, maar die tasbare veranderinge wat ek reeds die afgelope week tuis en by die werk beleef het is ongelooflik. Ek het eers gedink ek het baie nuwe mense ontmoet, maar nou weet ek hulle het eerder 'n nuwe ek ontmoet. Wanneer ek nou in die vroe?ggendure my toewy aan God kan ek voel hoe 60 000 mans dieselfde doen. Komaan ouens, hou by dit wat julle beloof het om te doen, wees die katalisator van verandering en ook die eerstehandse getuies van die groot veranderinge wat gaan volg. Shalom.
    Mooi man , 27/04/2008, Piet Uys Malawi
    Ek hou daarvan dat Jesus opgelig word en die feit dat ons elkeen 'n persoonlike verhouding met Hom kan h?aar ons met Hom praat en Hy met ons en dat hierdie verhouding nie op werke gebaseer is nie maar net op ons geloof omdat Jesus alles gedoen het. Anghus ook soos ons 'n donkie wat Jesus aan die w?ld wys. Mooi man .
    Mighty Men, 27/04/2008, Rene Venter
    Aaai dat geleerde manne altyd dinge moet kompliseer. Jesus se dissiepels het hom gevolg uit gehoorsaamheid en nie vanaf n platform van geleerdheid nie. Kom ons wees dankbaar vir manne wat uit n geestesoortuiging die saamtrek bygewoon het. Dis tyd vir terugkeer na jesus se eenvoudige beginsels.....glo soos n kind!!!
    Angus Buchan, 27/04/2008, At du Plooy
    Dit moes wonderlik gewees het om so baie mans bymekaar te sien wat om een rede die saamtrek bygewoon het. Ek is baie jammer dat dit nie vir my beskore was nie. Ek woon in Nieu Seeland. Soos ek verstaan was Christus se boodskap van hoop die uitgangspunt. Vriendelik versoek ek al die sogenaamde geleerdes (teoloe, sosioloe ens.) om hulle "geleerde" opinies vir hulself te hou. Ons is nie meer die armsalige klomp mense wat vreeslik beindruk is met die "geleerde" uitsprake vir alles, veral ons godsdiens, wat hulle in ons kele afdwing nie. Nee! Luister liewers na wat Christus direk vir ons se. Te lank is (veral die Afrikaners) om die bos gely en wysgemaak dat net 'n sekere groep "geleerdes" die waarheid kan verkondig. Die Bybel en die blye boodskap is deur die inspirasie van die Heilige Gees vir jan en alleman geskryf. Ons het nie verdraaings en vertolkens daarvan nodig nie! Groete uit die Paradys (sonder slange)
    Mighty Men, 27/04/2008, Marius Viviers
    Ek is nogal verras dat die byeenkoms deur sommige"kenners" gekritiseer word. Dit val my by dat sommige predikante en teoloee eerder die bree samelewing sal wil laat afsien van soortgelyke byeenkomste. Ek is egter seker dat die boodskap geen bedreiging vir ons gewone mense is nie maar eerder vir die ringkoppe wat besluit oor wat juis en onjuis in die Christelike geloof is. Die boodskap is een van hoop en onderstreep ons verantwoordelikhede as mense. As daar gekritiseer moet word, moet die geleerdes wat reken Satan bestaan nie, eerder gekritiseer word.
    Mighty Men, 27/04/2008, Johan Nagel
    Is dit nie ironies dat dieselfde groep geleerdes wat moes erken dan hulle die land vir 50 jaar die verkeerde Goddelike-Boodskap gebring het, nou weereens die ontleders is van die pragtige wonderwerk nie.
    Klingel-klingel., 27/04/2008, Francois
    Hierdie klink vir my na 'n lekker geldmaakstorie.
    Woorde is nie dade nie, 27/04/2008, Gerhard Koekemoer
    Praat help nie, maar as dit die begin van dade is, hoera. Ons grootste probleem is geweldsmisdaad en al kla ons hoeveel sal dit nie weggaan nie behalwe as 60 000 mans iets daaraan doen. Ons behoort al teen hierdie tyd te besef dat om misdaad aan die regering, staat, SAPS en Metropolisie oor te laat wensdenkery is. As 60 000 mans ordentlike vuurwapens, vuurwapenlisensies, gepaste opleiding, die nodige verantwoordelikheid, sekuriteit, en belangrikste van alles, die wil om te beskerm, bekom sal daar 'n verskil kom - die geweldenaars sal dit wel gou agterkom, al besef die res van die land niks. Nie 'n wild en wakker gekietery nie, maar 'n verantwoordelike, weldeurdagte uitvoering aan die plig om beskerming te bied aan diegene vir wie ons lief is. As ons nie eers onsself kan beskerm nie, wat van ons geliefdes? Is dit nie ons grootste plig nie? Die Moslems het soveel bereik deur te beweeg van geloof na daad, en ek praat nie hulle metodes goed nie, maar kyk wat het hulle in die w?ld bereik deur oor te gaan in dade. Dit help nie om na so 'n naweek begeesterd te wees en daar vloei nie praktiese dade daaruit nie - dan was alles 'n mors van tyd.
    60 000 mans saam ?n teken van die tydsgees, s?enners, 27/04/2008, frikkie botes
    Dit is goed dat die mens terugkeer,maar waarheen.die selfde kerk waaruit hul gestap het,of n nuwe kerk van naasteliefde.n kerk waar n god in die lug gesoek word,of die ware God in die hart.
    Mighty Men Conference, 27/04/2008, Rudy Adams
    Ds. Johann Symington se opmerking dat die massa nie bepaal dat gebede verhoor sal word nie is verkeerd,GOD belowe waar twee of driee in my naam saam is daar sal ek wees en waar GOD is word gebede verhoor,so almal weet die teenwoordigheid van GOD was daar en GOD gaan nog meer sulke wonderlike werke doen in die lewe van die mans.Hou so aan en mag GOD elke persoon wat teenwoordig was seen,ek weet julle het in die bres getree vir hierdie wonderlike land van ons.MIGHTY MEN OF GOD!!!
    Mighty Men, 27/04/2008, Joel Hitchcock
    Natuurlik is ons mos kwesbaar, maar die woorde "Mighty Men" kom direk uit 2 Sam. 23 uit, wat verwys na Koning David se "Mighty Men". Net soos hulle kan ons vandag sterk word--nie in ons eie krag nie, maar in die Here se krag. www.joelhitchcock.com
    Mighty Men, 27/04/2008, Jacques Scheepers
    As gelowige wat die Here dien en liefhet, was dit een van my beste dae van my lewe aangesien dit nie oor my gegaan het nie. Daar is ook n soeke na die diepere dinge van God. Dat so baie broeders in Christus by mekaar gekom het, was n toonbeeld van n uitroep na God met n opregtheid en n hunkering om rein en heilig te lewe. Ek het gegaan omdat ek glo die Heilige Gees het my gelei. Dink daaraan, oor die 60 000 mans in eenheid voor God. Hoekom!! Om beter vaders, mans vir hul vrouens te wees, asook om beter burgers van die land te wees. n Eeenheid onder die kinders van God. Kom ons los die sielkundige evaluering, en dank God dat daar mans is in S.A. wat smag om Hom alleen te dien en sodoende seen oor S.A. te bring i.p.v. vloeke. PS!! Hou maar dop geliefde leraars, Mighty Men gaan tot oor die 1 000 000 groei. Ons hoop is dat elke gelowige by ons sal aansluit, want hier gaan dit oor God en Sy Koningkryk en nie oor entiteite nie. Gods rykste seen, en hou aan met soek na die diepere dinge van God.
    Development work Malawi, 27/04/2008, MARK BECKETT
    Our nation of RSA is hungry to hear the Truth.This Truth is what people men want to hear. Its the men who must stand up,stand up for Jesus and lead thier families into this truth. Angus Bucham is simple been obedient to what God is calling Him to do. He believes what cannot be seen.Simple Faith. He knows some of the Fathers Character. South Africa is hungry for Jesus.
    Migty Men , 26/04/2008, Conrad Strydom
    God is besig in Suid Afrika. Moet dit nie wetenskaplik probeer ontleed nie. Ek het dit baie lank self probeer doen. Die opkoms Angus Buchan se plaas is 'n teken dat die manne van Suid Afrika vir die wereld se dit is tyd dat ons terug gaan na hulle God.o
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Motor- & huisversekering
    Kry R100 gratis by Piggs Peak
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wanneer dink jy gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie weer begin groei?

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo